De Gids. Jaargang 121(1958)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 2] [p. 2] Elisabeth Eybers Slaaptyd Sy sug of sy selfs in die wegsink weet dat niks verskrikliks werklikwaar gebeur solank mens elke dag jou les mooi leer, jou aandgebedjie sê, jou groente eet. Die sprokiesboek se stofomslag vertoon, omkrans met loofwerk soos 'n goue teks, die huis waar Hans en Grietjie by die heks voorlopig argloos en luilekker woon. Sy fluister nog 'n laaste opdrag aan die bolpens teddiebeer wat elke nag kordaat, trouhartig en alwetend wag tot sy haar oë oggendlik opslaan om onbeneweld rondom haar te kyk of alles min of meer soos gister lyk. Vorige Volgende