Groot Nederland. Jaargang 5(1907)– [tijdschrift] Groot Nederland– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 78] [p. 78] 'n Winternag door ‘Klaas Vaakie.’ O, koud is die windje En skraal! En blink in die dof-lig En kaal, So wijd as die Heer se genade Leg die velde in ster-lig en skade. En hoog op die rande, Verspreid in die brande Is die grassaad aan 't roere so's wenkende hande. O, treurig die wijsie Op d' ooswind se maat, So's die lied van 'n meisie In haar liefde verlaat! In elk grashalm se vouw Blink 'n druppel van douw, En vinnig verbleek dit tot rijp in die kou. Vorige Volgende