| |
| |
| |
Die rit van Jan Lafras Malherbe
O sê mij, wie 's die ruiter
wat draf waar die velde gloor
bleek onder die teer maanlig,
wat hierdie blank vrede stoor,
luid dring deur die wye stilte
met klank van stibeul en spoor?
van die ou lis van die Brit, van
Geen kakie se kordon, geen
kamp sal hom die pad belet.
'n Kind.... maar reeds 'n held, ja,
hy 's 'n manskap van De Wet!
wat hier deur die nanag ry
met in sy sak 'n boodskap,
'n Seun van die Maluti-berge
Gister toe nog sy gees vol
word hy gewek, geroep deur
Vroeg, voor die dagster flonker,
| |
| |
Net in klap van sy karwats
en hy 's weg! oer skiet sy ros
vort deur die ver velde, vort
uit die laer by Sannaspos.
Ver lê die vlaktes voor hom
waar hy styg bo Thabantsjoeskop.
Sy perd sluk uit die spruit.... en
hy 's weg, weg weer in wilde galop.
En toe die rooidag aanbreek,
Die laaste sonstraal seën
hom op Bethlehem se rant.
Fors stem roep: ‘Werda!’ uit die skemer
en hy wuif net met sy hand.
waar 'n dowwe liggie brand,
deur slapende stil dorpies
en hy kom tot geen stilstand!
dwarsdeur die nag.... die Vaal lê
breed voor hom, vòl, kant aan kant.
Sy kolperd stoor die sterre
en hy staan weer op wit sand!
Gister nog in die Vrystaat,
vanoggend al in Transvaal.
Waar sal hy wees as weer die
awendskadu's oor hom daal?
sal die Heer hom in kom haal
tot daardie Oord van Vrede
waar sing nooit geen sang van staal,
waar dreun geen knal van kanon
en waar slegs Sy liefde straal?
wat jaag die wit velde oor.
Lank was die rit, en vèr, vèr
oor die vlaktes lê sy spoor.
| |
| |
Ver's De la Rey, en ver sy vesting
en ver nog die ent pad voor.
Maar hy's 'n Boer en 'n Malherbe
en wie sal dan moed verloor?
Ek weet wie is die ruiter
wat hier uit die leiklip slaan
vuurvonke goud soos korrels lig daar
waar die son beef teen nat graan.
en hy ken geen vrees, geen waan!
nog sy pad van vryheid baan.
wat hier deur die blou nag gaan
teer die mat glans van die maan.
Dis Jannie van oom Hannes
van die plaas Klaarwaterkloof,
met in sy hart die vlam van
vryheid, sterlig op sy hoof.
De Wet het hom gekies, gesê: ‘My
seun, in jóu het ek geloof.’
De Wet, sy held, sy god! Wie
kan hom dan sy moed beroof?
soos 'n graanskyf in die son.
as 'n koel klaar waterbron.
Hy met sy hart vol liefde,
die liefling van Sannie Roos
(liefling van al die vroue
sy hart en sy hoop so jonk.
Hy wat met drank van die lewe
skoon sinneloos is en dronk,
| |
| |
nou woes deur die stil nag storm
op sy strydros met geweld,
so fiks, so fier o so vry
soos 'n springbok op die veld!
Ek weet wie is die ruiter
wat hier deur die blou nag gaan
teer die mat glans van die maan.
Maar sê my, sê my wie 's die kruipers
wat hier teen die spruitwal skuil
soos roofdiere wat wag daar
op 'n duiker by die kuil?
jy hoor hoe die jakals huil,
die ver kiewiét se klag en
die steun van die bruin ou uil.
Jy 't die oë van 'n arend,
maar jy's doof en blind vir die gevaar
wat jou afwag, uit die strikval
met gluur-oë op jou staar.
so ver van jou huis en haard,
sien gy geen glim van mausers?
Kyk, o stuit jou in jou vaart!
Dis hier geen nat spaansriete
maar 'n kolf blink soos 'n swaard,
maar snoder, wreder, woester
in sy bloedsug en sy vaart!
Gister nog in die Vrystaat,
vanoggend al in Transvaal.
Waar sal hy wees as weer die
awendskadu 's oor hom daal?
| |
| |
waar woed geen wrok, geen broer-bedrog,
maar alles blank of blou is
soos van 'n somersee sy vog....
die dood kom pal, uur na uur;
waar staan geen koringlande
in laaie van vlam en vuur;
waar skend geen wreed dum-dumme
en waar sing geen sang van staal;
geen koeëls klap soos 'n bui hael;
waar brand geen boere-woonhuis,
in puin stort, tot stof asvaal;
waar plof nooit geen luid liddiet
maar stil slegs Sy seën daal;
waar skeur geen blink bajonette
maar alleen Sy liefde straal.
O sê my, sê my wie 's die wagters
wat hier teen die spruitwal skuil
soos roofdiere wat wag daar
op 'n rietbok by die kuil?
Dis 'n Skotsman, Macmahon,
en twee Boere uit ou Transvaal:
Petrus Colyn van Nelspruit,
en van Pelgrimsrust, De Waal....
dis bloed van jou eie bloed,
vlees van jou vlees.... twee burgers
van jou suiderland so soet,
O seun van die Maluti-berge,
die seuns van ou Drakensberg
wat jou afwag in die laagte,
van jou jong bloed gaan verg;
oor wie dieselfde Suidkruis
swewe, en dié skoon stergewelf;
| |
| |
ras van jóu ras.... pols soos jy
in jou volk se hartslag self
maar wat die dwing'land bystaan,
vir die eeu-ou skender streef.
Waarom? Ja, wie begryp dit?
Mag God hul dié skand vergeef!
Helder die maanlignag hier
en helder die spruit, die pad.
Helder die daad van die Brit
Swart soos 'n lanferlap die wolk nou
wat skuif oor die maangelaat.
Swart soos die spruit, die pad hier
die hart van die renegaat.
Swart soos die put, die kuil, swart
die twee Boereseuns se daad
Maar swarter as die hel self
die nyd en die broederhaat.
Klein Jan Lafras Malherbe,
jy's verkenner vir De Wet,
maar daar 's geen mens of mag op
aarde wat jou nou sal red.
O seun van die Maluti-berge,
herinner jou aan jou moeder.
Waar, ja, o waar's jou hoeder?
Gedink jou aan Sannie Roos want
jy gaan na God, die Albehoeder.
Een ruiter deur die donker,
drie kakies wat vir hom wag.
Een roek'loos kind onagsaam,
die stilte wat voor hom wyk;
en loerend, glurend by die
kuil, twee skurke in die slyk.
| |
| |
Daar knal, daar knars drie skote,
die weerklank stuit teen die wal.
Kruitdamp styg uit die laagte
en 'n ruiter kreun en val.
Die nag welf terug. Diep stilte
suis.... en wit wys weer die maan,
en die lig speel oor die velde
waar 'n perd stil-grasend gaan
bo iets swart-roerloos te staan.
Bloed in die blonde lokke
soos papawers teen die graan,
en dof en dood die blou oë
in die bleek skyn van die maan.
Klein Jan Lafras Malherbe,
rus van die rep en roer, van
die ewige swerwe en stry;
rus van jou lang lang rit deur
jou hoogland, vyand-omgewe
rus van die vèr vèr rit (lank,
nog langer) van hierdie lewe.
Bloed in die blonde lokke
soos papawers teen die graan,
en dof en dood die blou oë
in die bleek skyn van die maan.
O Dood, jy's ryker, voller
met geskenk van hierdie gees,
met gawe van dié hart, vol
moed en onskuld allermees!
O velde van Transvaal, neem
hom en streel en wieg hom, sus
die moeg, gebroke liggaam
en ontvang hom tot jul rus.
| |
| |
O velde van Suid-Afrika, sy
mond druk teen jou grond. Hy kus
en keer terug tot sy Moeder
en tot God's ewige rus....
(Die lamp van sy jong lewe,
van sy durf, sy diens volbrag,
brand helder soos jou sterre
vir ons en die nageslag!)
jou skoon sterk liggaam breek.
Dis jou rooi jong bloed wat hier
deur die nat swart sooie week.
O velde van Suid-Afrika, drink
hiérdie wyn, eet hiérdie brood.
O velde van Suid-Afrika, jou
seun keer terug tot jou stil skoot
En o jy's ryker, vrugbaarder
|
|