De Gids. Jaargang 102(1938)– [tijdschrift] Gids, De– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 239] [p. 239] Die seemeeu Tussen die wit huis en die wit huis, teen die wit wolk, teen die grys berg hoog bo die see, silwer en grys silwer en grys tot die verste vaal horisonne heen, styg en daal, styg en daal die wit seemeeu aaneen alleen.... Wat sing die see? Wat kla die wind? Wat roep die meeu? Wat snik die hart aaneen alleen? Die hart snik tussen die wit huis en die wit huis op die helder dag, silwer en grys, silwer en grys: waarheen? waarheen aaneen alleen, alleen, alleen? Uys Krige Vorige Volgende