De Gids. Jaargang 121(1958)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 4] [p. 4] Elisabeth Eybers Seun in die son Massale swaartekrag, kan jy diè dartel akrobaat kleinkry? Blink en bronskleurig buitel hy: lenig, geveerd en aardevry skep hy 'n nuwe wentelbaan - maar as hy nouliks loodreg staan skiet sy slu skadu uit en pak hom stewig beet aan elke hak. Kwatryn Aeneas laai sy vader op sy rug en klem sy knaap se handjie om diè twee te red uit Troje - meet met elke tree hoe lenig liefde is, hoe loodswaar plig. Vorige Volgende