Wat die taal betref, wat ons in die mond van die sprekers gelê het, mag ons in die rede geval worde deur iemand wat sê dat in sommige gevalle die taal te verhewe is vir die onbeskaafde inboorling. Dit mag so wees, maar ons het genoeg aanhalings in hulle gewone spreekwyse gelewer om te toon van watter woorde hulle hul bedien het om hulle gedagtes aan ander bekend te maak. Alleen het ons gevrees om deur aanhoudend van die plattaal gebruik te maak, dat ons die lesers sou hinder. Na ons beskeie beskouing het ons tog genoeg oorgelaat om 'n grondige idee van hulle spreekwyse te gee.
'n Broeder Landmeter, wat ook as Resident Magistraat die Kaap vir jare gedien het, merk eendag teen ons op: ‘Ja, daar is net twee nasies onder die son wat regtig geestig (grapperig) is, namelik 'n Ier en 'n Hotnot - hulle is geestig sonder te probeer om snaaks te wees. En word die twee te ver deur die wingerd gejaag, dan gee hulle argumente gewoonlik meer warmte as lig af.’ Hyself was 'n Ier, wat veel sake in die Hof te beslis had, en hy kon iemand van lag laat rol.
Dis waar, daar sit fyn humor in 'n Hotnot en hy self besit daarby nog die begaafdheid om die belaglike sowel as die ernstige sy van 'n saak te besef - sonder hom onnosel aan te stel.
Koos Fonk stel 'n tiepiese smous voor, wat in daardie dae te vinde was.
Ons vertrou dus dat hierdie poging van ons 'n hartelike ontvangs te beurt mag val.
Kafferstad-Hendrina, Trvl.
Januarie 1917.
Die Skrywer.