De Gids. Jaargang 123(1960)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 357] [p. 357] Elisabeth Eybers Augustus Augustus is alweer nie tuis te bring by enige erkenbare seisoen: vyf wolkelose maande, en bewerig verskyn 'n natrektekening in groen van takpatrone teen die winterlig. Asof die boom hul jarelank al dra brand lukwarte deur 'n dun patina. Die wind trek ingedagte 'n vinger deur verdorde blaarskuim om die komposgat: bruin loog wat in 'n seeppot stadigaan die kant uitklim, in vlokke losgeskeur oor klapperhaargras bolmakiesie slaan. Die krom trapsoetjies op sy tak ontsluit 'n dromerige handjie en strek dit uit. Twee vinke klets in 'n verkoolde mik. Uit sy swart muurspleet krul die akkeldis, sy seemleerkeel tik vinniger as tyd, blitssnel wring hy hom weg: voor ek kan buk bibber die klip van sy krampagtigheid. Presieser tik die flikkerlose gloed in ondergrondse kronkels van die bloed. Vorige Volgende