De Gids. Jaargang 121(1958)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 3] [p. 3] Elisabeth Eybers Sondagmiddag As ledige vrede dikteer krom ons kneukels gedwee tot die taak om die drade te artikuleer wat rafel uit namiddagdrome, te pluk aan die punt van die kluwe wat naarstigheid nooit kan ontbind. Huiwerende hiërogliewe, kronkelende kromosome word deur die brein uitgelint. Lijdelik, lendene gelenig, word albei 'n middagwaak wyser bly elk se bevindinge enig: by nadere waarneming blyk dat joù memoranda in syfers, mỳne in sinsnedes pryk. Vorige Volgende