by 'n deur, wat sy saggies oopsluit. Heimelik, stilletjies sonder 'n geluid gaan sy na buite. Bang-bang loop sy na die boord waar die jong man haar gewaar word en sê: ‘Liefie, moenie bang word nie, dis jou vriend wat jy hier sien.’ Toe hulle bymekaar kom begin sy haar te skaam, omdat sy net in haar onderklere staan, met blote hoof en kaalvoet. Die jonkman sê: ‘Mooi nooientjie, pragtige gewade sou jou beter pas; moenie vererg op my wees omdat ek dit sê nie, want ek sal jou dit sommer dadelik gee.’ Hulle gaan toe onder die eglantier staan en van alles wat sy nodig het gee hy haar genoeg. Hy bied haar die klere aan en sy trek 'n sierlike blou rok aan, wat haar mooi gestalte net pas.
Vriendelik kyk hy haar aan en sê: ‘Liefste, hierdie hemelsblou lyk darem baie mooier as daardie grys rok.’ Sy trek ook kouse aan en skoene van die fynste leer wat haar mooi voetjies baie beter laat lyk as die klooster se sandale. Om haar hoof bind sy 'n wit sy doek. Toe soen die jongman haar saggies op die mond, en terwyl sy daar so voor hom staan, lyk dit of die helder daglig meteens verskyn.
Haastig gaan hy na sy perd en sit haar voor hom op die saal. Hulle trek toe saam weg en ry totdat die son opkom, sonder dat hul vlug opgemerk word.
Toe dit begin lig word in die ooste sê sy: ‘God, U wat die wêreld se troos is, bewaar ons tog nou; ek sien die dag aanbreek. As ek nie met jou, my lief, weggegaan het nie, sou ek nou priemtyd lui, soos ek jare-