Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 96] [p. 96] Is dit dan reg? (Rondeau) Is dit dan reg - dat sonder haar vir my G'n blydskap op die wye wêreld bly? Verniet dat lente, kleine Towerfee, Die veld met nuwe heerlikheid beklee, En liefde orals wek gesang en ry! Is dit dan reg? Die reënboog het g'n kleureprag vir my, En skoonheid het die skoonste jaargety Slegs wanneer sy bekoring daaraan gee; Is dit dan reg? Hoe salig soet, o kon ek dink dat sy 'n Hoekie in haar hart hou toegewy, 'n Heiligdom aan liefde en my. O wee! Want Eggo antwoord wreed: ‘Ek vrees van nee’ En somer sal maar barre winter bly! Is dit dan reg? Vorige Volgende