Elisabeth Eybers schreef de gedichten op deze pagina speciaal voor Awater. Eybers (1915 Transvaal (ZA) is één van de Grand Old Ladies van de Nederlandse poëzie. Dat mag opmerkelijk heten, omdat zij haar gedichten in het Afrikaans schrijft en er geen Nederlandse vertalingen voorhanden zijn. Ondanks haar respectabele leeftijd schrijft zij nog immer.
Eybers woont sinds de jaren zestig in Amsterdam. In 1978 werd haar werk bekroond met de Constatijn Huygensprijs en in 1991 ontving zij de P.C. Hooftprijs voor haar gehele oeuvre. Guus Middag schrijft over haar poëzie in nrc Handelsblad: ‘Het indrukwekkende van Eybers' poëzie, en zeker haar ouderdomspoëzie, is haar volharding in een houding: die van iemand die zichzelf voortdurend tegen het licht wil blijven houden, die elk gevoel pas vertrouwt als het ook van de andere kant benaderd is.’ Eybers' poëzie verschijnt bij Querido.
Pyn
Pyn, met grimasse, met dierlike klanke,
kan sterker dan wát ook jou wese versteur
en tog is jou egtheid juis dááraan te danke
en word pyn byna nooit uitermate betreur.
Oorweging
Jy was destyds kapabel om meer te presteer
maar op dit wat mits dese ineens gaan gebeur
is jy terdeë onvoorbereid.
Hoe op aarde moet jy 'n geskikte beleid
sonder nodige voorskrifte sameflans
- of reken jy dalk op 'n tweede kans?
Versinsels
Versinsels is eerstens 'n soort van bedryf
om dinge wat onderling klop op te skryf,
die gees te verhef bo die lydsame lyf:
versinsels wil graag hul uiterste doen
om liggaam en siel met mekaar te versoen,
nie soseer om die werklikheid te onthul
as om sy tekortkoming aan te vul.
Wat van voortgesette versinsels nou?
Hoe lank kan jy hulle nog blindelings vertrou
om jou dag na dag op die been te hou?
Handel-wyse
Al die boublokkies wag in die woordeboek,
ewe-eens in jou kop: dis 'n kwessie van soek
en meet en weier en weeg en wik,
geen duidelike leidraad staan afgedruk,
elke pasklare stelling is opgedoek.
Iets ongrypbaar en onverbiddelik
wat nouliks bestaan sit jy agterna
hoewel buite bereik van berekening of hoop.
Al is daar geen afnemer wat daarna vra,
loop jy straks pronkerig daarmee te koop.
Opsomming
Tot dusver kom dit eenvoudig hierop neer:
jy het verduur wat jy geprogrammeer
was om vanaf die aan vang te deurstaan
en benader nou die einde van jou baan.
'n Skroothoop nietighede skep ballas,
daarmee sou jy 'n hele koffer vol
kon stop om sonder omkyk te verkas,
met rym - indien moontlik - steeds in 'n verfraaiende rol.