Schrijver en critiek
De Afrikaansche taal
Van een onzer lezers in Zuid-Afrika ontvingen wij het volgende ter plaatsing:
Naar aanleiding van die kritiek deur P.L. van Eck oër ‘Dinsgaansdag’ deur Dr. Leipoldt in die Gulden Winckel van 15 Sept. 1921- wil ik, als geboren Suid-Afrikander teën-oër die kritikus, als geboren Nederlander, graag 'n opmerking maak!
Onder dialekt, versta ik, 'n manier van uitspraak van die Moedertaal wat die bevolking in verskillende destrikten van die land sig gewoon gemaak het! Die Afrikaanse taal word op die zelfde manier uitgespreek, van af die Kaap tot die Zambezie, en het sig ontwikkeld met, en staat gegrond op die geskiedenis en ondervindingen van die oorspronkelike blanke kolonisten, wat bezig was en is, om sedert enige eeuwen die grond-gebied van die Kaap tot die Zambezie bewoonbaar te maak! Men kan dit m.i. van die Gelderse of Zeeuwse dialekt in verband met hullie geskiedenis b.v. nie zèh nie.
Mnr. van Eck hou nie van die manier waarop die Suidafrikander sig uitdruk op papier nie, en op die kennis van hom baseer hij zijn uitspraak, dat Afrikaans nooit sal deug nie voor ‘een min of meer verheven lyriek’. Hij is evewel so versigtig om 'n slag om die arm te hou. En op die end, nadat hij heel wat versies van Dr. L. aangehaal het, moet hij tòg erken, dat hij teën-oër die afrikaanse taal te-kort geskiet het!
Eers het ik gedenk: ‘maar man, hoe-kom het jij dan jou kritiek tog post-toe geneem, en weg-gestuur aan die Redaksie van die G.W.? Ik zou dit liever weer oër-geskrijve het’. Maar nou krij ik daardeur tòg die kans om te vra, of daar dan nie 'n vooruitsig is, dat die Suid-Afrikaanse taal (nou in haar kindsheid) ten slotte ook 'n plek zal krij bij ‘die min of meer verheven lyriek’, als die eenvoudige speelversies van Dr. Leipoldt alreeds 'n bekoring kan uit-oefen op die stugge Nederlandse hart van Mnr van Eck, sodat hij, in Nederlandse eerlijkheid, tòg eindig met een ‘Peccavi’?
Germiston, Transvaal.
G.D.J. SCHOLTZ.