| |
| |
| |
Die wit muur
PERSONE:
Japie Strydom |
Mev. Strydom, sy moeder |
Maria Strydom, sy suster |
Kapitein Shaw |
Trelawny, sy adjudant |
Drie Tommies |
Dwars oor die hele regterhoek van die toneel is 'n wit gordyn wat die symuur van die huis voorstel. Ingang, om die kant daarvan, heel regs. Ingang links is dié van die veld af.
As die skerm opgaan, staan daar 'n groepie heel voor in die middel van die tooneel: mev. Strydom, Maria, haar agtienjarige dogter, en haar seun Japie, ongeveer elf jaar oud. Dis duidelik dat hulle nou net van 'n dierbare afskeid geneem het: mev. Strydom het 'n turende, treurige, maar tog gelate uitdrukking op haar gesig. Japie staan half op sy tone in sy poging om die ruiters wat in die verte verdwyn, goed agterna te kyk en Maria waai nog meganies met haar sakdoek asof sy heeltemaal in haar eie gedagtes opgegaan het en of die persoon vir wie sy waai, nie meer terugwaai nie.
Hulle kyk uit oor die werf. Die ‘werf’ in hier die geval is die gehoor self. Die spelers staar skuins oor die koppe van die toeskouers uit na die linkerkant van die saal.
Daar trek die vyf Boere nou.... Ag, ek wens ek kon ook by die kommando aansluit!
Ek wonder wanneer ons jul vader weer sal sien....
(verdrietig):
O, ek hoop tog Pappie sal niks oorkom nie.
Hy 't gesê ons sal mekaar weer sien so gou as ons die oorlog gewen het. Dit zal nog 'n hele tydjie duur....
| |
| |
Ai, maar so 'n klompie burgers saam!
Ek dink oorlog is vreeslik. Sê nou Pappie sneuwel....
(afgunstig):
Hoekom is ek nie op kommando nie? Saam met Flippie Coetzee en Kosie Raats - hulle is maar net 'n jaar of twee ouer as ek.
Dis meer as 'n jaar gelede dat jul vader laas met verlof hier was. Gisteraand laat toe hy skielik hier instap, kon ek my eie oë nie glo nie.
Toe ek Wagter op sy ou manier hoor blaf en hoe ou Vonk weer runnik voor die deur, het ek sommer geweet dis Pa.
En my hart was eintlik seer van blydskap - en ook om te sien hoe maer Pa geword het.
(wat haar skielik iets herinner):
Maria, het jy die pantoffels in jou vader se knapsak weggepak? Jy weet sy voete pla hom nog altyd.
Ja, en Pa het hardop gelag, gesê hierdie is nie eintlik 'n pantoffeloorlog nie.
(wat in die rondte kyk):
Dis 'n mooi oop dag en ek sien geen teken van die Kakies nie.
En jou vader het nog gesê hulle is op sy hakke - daarom moes hy so vroeg ry.
Daar steek die son nou sy kop bo die bult uit!
En kyk hoe ver lê sy goue lig nou oor die velde.... Dis so 'n pragtige stil dag, mens sou nie kan glo hier's 'n oorlog aan die gang en dat mense mekaar doodmaak nie.
Ek dink hulle het genoeg padkos. Jul vader 't gesê hulle behoort generaal De Wet se kamp so teen skemeraand te haal.
Generaal De Wet! As ek hom maar net kan sien, net een maal!
Ek het hom al verskeie keer gesien, op oom Jan hulle se plaas.... voor die oorlog.
En ek nog nooit nie - en hier 't ek weer my kans verloor! Ma, hoekom het Ma my nie laat gaan nie?
Japie, moenie weer met daardie ou storie begin nie....
Daar gaan hulle nou deur die drif.
En kyk hoe spog ou Vonk aan die voorpunt! Sy wit maanhaar skyn soos 'n stuk nat bergklip in die son.
| |
| |
Ja, Pa is voor met Flip Venter net agter hom.
(Sy waai opnuut geesdriftig met haar sakdoek. Die ruiters het blykbaar vir oulaas omgedraai. In 'n luider stem.)
Dag, Pa.... dag, Flip....
O so, jy hou van Flip Venter, nè? En jy 't hom maar gisteraand vir die eerste maal ontmoet!
(kyk nou heeltemaal in 'n ander rigting heel regs):
Maar kyk, kyk daar links, met die paadjie wat deur die populierbos loop, die klompie perderuiters!
(Daar is skielik iets onrustigs in haar houding).
Ja.... daar kom die laaste ruiter nou net uit die bos. Soe, maar hulle jaag! Hulle lê eintlik vooroor in hul saals.
(verwonderd):
Wie kan dit wees?
Omtrent vijftig man sterk. Dis seker van ons mense....
Hulle jaag reguit drif-toe.
(Al drie se oë swaai stadig na die linkerkant van die saal.)
Onse, die stof staan so onder die perde se pote! Ek kan nie uitmaak wie hulle is nie!
(vol twyfel):
Dis, dis....
(Beangs).
'n Hele klomp het gaan staan - het afgespring - buk.... Wat? Nee! nee! Ma, Ma
(sy gryp haar moeder aan die arm),
dis nie ons mense nie, dis die Kakies!
(Ontset.)
God, hulle gaan skiet!
(Sy druk haar oë toe. Skote val in die verte.)
(met 'n skreeu):
Dis mis! Jaag, Pa, jaag; moenie omkijk nie!
(kalm):
As hulle maar net nie omdraai om terug te skiet nie.... Wat kan vyf man doen teen vyftig?
(Skote val weer.)
En die son skyn so helder op hulle.... As hulle maar net die bult oor kan kom....
(Terwyl daar in die verte aanhoudend geskiet word, is daar 'n kort stilte op die verhoog. Die groepie staan asemloos, die twee kinders vas teen hul moeder aan. Maria wat haar oë nie oopgemaak het nie, klem nog altyd aan haar moeder se arm.)
(triomfantelik):
Hul's die bult oor! Hoerê! Daar sak hul agter die rant af! Lank lewe die Boere!
('n Pouse. Daar wordt nie meer geskiet nie. Maria maak haar oë oop.)
(in 'n bewende stem):
Hulle het nie niemand raakgeskiet nie?
| |
| |
Nee, niemand nie, goddank! Die liewe Here het jul vader hulle beskerm.
(wat van sy skrik en angs herstel, hom nou lughartig wil voordoen):
Die Kakies kan nie skiet nie, dis maar wors!
Hulle swaai nou ons kant-toe....
(Ferm)
Kom, kinders, hier mag hulle ons nie vind nie, selfs ons nie hier sien staan nie!
(Sy gryp hulle albei aan die arm.)
(bedremmeld):
Waarheen, Ma?
(haastig):
In die huis, kind, en elkeen besig met sy eie werkie! Jullie moet niks sê, maak of julle van niks weet, niks gesien of gehoor het nie.
(doodnugter):
Hulle sal my in die stal vind besig om te kyk hoe Kleinbooi die koeie melk. Dan moet ek draf!
(Hardloop af regs).
Dis reg.... Kom, Maria....
(Albei af regs; die moeder met haar arm om haar dogter se skouers.
Vyf Engelse kom deur ingang links. Hulle is nog half styf van hul rit. Aan hul hoof, kaptein Shaw en sy adjudant, Trelawny. Shaw is 'n tipiese oorlogsleier - nog jonk, maar met 'n sterk uitgesproke persoonlikheid, bars, gebiedend, ietwat brutaal, maar nie heeltemal onsimpatiek nie. Dis duidelik dat hy dit nog ver sal bring in sy beroep. Trelawny effens jonger, omtrent 25 jaar oud, is van fyner allooi. Met iets beskroomd en sensitief in sy houding, is dit duidelik dat hy geen beroepsoldaat is nie. 'n Vriendskapsband verbind hulle, want Shaw se houding teenoor Trelawny is geensins dié van 'n kaptein teenoor 'n ondergeskikte nie. Die drie ander mans is Tommies van die tradisionele slag.)
(ergerlik):
Damnation, daar het kommandant Piet Strydom so wrintiewaar weer deur my vingers geglip! Dis nou hoeveel weke, Philip, dat ons op sy hakke lê?
Net mooi drie.... En dit sal nog baie lank wees voor ons hom vasvat, vrees ek....
Hy is een van generaal De Wet se fluksste kommandante - en as ek Piet Strydom kan vang, kan ek ook generaal De Wet vang, hoe lyk dit vir jou, Philip?
Lyk my ons sal eers moet leer om beter te skiet, Trevor...
| |
| |
Dis hierdie vervlakste helder lig - dit verblind jou byna! Ons moet eers gewoond raak daaraan.
Ek sal nooit gewoond raak daaraan om mense dood te skiet nie....
(met 'n gebaar):
Ag, man, ons gaan nie weer daaroor gesels nie....
(Beslis.)
Ons moet uitvind waar Strydom se kommando is - nou - dadelik! Die spioen 't gesê hierdie vyf manne behoort aan 'n groot kommando wat hier in die nabyheid êrens moet wees.
Kan jy 'n spioen vertrou?
Ja, altijd.... as hy teen sy eie mense spioeneer. Hierdie spioen is 'n Afrikaner.
(Hulle kom regs naby muur te staan. Hulle is veronderstel om hulle op hierdie oomblik onder 'n groot boom te bevind.)
(in 'n veranderde stem onderwyl hy opkyk):
Maar wat 'n mooi, groot boom! Dis of mens onder 'n koepel staan. Dit laat my dink aan daardie groot ou olm in die quad van ons ou kollege....
(langsaam):
Ja, ek onthou hom....
(Skielik nugterder).
Ons het geen tyd om te verspil nie! Philip, man, vat twee van die soldate. Laat hulle vir my 'n tafeltjie bring en 'n stoel. Dis lekker koel hier in die oop lug onder die boom. Ek moet nog gou 'n kort beriggie vir lord Methuen skrywe. En vind uit waar die familie is. Daar moet 'n moeder, 'n seun en 'n dogter wees, het die spioen gesê. Ek wil hulle dadelik onder kruisverhoor neem. En hulle sal moet praat. As ek vandag nie kommandant Strydom vang of uitvind waar daardie versegde kommando is nie, is my naam nie Shaw nie!
(Trelawny af regs met twee soldate. Shaw, onrustig, stap op en af onder boom. Na 'n oomblik kom die soldate haastig terug met tafeltjie en stoel, sit hulle onder boom neer en verdwyn weer om huishoek regs. Shaw gaan sit, haal pen en velle papier uit sak en begin skryf. Sy karwats, met 'n silwerhandvatsel, het hy langs hom op die tafel neergesit. As hy 'n paar reëls geskryf het, kyk hy op.)
(aan derde soldaat):
Allcott!
| |
| |
Sit jou bajonet aan, staan hier regs van die tafel en gee ag!
Goed, Kaptein.
(Hy gee gehoor, staan so langs tafel in 'n houding van aandag met kolf van geweer op grond langs hom.
Mev. Strydom verskyn om hoek, gevolg deur Trelawny en een van die soldate. Sy kom voor tafel staan met gesig skuins gewend na gehoor. Soldaat gaan langs Allcott staan links. Trelawny staan nou ook op aandag regs.)
(koud):
U naam is mev. Strydom?
U is die vrou van veldkommandant Piet Strydom?
Waar is u man op die huidige oomblik?
(gemaak-verras):
U weet nie.... maar, my liewe mevrou, hy was dan tien minute gelede nog hier op die werf!
Ek weet daar niks van af nie. Ek was in die kombuis.
Wanneer het u hom laaste gesien?
Kom, kom, Mevrou, laat ons mekaar verstaan.... Waar's die kommando?
U man se kommando, natuurlik!
Ek weet daar niks van af nie.
(onderwyl hy opstaan, outoritêr):
Mevrou, verstaan my goed.... u lewe is in die holte van my hand.
(stil):
My lewe is nie myne nie. Dis my land s'n. Vat dit maar, soos julle nou probeer om ons land te vat.
(lig sy hand op):
Onthou, Mevrou, ook die lewens van u seun en dogter is in die holte van my hand....
(Mev. Strydom skrik eers, maar kom dadelik tot herstel.)
(met minagting):
Ek het my misgis. Ek dog die Britse Ryk veg teen 'n handjievol Boere. Ek sien nou hulle veg teen vrouens en kinders.
(bruusk):
Stil, dus genoeg! U wil my dus niks sê nie?
Ek het u reeds twee maal gesê ek weet daar niks van af nie.
| |
| |
Goed!
(Aan soldaat.):
Jones, neem haar weg! Bring die dogter en sluit die ma en seun in aparte kamers op.
(Jones en mev. Strydom af om hoek van huis. Shaw stap regs van tafel weg en Trelawny volg hom. Allcott is nie veronderstel om hul gesprek aan te hoor nie.)
(met ironiese glimlag):
Ek het gehou van daardie vrou se antwoord....
(kortaf):
Ek ook.... Dis 'n taai nasie hierdie. Dit sal opdraand gaan om hulle klein te kry.
Jy met al jou dreigementen, al jou mag - en één enkel swak Boerevroutjie bewys jou onmag! Ek kon nie help om te glimlag nie....
Ja, ek het geweet jy lag vir my soos ek altyd geweet het wanneer jy vir my lag vanaf die vroegste dae van ons vriendskap toe ons as skoolseuns op Rugby dieselfde kamers gehad het. Altyd as ek iets tot stand gebring, handelend opgetree het, het ek geweet dat agter jou fynbesnede gesig jy vir my lag met daardie ewige ironiese glimlag van jou omdat ek nooit wis van so iets as 'n gewetensbeswaar en ek nooit enige skrupules had nie.
Ek het altyd gesê: jy sal die soort man wees wat 'n volk groot maak.... die soort man vir wie die bewindhebbers van 'n ryk soos ons s'n
(met 'n ligte beklemtoning van sy ironie)
waarop die son nooit ondergaan nie, die Here nie genoeg dankbaar kan wees nie.
(glimlaggend):
Jou ou spotvoël.... Ek weet Kipling was nooit eintlik jou lieflingsdigter nie.... Maar ek is 'n soldaat. Kras uitgedruk, 'n ander man se dood is my lewe.
En as jy kan doodmaak om te lewe, dan maak jy, met die beste wil in die wêreld, dood....
(beslis):
Ja, vir my is die daad, die handeling al ding wat tel. Liefde, medelye, menslikheid.... dis abstraksies, skimme, skuim wat die wind wegwaai. Gee my die tastbare, konkrete dinge, die klinkende daad, die onmiddellike dwingende aksie. Gee my
(val hom in die rede):
En nooit, nooit raak jy onseker, tas jy in die donker rond nie, nooit ondervra jy jouself, neem
| |
| |
jy jouself onder kruisverhoor soos jy nou hierdie arme mense onder kruisverhoor neem nie?
Nee, nooit nie. Wroeging, selfondersoek.... dis weeldeartikels daardie wat ek die fynbesnaardes nie in die minste misgun nie. Al sorg wat ek het, is om die taak voor my so gou en so goed moontlik klaar te kry. Ek ken net één doel: om die Britse Ryk te dien. En elke middel tot daardie doel, al lyk hy vir jou ook hoe laakbaar en selfs misdadig, is vir my heilig - en dis ook al ding op aarde wat vir my heilig is.
Nie 'n alte subtiele filosofie nie....
Reg genoeg, dis 'n eenvoudige filosofie, maar gesond, meen ek.
Baie eenvoudig, miskien te eenvoudig....
(op 'n ander toon):
Maar dis skaars 'n tyd vir wysgerigheid .... Hier kom die meisie!
(Hy gaan weer sit. Maria, skugter en beklemd, kom voor Shaw staan. Jones voeg hom by Allcott en die twee soldate en Trelawny staan weer in dieselfde houding op dieselfde plek as voorheen.)
(simpatiek):
U naam, Mejuffrou?
(bedeesd):
Maria Andrina Strydom, Meneer....
(Shaw krap iets op die papier om Maria die indruk te gee dat hy haar getuienis op skrif stel.)
(sonder om van papier op te kyk):
Hoe oud is u, mej. Strydom?
Petrus Jakobus Strydom en Magdalena Susanna Faure..
(Shaw sit pen neer en kyk haar met 'n vriendelike uitdrukking op sy gesig vas in die oë.)
Mej. Strydom, kan u my iets van u vader vertel?
Waar hy op die oomblik is byvoorbeeld?
Wanneer het u hom laaste gesien?
Het u nie miskien gehoor dat sy kommando hier in die buurt is nie?
Nee, Meneer....
('n Pouse.)
| |
| |
Mejuffrou, u sal met my saamstem oorlog is nie 'n plesierige ding nie?
(skielik heftig):
Nee, Meneer, dis iets vreesliks - woes en wreed en teen die wil van die Here....
(stil):
Ek het al twee broers verloor, Meneer.
('n oomblik lank uit die veld geslaan):
O, ek het dit nie geweet nie....
('n Kort stilte.)
U weet seker, Mejuffrou, in sekere dele van die Vrystaat steek hulle al van die plase aan die brand? U wil tog nie hê dat hierdie mooi plaas afgebrand word nie?
(laat haar oë oor die werf dwaal, stadig):
Nee, Meneer....
('n Pouse.)
Die oorlog moet nou end kry. So sal duisende lewens gespaar word.
(langsaam):
Ja, hy moet nou end kry, Meneer....
(terwyl hy oorleun met iets byna besorgd in sy stem):
Ek sal eerlik met jou wees, Juffrou.... as jy wil hê dat hierdie plaas nie afgebrand word nie, dat duisende lewens nie nutteloos verspil word nie, moet jy my net een ding sê.... Waar is jou vader se kommando?
(bleek):
My vader se kommando?
(met nadruk):
Ja, jou vader se kommando.... Want as ons dit weet, sal ons generaal De Wet vang, en as ons eers generaal De Wet gevang het, is die oorlog oor.
(met 'n stil glimlag):
Ek ken generaal De Wet.... U sal hom nooit vang nie, Meneer.
('n Pouse.)
Dan wil u niks sê nie, Mejuffrou?
(beslis):
Jones, neem haar terug en bring die seun! Allcott, sê vir die mans by die spruit hulle moet opsaal en hulle gereed hou. Ons vertrek binne tien minute!
(Albei af; Jones met Maria regs; Allcott links. Trelawny kyk ongeërg op na die lowerdak van boom. Shaw skuif ongeduldig in sy stoel rond.)
| |
| |
(vererg):
Die seun sal moet praat! Ek het al genoeg tyd gemors.... Hulle is almal ewe stom, ewe koppig.
Jy bedoel ewe getrou, ewe onverskrokke....
Net soos jy wil.... Ons het nog nooit oor hierdie sake eenders gedink nie.
(ironies):
Die vrou was reg: die Britse Ryk veg nou teen vrouens en kinders.
(geïrriteer deur Trelawny se aanhoudende ironiese toon):
Vervlaks, man, oorlog bly oorlog. Wanneer gaan jy dit besef, jy met jou fyn gevoel, jou fyn gees en jou oorgevoeligheid!
Ek het dit al lankal besef - maar eers nadat ek aangesluit het.
Vir die soveelste maal vra ek jou: hoekom het jy aangesluit?
Vir die soveelste maal antwoord ek jou: omdat ek my lewe emosioneel skoon uitgebrand het en jy en jou mense ons wysgemaak het ons gaan veg vir reg en regverdigheid.
En 'n koeël uit die loop van 'n vyand se geweer, sal dit 'n oplossing wees?
Ja, daaraan het ek al gedink.... En 'n koeël deur jou hart of 'n bomsplinter teen jou skedel, sal dit vir jou 'n oplossing wees?
Nie in die minste nie. In my is daar niks ter wêreld om op te los nie. Ek het geen probleem nie. Wat ek mag voel, wat ek mag dink, my verlangens, my drange, my wense - dit maak geen saak nie.
Jy bedoel jy is een van ons nasiebouers, een van die argitekte van ons ryk.
As jy dit so wil noem.... Ek is slegs 'n klein skakel in 'n oneindige ketting. Ek is nie eers 'n mens en dan 'n soldaat soos jy nie. Ek is eerstens en laastens soldaat. As die Britse Ryk deur my toedoen een vierkantvoet vergroot word, dan sal my lewe nie verniet gewees het nie. In my woordeboek het die woord vooruitgang net één definisie: dat die belange van die Ryk behartig word.
(bitter):
Selfs al moet jy daardie evangelie van vooruitgang met 'n meksim verkondig....
| |
| |
Breedheid, ruimheid, billikheid.... ag, wat help dit alles? Jy moet jou ideaal binne enge perke lê, dit nou inkamp - alleen so bereik jy iets.
Soos Jesus byvoorbeeld....
(met 'n siniese gebaar):
Ag, Jesus, christelikheid, mensliewendheid.... al die vroom praatjies....
Ja, ek weet die Jode het Christus laat ophang omdat Hy nie 'n Joodse nasiebouer wou wees nie.
(met minagting):
Man, jy behoort storietjies te skrywe, versies vol van jou groot liefde vir die berge, die bome, die blomme, die mensdom en alles wat God geskape het.... En weet jy wie dan van jou werk sal hou? Jy sal nie raai nie - die mense wat jy verag, die mense wat van Kipling hou!
(spottend):
Die hoë burgery in wie se belange, soos jy beweer, hierdie oorlog gevoer word, sal jou bewierook....
(Op 'n ander toon.)
Hier kom die seun! Dis ons laaste kans...
(Soldaat kom aangestap met Japie langs hom. Japie hou sy plaashoed - 'n ‘mosdoppie’ volgekrap met inktekeninge en handskrifte - opgefrommel in sy regterhand. Dis al teken wat hy gee dat hy senuweeagtig is. Shaw wat tydens sy gesprek met Trelawny van sy stoel opgestaan en 'n bietjie rondgeloop het, wag Japie in, buk effens en sit sy regterarm om die seun se skouer. Hy is die ene vriendelikheid.)
(gul):
Japie Strydom.... jy sien ek ken jou naam al! Man, ons twee, jy en ek, gaan goeie vriende wees!
(Shaw steur hom nie daaraan dat Japie 'n stugge stilswye bewaar nie. Hy voel sy spiere en gee 'n uitroep van verbasing.)
Goeie genugtig, maar jy is 'n fris kêrel, Japie! Man, jy weet ek het 'n broertjie net so oud soos jy. Maar hy kan goed perdry. Hou jy van perdry, Japie?
Jy weet, Japie, ek het die mooiste merrie in ons leër. Kijk daar staan sy
(Shaw het die karwats opgetel en wys daarmee in die rigting van die veld. Japie kyk soontoe)....
daar onder, regs van die miershoop.... sien jy haar? Kyk wat 'n mooi postuur het sy, kyk haar kruis en haar lang dun bene - en met so 'n rooi glans in haar maanhaar! Maar jy moet
| |
| |
haar sien as sy so loop en kopspeel-kopspeel! Is sy nie mooi nie, Japie?
(stil):
Ja, Meneer, dis 'n mooi merrie.
(Shaw het weer gaan sit. Japie staan nou voor die tafel. Die tafereel is soos vroeër - met die twee soldate links, die tafel en Shaw in die middel en Trelawny regs tussen tafel en muur. Shaw swaai die karwats liggies heen en weer.)
En wat dink jy van hierdie karwats, Japie? Maar ek gebruik hom natuurlik nooit op Victory nie. Victory is die merrie se naam....
('n Pouse.)
Dis 'n mooi peits, nè Japie?
(na nog 'n pouse):
Ja, meneer....
Kijk, broer, sy handvatsel is louter silwer! Voel 'n bietjie, piets 'n bietjie met hom....
(Hy reik oor die tafel met die karwats.)
Ja, vat, man, moenie jou aan ons steur nie!
(Japie vat karwats half onwillig.)
Piets, kêrel, piets.... ek weet mos jy kan 'n muggie op 'n blaar met die voorslag doodslaan!
(Aarselend begin Japie piets, maar na die vierde of vyfde hou is sy onverskilligheid weg, stel hy bepaald meer belangstelling in die karwats, klink sy sweephoue al hoe luider op.)
Dis reg.... Slaat! Slaat! Mooi skoot!
(Na nog 'n paar houe, kom Japie tot besinning, hou hy skielik op met slaan, wil hy die karwats aan Shaw oorhandig.)
(met 'n gebaar van weiering):
Nee, Japie, ek wil nie meer die plak hê nie.... Jy kan hom kry.
(verras):
Nee.... nee.... Meneer....
Ja, vat hom maar.... Ek het hom nie meer nodig nie. Hy 's net in die pad.
(Japie staan besluiteloos met die karwats in die hand, nie wetend wat om te doen nie.)
Jy sien ek wil vriende maak met jou. Maar dan moet jy my net een dingetje sê. Japie, ou maat, waar's jou Pa se kommando?
(Op hierdie oomblik gewaar Japie die strikval, gee hy 'n halwe tree vorentoe, wil hy met uitgestrekte arm die karwats aan Shaw oorhandig. As Shaw dit nog steeds nie wil vat nie, sit Japie dit sorgvuldig op die tafel neer. 'n Pouse.)
Japie, dan wil jy my nie sê nie?
As jy my sê, gee ek jou daardie merrie by.
(Hy wys na merrie.)
| |
| |
(kalm, sonder om na die merrie te kyk):
Ek sal nie sê nie.
Maar, Japie, ou broer, dit sal jou Pa geen skade aandoen nie! En selfs al kom ek daar, is die kommando miskien al lankal weg.
(beslis):
Ek sal nie sê nie.
(Shaw verander sy taktiek, spring op uit stoel dat tafel amper omval, gryp karwats en lig dit hoog in die lug op.)
(luid):
Japie Strydom, as jy my nie nou dadelik sê waar jou pa se kommando is nie, slaan ek jou met hierdie sweep dwarsoor jou gesig!
(wat wit geword het, maar nie 'n duimbreed terugdeins nie, met 'n siddering in sy stem):
Sla.... slaan maar....
(Shaw laat sak sy arm sonder om te slaan, gooi karwats op tafel neer, en spring agter tafel uit.)
(skreeuend in rigting van huis):
Fowler, kom dadelik hier!
(Derde soldaat kom aangehardloop.)
Val in! Al drie van julle, regsomkeer! Stap tien tree agteruit!
(Hulle gehoorsaam. As hulle al amper van toneel af is)
Halt! Regsomkeer! As jul gewere nie gelaai is nie, laai dadelik!
(Slegs Allcatt laai sy geweer. Shaw gryp Japie aan arm, stoot hom ru teen wit muur.)
Staan daar! Vervlaks, jy wil nie praat nie. Nou sal ons sien! Japie Strydom, ek gaan ses tel. As ek vyf getel het en jy het my nog nie geantwoord nie, gee ek daardie soldate bevel om te vuur!
(Hy wys na manne. Shaw staan in middel van verhoog voor tafel, Japie teen wit muur en Trelawny agter tussen Shaw en Japie. Daar is 'n uitdrukking van onthutsing en afkeer op Trelawny se gesig).
(langsaam, met nadruk):
Japie Strydom, waar is jou pa se kommando?
(met weifelende, onvaste stem):
Ek.... ek sal nie sê nie....
Ek vra jou vir die laaste maal.... waar....
(kan sy verontwaardiging nie langer beteuel nie, stap vinnig vorentoe, heftig):
Trevor, in Gods naam, wat mankeer jou?
(bulderend):
Philip D'Arcy Trelawny, onthou jy's 'n soldaat van die Koningin en ek is jou opperbevelhebber!
(Hy het sy hand op sy rewolwer.)
Verdomp! Staan terug of ek skiet jou vrek, vuilgoed!
(Trelawny staan 'n oomblik stokstil,
| |
| |
besluiteloos. Dan, sprakeloos, neem hy weer sy vorige posisie in. Shaw wend hom na soldate.)
Lê aan! Vat korrel!
(Die manne soek vir hul visier oor die loop van hul geweer.)
'n Koeël is koud, Japie, en hy boor 'n gat deur 'n mens se kop....
(Japie is so wit as die muur, sy knieë wil swik onder hom en sy regterhand klou sy hoedjie krampagtig vas.)
Dink goed na, Japie, dink goed na.... 'n Perd, 'n plak, jou lewe.... as jy wil praat....
(kom weer orent, half sissend deur sy tande wat styf op mekaar gesluit is):
Ek sal nie sê nie.
Goed! Is julle reg, mans?
('n Pouse. Hy lig sy hand op.)
Een.... twee.... Gaan jy praat, Japie?
(ferm):
Ek sal nie sê nie.
Drie.... Vier.... Vyf
('n Lang pouse.)
Japie Strydom, dis jou allerlaaste kans....
(al hoe vaster, byna uittartend, met 'n vreemde gloed in sy oë en 'n glans op sy gesig):
Skiet as jullie kan.... Skiet! Ek sal nie sê nie!
Jy sal.... of sterf!
(Hy kyk na sy horlosie.)
Gou! Dit word laat!
(Trelawny se houding word al hoe meer gespanne soos sy angs en afsku styg. Dit lyk of hy wil vorentoe stap. Shaw lig weer sy arm op. Baie vinniger hierdie keer aan manskappe.)
Een.... Twee.... Drie.... Vier.... Vyf....
(Hy spring reg voor soldate.)
Laat sak jul gewere, mans!
(Hy hardloop na Japie wie se weerstandsvermoë padgegee het onder die geweldige spanning, en gryp sy hand.)
(geestdriftig):
Brawo, Japie, brawo! Jy is 'n man, 'n pure man!
(wat vorentoe steier, stotterend in 'n halwe fluisterstem):
Ek.... ek.... sal nie sê nie....
(As hy val, vang Shaw hom. Die offisier staan wydsbeen teen wit muur, ontroerd en oorbluf, met bewustelose kind in sy arms terwyl skerm stadig sak.)
Uys Krige
|
|