Hollands Maandblad. Jaargang 1997 (590-601)(1997)– [tijdschrift] Hollands Maandblad– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 6] [p. 6] Elisabeth Eybers Opmerking Hoekom gaan jy so vroeg na bed - om tog iets uit die nag te red? Nouliks op roering voorberei, sonder vermoede selfs, durf jy jou lyf te waag aan een en ander vóór alles bliksemsnel verander. 'n Paar uur slaap, dan in 'n wink klaar wakker weer vir daardie dink wat niks verhelder: strengelwoud van vrugtelose oponthoud...... Teen dagbreek, onverwags, ontbied 'n nuwe droom jou. Uit die niet daarna, met aardse goed omgewe, staan jy nog vreemder in die lewe. [pagina 7] [p. 7] Noodweer Die besete, stuiptrekkende boom word meedoënloos vasgevat soos in 'n afgryslike droom, radeloos - of onderskat my vermetel tekort aan skroom sy trotse geworteldheid? Een wat weidse gebate omlyn op sy sokkel van aarde en tyd oorleef praters wat tot aan die soom kan skuifel en dan pas verdwyn. Hy leef moeiteloos met homself en raak selde sy ewewig kwyt - selfs onder die stuursste gewelf - terwyl hy die ganse wyk ingetoë kopskuddend bekyk. Soms help hy om ons te versoen op ritme van flikkerende groen met strikter kortstondigheid. [pagina 8] [p. 8] Diminuendo In daardie oase, ruimskoots toegerus, die brok Europa diep in Afrika, was ek vanaf my kinderdae bewus wan die begripuitbreidende bo-aardse waarvan my vader 'n funksionaris was. God en wat ná die dood kom was sy vak, aanvanklik was ek daarmee op my gemak. Dog hy, 'n man van minsame gebare wat soos 'n herder op sy kudde pas, het oor sy vroom beroep van al die jare op later leeftyd skaars 'n woord gepraat. Het die hiernamaals hom teleurgestel? Toe hy aanland dáár waar hy sou kon vertel was dit vir mededeling juis te laat. Vorige Volgende