Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel
(1939)–Anoniem Beatrijs– Auteursrecht onbekend
[pagina 27]
| |
het geen geld of kos gehad nie. Hoe kan ek 'n beeld gee van die diepe droefheid wat hul aangegryp het, toe hul moeder sommer so wegraak? Die medelydende weduwee het by hulle gaan sit en sê by haarself: ‘Ek sal met hierdie twee kindertjies na die abdis gaan. God sal dit in haar hart gee om die beste oor hul te beskik.’ Sy trek hul aan en sê: ‘Vroue, luister tog na die nood van hierdie twee wesies. Die moeder het hul verlede nag onversorg agtergelaat en verdwyn, waarnatoe weet ek nie. Hier staan die wesies sonder sorg of steun. Ek sou hulle graag wil help, maar hoe?’ Toe antwoord die abdis: ‘Sorg jy maar goed vir hulle, ek sal jou so beloon, dat jy nooit spyt sal hê nie. Elke dag sal hulle liefdegawes kry, om Gods wil; laat iemand elke dag hier by die klooster vir hulle iets haal om te eet en te drink en laat my net weet as hulle iets nodig het. Die weduwee was toe bly, dat die saak so geskik is. Sy neem die wesies saam en sorg goed vir hulle. Die moeder, wat hulle met smart gebaar en aan haar bors gevoed het, was verheug toe sy hoor dat haar kinders, wat sy in ellende moes verlaat, goed versorg was. Nooit hoef sy meer oor hulle angs uit te staan nie. Sy lei nou 'n heilige lewe, maar dag en nag sug sy en treur so oor die groot sonde wat sy nie kon bely en ook nie in geskrifte kon openbaar nie. |
|