selfde haastige, soekende wijse, 'n mandoline in haar bewende hand en haar mond nog steeds gevlek met granaatappel rooi.
Toe sij die marmertrappe afdaal, skeur die skielike son haar mond tot woeste gebloei in haar asbleek gesig. Skraal en bang in haar swart rok en hare haas sij oor die piazza waar diamante die brons leeuse brul matematies tralie. ‘Kom, moeder,’ fluister sij.
Die vrou draai om, in statige verwatenheid omring sij haarself met wentelende heelalle. 'n Duif blij sit op haar goue hare wijl sij loop: 'n grijs, watteomhulde siel.
Bij die kaai wag 'n gondel met slanke skoen-kurwes wat uitnooi tot magiese loop op water. Die gondolier se leeragtige gesig word gedurig verteer deur gape onderwijl hij sij passasiers in hul karmosijn kussings inhelp. Bo sij swart broek en wit bloese is alleen sij strooihoed vrolik met linte, sprekend van die gewone aanmoediging verleen aan die rite sonder keuse.
Terwijl hul onder die donker boog van die Brug van Sugte deurgaan, neem die meisie haar mandoline op haar skoot en laat die bewing van haar vingers oorvloei in die trilling van snare. Kristal druppel na kristal druppel drup haar treurigheid af in die water wat flikker met groen en amber vlamme. En klim tussen strenge mure en kindse grijnsende vensters, op na die hemelsblou son. En sterf, sug weg tot lig alleen blij ,onvermurfbaar op water, steen, lug. Bij elke luie roei en voorwaartse leun, word die gondolier se gesig verrimpel deur nog 'n leeragtige gaap.
Die vrou neem die duif tussen haar handpalms en gooi haar hoof agteroor om met hesig onbeskaamde stem te sing. Dit is 'n romantiese en welbekende gesig waar oos en wes mekaar pralend amfibies op water en land ontmoet; die gondel met sij musikale vrag dra die stad se bewondering soos 'n armband iedere keer as dit onder die slanke boog van 'n brug deurglij. Langsaam sirkel die gondel kanale verbij paleise, markbote en die luisterrijke skares op parade; sirkel deur die digtende namiddag, altijd nader aan die middel van die stad waar getije en winde verrot in 'n maalgat van stom vergete.
Een vir een breek die snare van die meisie se mandoline. Haar ooglede val swaar en toe, en wijl haar wijsvinger swakkies die een oorblijwende akkoord sing, monotoon oor en oor, loop haar mond leeg van kleur in 'n laaste bloedrooi spuit. Die vrou hou trots aan met sing. Van haar handpalms se sagte geskulpte gestreel oor die duif, en van die gulhartige heuwel van haar bors en keel, stijg haar stem soos 'n blom herhaaldelijk gebore in vleeskleurige blare. Met elke gaap van die gondelier glij die gondel dieper in in die skemerhart van die stad; in in nou kanale waar afval in nare reuke