Enige strewe om by wyse van propaganda op sedelike of godsdienstige gebied invloed op die bevolking uit te oefen is daarby uitgesluit.’
Almal wat in België en Kongo en hulle ekonomie en in die Vlaamse en Waalse kultuur belangstel, sal saamstem dat hieroor in Suid-Afrika te min bekend is en dat daar vir die vereniging 'n groot werkterrein braak lê. Die feit dat in België en Suid-Afrika twee stamverwante volkere bly - Vlaminge en Afrikaners - en dat België met sy Belgiese Kongo 'n belangrike buurstaat van die Unie van Suid-Afrika is, regverdig seker die stigting van die vereniging. In België self bestaan daar reeds sedert 1936 'n ‘Belgisch - Zuid-Afrikaanse Vereniging’, wat sorgdra vir die bevordering van die belangstelling vir die Unie van Suid-Afrika sowel op ekonomise as op kulturele gebied.
Dit is die bedoeling van die ‘Suid-Afrikaans - Belgiese Vereniging’ om met 'n praktiese werkprogram wat almal sal interesseer te begin, soos bv.: die vertoning van films (Rubensfilm!); optrede van sprekers uit België en Kongo; bevordering van die besoeke deur die Vlaamse Nasionale Toneel; steun aan die Vlaamse leergange in kultuurgeskiedenis aan die universiteit van Pretoria; propagering van die Vlaamse letterkunde, kuns en musiek; uitwisseling van studente en professore tussen die Unie en België en Belgies-Kongo; bevordering van ekonomische betrekkinge, ens. Enige interessante suggestie sal met graagte deur die bestuur ontvang word.
Die uitvoerende komitee is als volg saamgestel: voorsitter: Dol Doussy, M.D.; ondervoorsitter: prof. P. van Warmelo, D. Jur.; sekretaresse: Ria Hugo, D. Phil.; penningmeester: W. de Pauw, Lic. Phil.
Die ledegeld is vasgestel op £ 1.1.0 per jaar per gesinshoof, studente 10/6 en maatskappye £ 5.5.0.
Aangesien dit die bedoeling van die ‘Suid-Afrikaans - Belgiese Vereniging’ is om almal uit te nooi wat belangstel - ook diegene wat voorlopig nog nie begeer om lid te word nie - sal ons dit waardeer wanneer ook die adresse van belangstellendes en vriende na die sekretariaat gestuur word.
Ons hoop om alle belangstellendes binnekort te kan uitnooi na ons eerste vergadering waarop die beroemde film oor P.P. Rubens, van Paul Haesaerts en Henri Storck (wenner van die goue medalje op die internasionale filmfestival te Venesië), waarskynlik zal vertoon word.
Met hoogachting,
Die uwe,
RIA HUGO (sekretaresse)
Maraisstraat, 174, Brooklyn PRETORIA
BAND wenst dat aan dit programma slechts één punt zou worden toegevoegd, nl. dat de ‘Suid-Afrikaans-Belgiese Vereniging’ er het hare zou toe bijdragen opdat ook Zuid-Afrikaanse schrijvers en artisten in Belgisch-Kongo zouden kunnen optreden.
In afwachting verheugt het ons te kunnen melden dat niemand minder dan senator Julius Hoste, Belgisch afgevaardigde op de Van Riebeeckfeesten, op 15 April jl. in de Universiteit van Pretoria een voordracht hield over ‘België en Suid-Africa’, dit op uitnodiging van de nieuwe vereniging.
‘Suid-Afrikaans-Belgiese Vereniging’, ge zijt flink van wal gestoken! BAND wenst U goed heil en vraagt Uw bijzondere aandacht voor Belgisch-Kongo.
BAND