De Gids. Jaargang 121(1958)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 1] [p. 1] [Eerste deel] Elisabeth Eybers Adam Alles wat glim of gly, soepel en rosig-rond, verdenking van boesem, dy wat deur yl weefsel wink, naellak, getinte mond, blik wat afwagtend blink, lokstem wat sorgloos klink, àl wat die sinne vlei prik die vertroude wond, por weer die siek spesmaasGa naar voetnoot* dat sy steeds, met die slang kop in een mus, beplan om hòm uit die tuin te ban. Elk wat hom ywerig haas om swart op wit te plaas dat Eva nog vandag in haar gewaagde drag verderf dui vir siel en lijf, tref uit sy skans die, ag, eeue-oue skyf. voetnoot* vermoedens Vorige Volgende