De Gids. Jaargang 123(1960)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 359] [p. 359] Elisabeth Eybers Ontslag Ná weke van wegsypeling word my restant ontslaan, gebaar van almag, begenadiging, wat 'k soos die vorige aanvaar. 'n Lêerkas het met 'n knal elke bewys verswelg. My sel verswyg die stryd, berokers sal die ongereptheid gou herstel. Ampsdraers knik, 'n glasdeur stoot my onpartydig uit op straat, die muur onttrek hom oop en bloot. Geprik deur vlymdun Junielig dans ek weer soos 'n akrobaat na pype van die ewewig. Kamermusiek Ontwerpe deur Vivaldi en Bach beklink die skynbaar klare, langs stippellyne van klavier sigsag die nugter snare. Geen koper kondig aan met swier, geen houtkeelholte smag. Terwyl die snare weeg en wik - geduldig, onberispelik - word ons allengs oorreed tot wat ons lankal weet. Vorige Volgende