V.
Toe veertien jaar om was het God so'n groot berou in haar hart gewek, dat sy liewer haar hoof met 'n swaard sou laat afslaan het, as om nog langer, soos haar gewoonte was, met haar liggaam sonde te doen. Dag en nag huil sy so, dat haar oë selde droog was en sê: ‘Maria, U wat God gesoog het, fontein van alle saligheid, bo alle vroue geseën, laat my nie in hierdie ellende verkeer nie. Ek roep U, Liewe Vrou, tot getuie, dat my sonde my berou en my baie bedroef. Ek het so baie sondes bedryf, dat ek regtig nie meer weet waar, of met wie ek almal bedryf het nie. Helaas! Wat sal daar van my word? Ek mag wel die laaste oordeel vrees; God sal sy oë van my afwend, daar waar alle sondes openbaar sal word, van die armes en die rykes, en al die misdade gestraf sal word as dit nie vooraf gebieg is en daar geen boete voor gedoen is nie. Ag! ek weet dit tog so goed en daarom word ek deur grote vrees beangstig.
Al sou ek elke dag 'n harige boetekleed dra en op hande en voete daarmee van land tot land kruip sonder skoene aan my voete, nogtans sou ek nie van sonde bevry word nie, as U, Maria, fontein van alle deugde my nie vertroos nie. Meer as een het U al vreugde