De Gids. Jaargang 123(1960)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 211] [p. 211] Elisabeth Eybers Mitologie Nòg doepa nòg geluksteentjie nòg dolosgooi kon my genees van hierdie troosteloosheid van vlees. Toe wend ek my tot gode, slu en sterk genoeg om my te weer teen die gedrog wat hongerig my keurigste gebaar bespied, sy gryns toesluit in my gesig, my slymvlies met sy fleim besmeer, noodseine teen my spaakbeen tik, my borskas kunstig tatoeëer, die koel lug uit my longe suig, sy murg aan my ruggraat ontleen, my tande 'n knarserige lied laat fluit tot ek aamborstig hyg, my neus met wilde-als verstik. Noudat ek nog as vlees en been voortleef moet ek noodwendig sing van hemelse herinnering want al my gode het versteen. Vorige Volgende