De Gids. Jaargang 123(1960)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 212] [p. 212] Elisabeth Eybers Ontkoming ‘Dis onontkombaar’ was sy eerste woord... Terwyl ek dwaas rondkyk roer die gevoel van iets hardnekkig en diep-in beseer. Waar is ontkombaarheid? Het hy bedoel dat één impuls, omdat dit is, so hóórt en ongeag wat vóór of ná gebeur? Gebaretaal praat eksplisiet genoeg: ons handestameling het hy goedgekeur, ‘dis onontkombaar’ daaraan toegevoeg. Wat volg sal ook nie méér ontkombaar blyk: die noodgedwonge wegskuil, die ontwyk, die onafwendbare drup-drup van lis waarmee mens nuwe stalagmiete bou om eensaamheid te stut. Eers skerp onthou, dan vormloser wegskemering, tot pyn en sy verskansings brokkelrig verdwyn, gesloop deur wat eindelik ontkoming is. Vorige Volgende