De Gids. Jaargang 103(1939)– [tijdschrift] Gids, De– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 130] [p. 130] Gebed aan die jong maan (Van die Boesmanjagter uit sy laatste vesting bo-op die Malutiberge) Jong maan wat bo die wêreld staan, heil, jong maan! Heil, heil, jong maan! Jong maan, bleek maan, wit maan, swart maan wat oor die afgrond gaan, praat met mij van die donker dinge, hoër as die berg, dieper as die afgrond, warm soos die wind, koud soos die sneeu. Jong maan, stil maan, praat met mij van die donker dinge! Van die Grote Gees, sonder skad'wee, sonder vlees, wat oor die pieke troon, in die afgrond woon, wat met die sterre swewe, saam met die bliksem bewe, [pagina 131] [p. 131] in die spelonke lewe - Eensaam, apart, wat ek nie met die oë sien, maar wie alle dinge dien en ek, hoe dringend tog, maar hoe verward, voel en wil leer ken diep in my hart. Heil, heil, jong maan! Sê my iets! Gee my 'n teken! Heil, heil, sê my iets, jong maan! Maar as die son opkom, rond en vol soos 'n kalbas, blink bo die berg, hoog oor die rante, moet jy jou buig oor my, moet jy ook niet swyg, moet jy dink aan my nood, aan die donker dood en sy duisend trawante wat my dreig aan alle kante. Waar ek wag en swyg, na lewe hyg, moet jy jou oor my neig, my stil toefluister, my raad gee, my iets sê dat ek vandag mag eet, jong maan, grys maan wat teen die geel dag staan. [pagina 132] [p. 132] Jong maan, vaal maan wat teen die pieke slaan, moet jy praat met my van die gewone dinge wat ek van weet dat ek weer mag eet. Heil! Heil! jong maan, blou maan wat nou te ruste gaan. Uys Krige Vorige Volgende