Groot Nederland. Jaargang 5
(1907)– [tijdschrift] Groot Nederland– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 79]
| |
Die vlakteGa naar voetnoot1)
| |
[pagina 80]
| |
Als die son o'er mij vloer in die morè kom loer,
En die douw van mij lippe kus,
Dan draai ik mij stom met 'n glimlag om,
En leg maar weer stil in mij rus.
Hoog bowe die kim op sij troon geklim
Is hij heer van lewe en dood;
Naar wil en luim, geef hij skraal of ruim,
Verderf of lewensbrood.
Uit gloeiende sfeer brand hij wreed op mij neer,
Tot mij naaktheid kraak en skroei,
En mij koorsige asem in bewende wasem,
Al hijgend mij bors ontvloei.
In sij skaduwtje rond-om sij stam op die grond,
Staat 'n eensame doringboom,
So's die Stilte op haar troon, met doorne gekroon,
Wat roerloos die eeuwe verdroom.
Geen drop v'r die dors aan mij stofdroge bors,
Mij kindersGa naar voetnoot1) versmag en beswijk,
En die stowweGa naar voetnoot2) staan so's hul trek en gaan,
Om mij skrale dis te ontwijk.
So's 'n vlokkie skuim uit die sfeere se ruim,
Kom 'n wolkie aangesweef;
Maar hij groei in die blouw tot 'n stapelbouw
Van marmer wat krul en leef:
Kolossaal monument op sij swart fondament,
Waar die bliksem in brul en beef.
| |
[pagina 81]
| |
En O! met mij is die windjes blij:
Hul spring uit die stof o'erend,
En wals en draai in dwarrelswaai
O'er mij vloer, van end tot end.
Die gras skud hul wakker om same te jakker,
Tot hij opspring uit sij kooi,
En so's mane en stêrde van jagende pèrde,
Sij stengels golf en gooi.
Met dof-sware plof, so's ko'elsGa naar voetnoot1) in die stof,
Kom die eerste druppels neer,
Tot dit ruis alom so deur die gebrom
En gekraak van die donderweer.
Met klouwe vooruit om te grijp en buit,
Jaag 'n ha'elwolkGa naar voetnoot2) langs verbij;
So's 'n pêrde-kommande wat dreun o'er die rande,Ga naar voetnoot3)
Vertrap en geesel hij, -
En sij lijke-kleed sie 'k ver en breed
In die avendson gesprei.
Stil in die duister lêh 'k so 'n luister
Hoe die spruite gesèls en lach,
Maar bowe die pak van mij wolke-dak
Het die maan al lang gewag;
Nou boor en skeur hij 'n baan daardeur
Om te deel in mij vreugd benede;
Hij sprei die waas van sij romigblouw gaas,
En ik lach so stil-tevrede.
| |
[pagina 82]
| |
Plek op plek, so's die wolke trek,
Sweef die skaduwe onder mee,
So's eilande wijd o'er die waat're verspreid
Op die boesem der grote see.
Met 'n afskeidskus gaat die maan ook ter rus,
En ik wag op die dageraad,
So skoon en so mooi als 'n fris jong nooi,Ga naar voetnoot1)
Wat lach in haar bruidsgewaad.
O'er die bulte se rug slaat die gloed in die lug,
Van brandeGa naar voetnoot2) wat vér-weg kwijn;
En doornbome fluister in die rooi skemerduister
Van gevare wat kom of verdwijn!
Uit slote en plas, uit die geurende gras
Stijg 'n danklied op ten hemel;
En dit is of ik hoor hoe die krekiesGa naar voetnoot3) se koor
Weergalm uit die sterre-gewemel,
Waar werelde gaan op hul stille baan
Tot die ende van ruimte en tijd,
Só, groots en klaar, staat Gods tempel daar,
Wijd, - in sij majesteit!
|
|