| |
| |
| |
Hoofstuk II.
Paarl toe - Spookskip - Kanontrekkers.
Baie vrolik en opgeruimd pak Iedries, Sina en Platjie die pad Paarl toe aan; die geselsery was nog een streep deur oor Hotnots en Boesmans.
Waarop Platjie aanmerk: ‘Ek kan darem die ding nie klein kry nie, dat ons ou Hotnots so swakkies was om somaar te sê dè! aan die witmense, hier is ons land, vat dit maar. Nou is hulle baas en ons is klaas.’
‘Maar wie het ooit kanon en roer met pyl en boog kaf geloop?’ antwoord Sina. ‘Nee my kind, die geslepe Duisvolk het propper vir ons uit ons grond uit geoorlê. My bloed kook nog as ek daaraan dink.’
Hierop keer sy haar na haar man en sê: ‘Iedries, kom, vertel vir die kind van al die lyfskrikmaak en al die jakhalsdraaie van die Duisvolk sonder om te traak wat hul vir hulle kinders op skool leer.
(Tussen hakies gesê, val hier aan te merk dat dit iets eienaardigs aan die Hottentots is om volksvertel- | |
| |
lings op te maak asof die voorvalle daarin verhaal, werkelik sou gebeur het).
‘As jul mooi luister,’ begin Iedries, ‘dan sal ek jul die hele storie haarfyn vertel net soos my tata, sy tata en al die ou volk altyd vertel het. Hulle was daar, hulle het gesien en gehoor.’
‘Luister nou mooi, my kind,’ val Sina in die rede, ‘dan kan jy hoor dat dit glad anders is as die Duisvolk dit aan hulle kinders vertel.’
‘Wag tog, Sina! Praat jy, of praat ek?’ was die bestraffing van Iedries. ‘Ek kan my so in my siel vir jou versondig as jou tong altyd 'n stuiwer tussenin die armbeurs kom insmyt. Luister tog vir 'n oomblikkie met geduld. - Die ou volk vertel, aan die voet van Tafelberg, tussen rotse en bome, het 'n Hotnot-kraal gestaan. Van hierdie stadjie kon hul nie direk op die seewater gesien het nie; maar wel as hul op een van die groot rotse gaan staan het. Eén oggend sit drie Hotnots onder 'n boom daar tussen hulle pondokke. Die een sit 'n vel te brei, die ander werk aan sy boog en pyle, terwyl die derde in sy karos toegedraai by sit en kyk. Hul voel toe net buite hulle gewoonte, want aan hulle gebreekte gesels kan 'n mens hoor, dat hul kroeserig en lyfseer voel, oor die aand tevore 'n groot dans en bierdrinkery aan die gang was, waarop hul baie gestry en gebaklei het.
| |
| |
Die velbreier breek die stilte deur op te merk:
‘Julle volk weet mos nie julle maat te hou as jul by 'n bierdrinkery kom nie. Jul het alles gistraand plat gedrink en het nie eers 'n bietjie laat bly om 'n Hotnot se lyf vanoggend mee reg te dokter nie. So gaan dit, één slag papnat en die volgende slag weer hooidroog.’
Die ou, wat in die karos toegedraai is, het intussen op sy sy op die grond gaan lê; hy lig sy kop op en sê: ‘Aai, my ou bestes, ek wens vanoggend dat al die see-water bier is, dat almal myne is en dat ek nog 'n dop bier daarby het, dan kan ek vir julle ook ou (gee).’
Boems! Daar val 'n kanonskot op see in Tafelbaai - die eggo bulder van klofie tot klofie langs Tafelberg. Verskrik sit die drie mekaar aan te kyk. Boems! weer 'n ander skot. Dit bring hul op hulle bene, hul draf die rantjie uit van waar die see in gesig lê, en tot hul skrik sien hul 'n groot ding met wit vlerke (seile) op die water aangeseil kom. Maar toe die derde kanonskot volg en die drie ‘gevaar’ uitroep, toe borrel net al wat Hotnot, meid of kind is, uit die pondokke, vlug die berg in en kruip soos kwarteltjies tussen die skeure en bosse weg.’
‘En toe kan jy net meide en kinders hoor tjank, toe hul daar soos dassies hulle lywe tussen die klippe bêre,’ las Sina in; want stilbly is vir haar net 'n allemensige straf.
| |
| |
Met 'n skudlaggie, asof hy dit self gesien het, gaan Iedries weer aan: ‘Die oorsaak van hierdie rantjies toe vlug, was nie ver te soek nie. Vanselewe - in daardie dae - het van tyd tot tyd skepe in Tafelbaai geland en het toe van die volk, meide en kinders gevang om in hulle lande as slawe te gaan verkoop. Dit het die ou volk gesien, dog het toe van slawerny niks af geweet nie. Hul was onder die indruk, dat die skepe verbasende groot spoke is, wat die volk saam vat om daar ver in die see in donker grotte in te stop en hul daar dan net met vis en sout water te voer. En dit het die skrik op die lyf van die ou volk gejaag.’
‘Hoor jy, Platjie, hoor jy, my kind, hoe die Duisvolk van hoeka (lank-af) met ons Hotnots om die bos gespring het? Laat ons dit maar effentjies aan hulle gewaag het, dan was boeie aan die hande, in die tronk gestop, kats, Hotnots boëntoe geroep, en klip-kap, of breek-water is dan ons voorland,’ bring Sina weer tussenin.
Iedries bly steeds aan die verhaal van sy storie:
‘Die ou volk wou in die begin die stuipe kry, as 'n skip anker in die baai neerlaat en wou weer uit hulle vel van blydskap spring as die skip anker optrek en laat gly. Maar dink jul dat die ou volk vir die see wou bang word - net verniet; so gou as die skip weg uit die gesig is, dan stap hul ewe manhaftig weer langs die strand rond. Ja, dis waar, tyd verslyt nie alleen 'n
| |
| |
Hotnot se tande nie, maar werk ook met sy geheue - die Hotnot vergeet gevaar te gou en word dan perd-gerus.’
‘Ja, dis waar, 'n Hotnot is kort van haar en kort van verstand. Ek sou so nooit weer daar langs die see gaan wandel het nie. Wat soek ek daar? Sê nou, daar het meteens 'n skip onder die water uitgeborrel. Waar was Sina dan? Verstand toe!’ val Sina weer in die rede.
Iedries bly nog aan die woord: ‘So 'n toestand van sake kon nie lank aanhou nie. Daar moes 'n toenadering plaas vinde. Die witman het kom pamperlang, die bruinman het kom snuffel en so het die maatsmakery van ver-ver af begin.’
‘Ek sou my by maatsmakery maar skaars gehou het. G'n een van die twee partye was te vertrou nie - die een was so skelm as die ander. Dit was één kant op en die ander kant af - daar lê die ding, daar lê die ding!’ moes ou Sina weer byvoeg.
‘Op 'n goeie dag,’ so gaan Iedries aan, ‘vat die Hollanders regtig die Kaap vir hulle, en dit nogal sonder om die Hotnots te vra of hulle daarmee gediend was. Eenmaal uit hulle grondbesit gepypkan, was die vastrap van die Hotnot poot uitgeslaan. Die enigste plan was maar om tru te staan en inlands te trek.’
‘En, my tata, het die ou volk dan somaar tevrede
| |
| |
gewees en gesê: vat maar?’ vra Platjie weer met 'n jammer hart.
‘Weet jul wat ek sou gemaak het as ek in daardie tyd gelewe het?’ bring Sina in die midde. ‘Ek sou 'n klip gevat het, dit om die Hollander se nek vasgemaak het en hom dan nes 'n kat in die see versuip het - dan sou hy nie stories gehad het om aan sy koning te vertel nie.’
Iedries antwoord: ‘Nee, my kind, daar het 'n soort van ruilery, of kwanselry - net soos jy dit wil noem - plaas gehad. Maar voor dit, het die Hollanders eers 'n skansmuur om hulle kamp opgetrek. Die Hotnots bekruip die wittes en laat hulle pyle oor die skans en binne in vlie en baljaar. Maar aan die ander kant laat die Hollanders hul nie te lank nooi nie en hul peper die ou volk met die blou boontjies uit hulle roers, dat die kruitvlamme so in die oues se oë-blits. Maar sulke dingetjies is mos net kinderspulletjies en moes gou ophou. Toe het die ou volk pad gegee en verder land-waarts oeit gestaan.’
‘Tata, dis swaar twak daardie vir 'n Hotnot, om in sy pyp te stop en dit dan uit te rook,’ merk Platjie op.
‘Dit mag jy wel sê,’ merk Iedries weer op. ‘Maar ook hierdie toestand het hom gou-gou laat kniehalter en die beste wat voor die deur gestaan het, was om vrinde te maak. Dit het langsaam gegaan; want die
| |
| |
weersydse agterdog was te groot. Maar toe was 'n heftige handel aan die gang - van die soort bokstert vir 'n beeskop en 'n snuifie op 'n lappie. Maar wat handel is hulle. Die Hollander het mooi goed en die Hotnot het vee en grond. Maar die gekwansel gaan nie gou genoeg na die Hollanders se sin nie, so moes 'n ander jakhalsdraaiplan aan die pote gepak word.’
‘Tata, watter danige goed het die ou volk dan so erg nodig gehad?’ vra Platjie.
‘Ag, allerhande bogtery,’ antwoord Iedries. ‘Daar was krale, kopdoeke, lekkers en al sulke rommel, maar die ou volk was suinig om hulle vee te slag, so was onder hulle 'n aanvraag vir velle. Die beesvel word in rieme gesny, dan vat die Hollanders die riem en meet daarmee in die rondte 'n stuk grond af. Dan vat die Hollander die grond en die Hotnot kry die riem. Maar later begin die Duisvolk die rieme te dun te sny om sodoende 'n langer riem te kry, waarmee gevolgelik 'n groter stuk grond kon afgemeet worde. Die smal riempies was ondienlik, waaroor die ou volk ontevrede raak. En die soort van handel is gou-gou die nek ingeslaan.’
‘Wat het toe van die ding geworde? Vuiste gemaak en handel in neusvelle gedrywe?’ vra Platjie.
Eer Iedries kan antwoord, spring Sina voor en sê: ‘Goed so! Goed so! Ek het daardie ding aan die naat van my rok voel aankom. Ons Hotnots kan mos nie
| |
| |
verder 'n kwaad sien aankom as die plat neus van ons vooruitsteek nie. Nee, ons wil ons eers weer, as ons in die slagyster gevange sit - dan moet ons maar stilsit tot 'n ander ons daaruit kom verlos - so nie, dan moet ons maar daar vrek.’ Hier stop sy en sê: ‘Toe, gaan aan, my ou, ek voel sommer, nou kom ons doodsteek.’
‘Wel,’ sê Iedries, ‘Oom Hollander maak plan en span sy gedagtes goed agtermekaar in. Hy bestel 'n groot fees en nooi al die Hotnots - klein en groot. Daar was nog altyd agterdog by baie, so het nie te danig baie na die fees gekom nie. Maar die wat gegaan het, kon nie tuis genoeg van die groot plesier kom vertel nie - hulle het gedans, geëet en gedrink, en die eeten drinkgoed was ag! te lekker. Baie het presentjies gekry, namelik die voordansters en baasspelers. Die berig het die ander volk snoep gemaak en het hulle monde laat water, en toe die Hollanders weer die twede fees bestel, is byna al die Hotnots daar. En toe is die pret eers uitbundig. Hul dans die riele dat die osse so brul. Resies word geloop, gestoei, geskerm en met kieries tweegevegte gelewer. Toe die pret op sy hoogste sport is, word die kanonne uitgetrek. Die volk verkyk hul daaraan en wil al weet wat dit mag wees, maar hul word vertel dat hul netnou sal sien. Die mansvolk word twee-twee in spanne voor die kanonne gespan.
| |
| |
Hulle proes en snork soos uithaler perde en krap ewe ongeduldig met die voete in die grond. Die bekke van die kanonne was vorentoe gerig, hul was met los kruit gelaai, en toe die order van ‘trek!’ gehoor word, kom span na span met 'n kaapse draai om en die stof vlie onder die wiele uit. En toe die outas hol dat hulle bene onder hul krul en hulle hakskene op hulle sitplekke tamboer speel, word een kanon na die ander afgevuur. Daarop kom hemel en aarde in beweging. Hul skree, val oormekaar, hol weg tot by die suidoostelike berge van Stellenbosch, wat vandag nog die naam van Hottentots Holland Berge dra, omdat die Hotnots aan die oostekant van die berge gaan woon het en die Hollanders aan die westekant gebly het. Ja, die ou volk het gesteun soos hul berge toe beur. Hul het ook nooit omgekyk nie alvorens hul die voet van die berg bereik het.’
Hier werp Sina haar weer in die verhaal en roep uit: ‘Aai, hoe seer moet die kruit tog nie die arme skepsels se rugge gebrand het nie! Ja, al die hare agter hulle agterkoppe was weggeskroei en dis daarom dat ons Hotnots tot vandag toe sulke korte hare aan ons agterkop het, - en nou moet ons hoor ons was kanon-trekkers.’
(Hier val ook aan te merk dat 'n Hotnot altyd 'n eienaardigheid deur een of ander verhaal weet te verklaar).
| |
| |
Hierop sê Sina: ‘Laat ek nou vir julle die Hartseer Lied sing:
Korus deur al drie:
Korus.
| |
| |
|
|