Suid-Afrikaanse volkspoësie
(1924)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekendBijdrae tot die Suid-Afrikaanse volkskunde
[pagina 171]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
III. Die dans.Bont van samestelling en bont van oorsprong, so het ons die piekniekliedere leer ken. Party is oud en stam uit Europa; baie weer is ongetwyfeld in Suid-Afrika ontstaan, en is as sodanig soms van heel resente datum. Van enkele het geblyk, dat hulle bes moontlik uit strooihuis of pondok herkomstig is, plekke waar die Afrikaanse taal sig op sy platste in woord en beeld openbaar. Daarnaas tree weer liedere op kersvers en pasklaar uit Engeland geïmporteer; maar tog ook wel met gedeeltes daarin deur leuke, onboekerige verafrikaansinge oorwoeker. Ons pieknieklied is inderdaad 'n gebied, waar drie kulture deur mekaar heen warrel en ineenvloei tot 'n sonderlinge, soms haas grillig bonte mengelmoes. Die binnedring van Hottentotsliedjies tot die piekniekterrein vind ten dele sy grond in die aangebore demokratisme van die kind, wat met ewe veel plesier speel en sing met 'n klonkie as met buurman se seun; maar vir 'n groot gedeelte hang dit tog ook ten nouste saam met die oorsprong en ontstaan van ons Suidafrikaanse piekniek. Want, in werklikheid, ons piekniek is nie geheel en al die eksotiese plant waarvoor hy soms gehou word nie. Sy naam en die gewoonte om uit te trek buite stad of dorp stam weliswaar uit Engeland, maar sy inhoud is Afrikaans, ja, is niks anders nie as 'n voortlewing van iets wat vroeër by ieder bruilof en nuwejaarsparty tuis gehoord het. Terwyl die grotes binne ‘gedans’ het, het die kleintjies buite ‘draaispeletjies gespeel’, d.i. piekniek gehou. Inderdaad, die piekniek van vandag is gewoon maar 'n stedelike omvorming van die buitenshuisige gedeelte van die ou dansparty. Uit die nou verband, waarin dus die piekniek en die dansparty oorspronklik tot mekaar gestaan het, is seker die verhuising van soveel dansliedjies na die piekniekterrein te | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 172]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
verklare, immers dit was enkel die drempel van die deur wat die twee vroeër van mekaar geskei het! Maar verder - dieselfde verklaring geld ook vir die opname van die Hottentotsliedjies; meer as een van hulle was sonder twyfel op die repertoire van die Hotnotse speelman op bruilof of dansparty. Dit was 'n handige greep van die kerk en die kerkraad om by hulle bestryding van die dans die piekniek buite op die werf as veiligheidsklep oop te laat. Wie binne moes uitskei kon buite aansluit. Van hoe langsamerhand die danssaal leeg geword het, en almal - liewers 'n halwe eier as 'n leë dop - maar met die kinders op die werf gaan meedoen het, getuig Ons Klyntji van 1899 met 'n gediggie uit Heilbron, ‘Ons Nuwejaar’ deur Willem Leonard: - ‘Ons Klyntji’ dit is daarom waar,
Ons jonges kry dit al te swaar:
Di ou mense di is so froom,
En hou ons jonges in di toom.
Ons jonges kry nou nooit di kans
Om bitji Nuwejaar te dans;
Fans-lewe nog toen hul jonk was,
Toen dans hul op 'n stywe pas.
Die dae is verby, maar nie die onuitroeibare lus en lewe van die jeug nie: - Ons was 'n heel boel bymakaar.
En speulGa naar voetnoot1) toen op di nuwejaar
Feul spulletjiesGa naar voetnoot1) tot ons fermaak;
Ons het geraas dat dit so kraak.
Di spulletjies di was gewees
Soos jy dit nou hiir af sal lees;
Di knikker, pantspel, afronteer,
Resiis en riimspring en feul meer.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 173]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
En praat ni fan di ‘Froege Roos’Ga naar voetnoot1)
Wat jou laat sweet al word jy boos,
Dan was daar oek di ‘ly en gly’
Kapatertji dan oek daarby.’
Dit het in die dae van voor die oorlog nog heeltemaal nie vir 'n uitgemaakte saak gegeld nie of draaispeletjies wel toelaatbaar was. Hier in Heilbron was die strengere opvatting seker die heersende, want nie alleen kom op die program híerbo g'n enkele ring- of rydans voor nie - behalwe die ‘Patertjie’, meer 'n soenspeletjie as 'n dans - maar die jongelui gaan boonop nog met 'n gevoel na huis, asof hulle enkel met hulle ‘speel’ miskien al 'n berisping verdien het: - ‘Hul kan dit fer gen sonde hou
Omdat ons so gespeul het nou,
Want 'n mens se lewe is mar kort
En wi weet wat fan ons kan word.
As ons daar in di graf dan lê,
Dan kan ons nageslagte sê:
Daar leg hy in di dipe gat,
Mar tog hy het plesiir gehad.
Dit is wel tiepies dat ‘Ons Klyntji’ hierby aanmerk: ‘Mar lewe 'n mens dan net fér plesiir?’ 'n Gediggie soos die hierbo is 'n indikasie van die kant waar die wind vandaan waai; 'n bewys dat die boeredans - wat, tussen hakies, vandag nog nie dood is nie - aan die einde van die vorige eeu al iets van die verlede was, dit lewer die gedig volstrek nie. 'n Ander liedjie in daardie tyd gedig mag al 'n enkele keer melding maak van, ‘Kom fat jou goed Ferrêra fat,
Kom fat jou goed en trek!’
maar hoofsaak is so'n draaispeletjie tog nie op die ‘Twefontynse Bruilof’ nie, juis ook met 'n NuwejaarGa naar voetnoot2), waar daar ‘rondgedraai’ word: | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 174]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
‘Fan Dinsdag dri uur namiddag
Tot Woensdag hoenderkraai’.
Hoe dieper dit die nag in gaat, hoe vroliker word dit. ‘Neef Kootji speul so hard hy kan,
Dat di akkorjon steun’.
Al wat leef is in die baan, oud, jonk, groot en klein. Ons kry selfs 'n kykie in die program: - ‘Dog wat di knapste het gedans
Was Krog, 'n poliisman;
Hy trap di polkaGa naar voetnoot1) en kwadrilGa naar voetnoot1)
Soos net mar hy dit kan’.
Die een bruilofsbeskrywing het miskien die ander uitgelok, want in O.K. jrg. 1899 volg daar nog verskillende. In verband met die van ‘Koos Tuit en Tryn fan Graan’Ga naar voetnoot2) het almal hunkerend uitgesien na die op hande synde feestlikheid ‘om daar weer te dans dat di kolstofGa naar voetnoot3) uitslaan’. Soos heel dikwels is dit die keer die viool wat die maat aangee: ‘Toen stryk Daan net fluks op sy fijool,
En speul wat hy ken en geleer het op skool:
Di polka, katriiltjiis en ook kottegonsGa naar voetnoot4).
Di jong klomp dans toen dat dit klap en ook gons.’
So word die baan die aand geopen na 'n maaltyd op ‘kalkoene’, ‘patattas’, ‘pampoene’, ‘terte’ en ‘lekker komfyt’. Maar ook na die middagmaal met sy skaap-, bees-, vark-vleis en drank was daar al druk gedans: - ‘So fang ons dan an met 'n jolli katriil
En daarna folg frolik di hotnotse riilGa naar voetnoot4)’
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 175]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Op ‘Di Bruilof fan Flip Kotsee’Ga naar voetnoot2), deur iemand uit die Distrik van Steynsburg ingestuur, vind ons so ongeveer dieselfde programma weer trug; ou Oom Machiel speel 'n ‘wals’, 'n ‘riil’ en ‘polkas’. Maar dit is nie genoeg nie; eindelik word hy nog aangespoor: - ‘Speul an ou kêrel! Speul Machiel!
Ja, speul fer ons di hotnotsriil’.
Vir die binnedring van Hottentots-liedjies binne die gewone programma's van die dans - daarvoor was die omstandighede besonder gunstig. Die speelman, dikwels 'n Hotnot of Bolandsjong, soos reeds vroeër opgemerk, kon slegs lewer wat homself die beste bekend was, en die dansers se eise het dikwels nie bo die van tyd en maat uitgegaan nie. Dit is miskien gedeeltelik te wyte aan hierdie toestand van sake dat baie van die ou dansliedjies, wat mens hier en daar nog teëkom, aller primitiefs van inhoud en vorm is. Hierdie karakter vertoon o.a. 'n ‘gallop’ uit die Suid-Oos-Vrystaat: -
Strykystervoet soos dassie.
Stryk - ys - ter - voet soos das - sie, Deur-skyn oor soos
has-sie, Rooi oog soos lewer,Ga naar voetnoot1) Bakstert soos meerkat.
Van dieselfde pot nat is miskien ook die volgende wals (katriel?): - Draai, bobbejaan! Draai, bobbejaan!
Oubaas kom aan!
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 176]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Al om die boom, al om die boom,
Oubaas kom aan!Ga naar voetnoot1)
Die name van Hottentotsdanse kom vandag meer as curiosa in ons taal voor as dat die gros van mense dit ooit sien uitvoer het. 'n Enkele keer word hulle ook in die literatuur genoem; so dans die spoke in ‘Klaas Geswind en sy perd’Ga naar voetnoot2) nog op die egte Hotnotse trant: Hul dans daar rond dat dit so gons,
Gên ouderwetse cottiljons,
Maar eers ‘Alexander Klipselmander’Ga naar voetnoot3)
Trap hul algaar met elkander,
Toe was dit weer die ‘hondekrap’Ga naar voetnoot3)
Totdat die sweet so van hul tap.
Of - soos mens miskien sou wil veronderstel - ‘Alexander Klipselmander’ ook 'n teks had soos die ‘Hoppidaai’, wat skyn te bestaan slegs uit eindelose herhalinge van ‘Gooi die hoppidaai in sy laai’, dan wel of dit 'n dans was, soos die ‘hondekrap’, wat, vergesel van die beweginge van 'n hond wat krap in die grond, sonder 'n vaste begeleiding en op één plek gedans, soms kon voortduur totdat daar 'n gat in die aarde wasGa naar voetnoot4), dit kon ek nie met sekerheid te wete kom. Die volgende liedjie, egter, wat ek nog van my vader het, kon bes as tietel voer ‘Alexander Klipselmander’. Sou dit miskien nog die dansteks bevat? In elk geval, enkel om die aardige melodie al, verdien die lied sy opname hier: | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 177]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Daar onder in die Breerivier.
Daar onder in die Breerivier Daar was my plesier, Daar loop die otters
paar aan paar, Mannetjie en wyfie by - me-kaar Alsander Klipselmander. Mat-
thewis, Thewis die bokkie, En Jannie sit op die toppie En Dawid maak die joppie.Ga naar voetnoot(3)
Van die Afrikaanse dans sê Schonken (bl. 48): ‘De dansen zijn dezelfde als in Europa: de Wals, Lanciers, Sir Roger de Coverley, Pas de Quatre, Mazurka, de Polka en Schots (seties) zijn ouderwetsch; de Quadrille werd vroeger “horrelpijp” genoemd (nog in Transv.) of “konterdans”; de Cotillon werd verbasterd tot “koddeljons”, Polka heette “geelbek” (d.i. een soort zalm) naar de woorden van een daarbij gebruikelijk liedje: Al is die geelbek nog so pap, dis goed om frikkadel te kap’Ga naar voetnoot1). Ons kan by hierdie opsomming nog voeg die ‘Riel’ en ‘Polonys’ (Polonaise)Ga naar voetnoot2); van die Gallop het ons al vroeër 'n voorbeeld gehad.
Mens kan g'n duidliker beeld kry van hoe ver die uitsterwingsproses van die ou danse al gevorder is nie, as wanneer mens probeer die tekste van korte, alleen staande danse op te spoor. Heel dikwels ook is, selfs waar 'n teks nog te vinde is, die naam van die dans waarby hy gebruik was, onbekend. Hier volg nou enige van die liedjies: | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 178]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
I. Pollie Witvoet.
Pol-lie wit-voet, Pol-lie wit-voet, Pol-lie wit-voet, staan so! Pol-lie
witvoet, Pol-lie witvoet, dan draai ek jou so! Dan draai ek jou
so! Dan draai ek jou so! Pol-lie wit-voet Pol-lie witvoet, Pol-lie
witvoet, staan so! Pol-lie witvoet Pol-lie witvoet, dan draai ek jou so!
(Petrusburg.)Ga naar voetnoot1)
2. Jan Pierewiet.
Jan Pierewiet staan stil,
Dat jou beentjies so dril!
Dan swaai ek jou so!
Dan draai ek jou so!
Kan jy hotom ook draai?
Kan jy haarom ook swaai.
(Bethulie.)Ga naar voetnoot2)
Oompie Lodewyk.
Oom-pie Lo-de-wyk. Oompie Lo-de-wyk, waarom drink jy so brandewyn?
Oor dit jou nie traak, Oor dit lek-ker smaak, Daarom drink ek so brandewyn.,
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 179]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
4. Griet slag 'n kat. (Pas de Quatre.)
Griet slag 'n kat,
En Nel verkoop die vel,
Nel verkoop die vel
Vir 'n troumanel.
(Zastron.)Ga naar voetnoot1)
5. Swartskaap. (Pas de Quatre.) (Vertaling van die Eng. ‘Ba, ba, black sheep, have you any wool?’)
Swart skaap, swart skaap, hoeveel wol het jy? (bis)
Een vir my ounooi, een vir my oubaas,
Een vir die nonnie, een vir die basie,
Soveel wol, soveel wol, soveel wol het ek.
(Zastron.)
6. Dis swaar om met die jong bok te jol.
Dis swaar om met die jong bok te jol! (bis)
Andjie September, jou vinger is vol gember!
En dis swaar om met die jong bok te jol.
(Kakamas.)
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 180]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
7. Polka hier en polka daar ('n Polka?).
8. So hier en daar jou doringblaar.
So hier en daar jou doringblaar,
Waarom maak jy my hart so naar?
So hier en daar jou ou kataar,Ga naar voetnoot2)
Die ou kataar is kant en klaar
Eer julle oud word, stom en grys,
Het ek julle die ou kataar gewys.
So hier en daar die ou kataar,
Die ou kataar is kant en klaar.
(Albertinia.)
9. Al wat suur is sal ons soet maak.
ad. int.
Al wat suur is sal ons soet maak, Al wat soet is sal ons suur maak.
(Zastron.)
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 181]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
10. My hart is so seer.
My hart is so seer! My hart is so seer! My hart is so seer! En ek han tog nie(t) meer.
(Petrusburg.)
11. O, was ek maar dood! (Op 'n bekende wals-melodie.)
O, was ek maar dood!
Dan was die pyn in my hart nie so groot. bis.
(Petrusburg.)
12. O, brandewyn laat my staan!Ga naar voetnoot2) (Op 'n bekende wals-melodie.)
O, brandewyn laat my staan! (3 maal)
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 182]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
13. Meisiesfontein, jou ware fontein.
Meisiesfontein, Jou ware fontein. Daar loop 'n stroom wyn, So dik as my duim.
(Petrusburg.)
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Wie die danse wat sover meegedeel is goed beskou sal veral getref word deur die eenvoudigheid van vorm en die | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 183]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
geringe proporsies van die meeste daarvan. Sommige bestaan uit haas niks anders as twee eenvoudige reëltjies wat herhaal word soveel keer as die melodie dit vereis.Ga naar voetnoot1) Meerstrofige dansliedjies kom nietemin ook voor; die vorige is 'n bewys daarvan. In baie gevalle is hierdie veelheid egter slegs skyn en is koeplet 2, 3 ens. net 'n verdubbeling van die eerste. Besonder vatbaar vir uitbreiding is epiese, veral epies-erotiese liedjies. Die serie dansliedjies wat ek nou gaan behandel en wat ek kortheidshalwe die ‘Oorkant-die-spruit-liedjies’ sal noem, het veral deur verdubbeling tot 'n groot kompleks gegroei:
Oorkant die spruit is 'n goudgeel blom.
Oorkant die spruit is 'n goudgeel blom. Hoe moet ek maak om daar te kom? Die ri-
vier is vol en die traneGa naar voetnoot(2) rol Die kolperd sal die brug om hol.Ga naar voetnoot(3)
(Petrusburg.)
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 184]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
So'n versie, eenmaal in die geheue geplant en dikwels by die dans gesing, gaat onvermydelik groei: - 1.
Oorkant die spruit daar woon 'n blom.
(Dit is 'n mooie goudgeel blom).
Hoe sal ek maak om daar te kom?
Die rivier is vol en die trane rol;
Die bloues sal die weg om hol.
2.
Die pad is swaar en die perd is maar;
Baie jonkmans pla haar daar.
Die deur kan wees van yster en staal.
Maar ek gaan haar daar dwarsdeur haal!
(Die deur kan wees van yster en blik,
Maar ek gaan haar daar dwarsdeur knik!)Ga naar voetnoot1)
Die en die met die pêrels om die nek,
Die en die het my lewe getrek;
Die en die met die strikkies voor die bors,
Die en die het my lewe gekos;
Die en die met die strikkies op die skoen,
Die en die het lekker gesoen.
4.
Die bruin perd met die kol voor die kop,
Die jonkman sit met plesier daarop;
Die wit sakdoek in die linkersy,
Dit lyk of hy na my kom vry.Ga naar voetnoot3)
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 185]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
5.
Pietersielie jou groene kruid,
Aankomde jaar is ek 'n bruid;Ga naar voetnoot1)
O gonna en die rooi nonna,
Julle moenie denk dis julle goed nie.
(De Aar, maar waarsk. vroeër daarheen uit die Middelveld.)Ga naar voetnoot2)
Interessant as voorbeeld van hoe daar kon gevariëer word op die eerste vers, is 'n ander redaksie:
Die rivier is vol en die trane rol.
1. Daar onder in die spruit daar woon 'n nooi,
Sy was nie ryk maar sy was mooi;
Haar dres was wit en haar lint was blou,
Dit lyk mooi sê ek vir jou!
2.
Daar oorkant die spruit daar staan 'n dam,
Daar gaan ek my was en kam;
Oorkant die dam daar staan 'n bos,
daar gaan gee ek my bruin perd kos.Ga naar voetnoot3)
3.
Oorkant die bos daar staan 'n bloekomboom,
Daar gaan hang ek my saal en toom;
In die hoek van die huis daar staan 'n roos,
Daar gaan ek my soetlief troos.Ga naar voetnoot4)
4.
Al is die huis van yster en staal,
Die bruin perd gaan haar daaruit haal;
Die rivier is vol en my trane die rol,
Die bruin perd moet nog die brug om hol.
Toe maar ou bruine, ek weet jy is goed,
Vanaand gaan ons die blouoog groet.
(Dealesville).
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 186]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Suiwerder van vorm seker as die versies hierbo is 'n redaksie van ons liedjie meegedeel in Ons Klyntji III, Maart, 1898, bl. 10-11. Die lesing uit die distrik van Rouxville daarnaas bewys dat die lied vandag nog in so goed as dieselfde vorm voortbestaan: - | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 187]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Wat miskien die skrywer in Ons Klyntji op die idee gebring het om die liedjie van ‘Oorkant die Spruit’ in sy skets, Wat geld kan doen, op te neem, was die boek van B.H. van Breemen, reeds aangehaal, wat sestien jaar vroeër verskyn was, en waarin, ook by die beskrywing van 'n dansparty, enige koeplette uit ongeveer dieselfde versie van ons liedjie eweëens meegedeel is. Die wals is net uit en word byna onmiddellik opgevolg deur 'n ‘Schots’. ‘Nu verandert ook de zang, want Hendrik begint, waarschijnlik van pleizier, dat hij met zijn mooi nichtje danst, lustig op te halen: - | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 188]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
‘Oompie, oompie, dat is waar,
Zonder 'n nooie is al te zwaar;
en het koor valt lustig in: ‘Papa, mama mag me maar slaan,
'k Zal die nooie nooit laat' staan.’
Waarop een paar stemmen voortgaan: ‘Jy kan zê wat jy wil zê,
Die nooie met die lokhaar' wil ek hê.’Ga naar voetnoot1)
Maar andere stemmen antwoorden spottend: Rondgereê' en rondgevreê,
En thuis gekom en niks gekree'.’Ga naar voetnoot2)
Wat so in die wilde op die vlaktes gesing was het dus selfs tot buite die grense van ons eie land deurgedring. Nog meer bekendheid, as aan hierdie min of meer suiwere versies, het aan die lied tebeurt geval in 'n ander redaksie waar daar sterk mee geknoei is. Dit is nl. die liedjie van ‘Ou Tante Koos’, wat uit die Hollands-Afrikaanse Liederbundel verzameld door Dr. N. Mansvelt ook in Nederland vry algemeen bekend geraak het. ‘Ou Tante Koba’ - om die meer algemene tietel te gebruik - skyn op sy eie gebied meerstrofig en sonder refrein te gewees. Een-strofig is dit in 'n versie uit Albertinia: Ou Tante Kowa is so dom
Sy roer haar koffie met haar groottoon om.
Ou Tante Kowa raak in die nood,
Vyf kalkoene en 'n hoenderhaan dood.
'n Versie uit Petrusburg is ongeveer gelyk aan die een, maar het tog al 'n refrein: Ou Tanta Koba, sy is so dom,
Sy roer haar koffie met haar groottoon om.
Ou Tanta Koba, sy is in die nood,
Haar ou kalkoen is al drie dage dood.
Ref. Dis nie myne nie, dis nie joue nie,
Dis anderman se goed waar julle oor dwing;
Anderman se koffie, anderman se tee,
Anderman se dogter draai julle mee.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 189]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Dit skyn eintlik 'n bruilofsbeskrywing te wees, die lied van ‘Ou Tante Koba’; ten minste dit sou mens uit 'n derde, Smithfieldse, lesing kan aflei: Ou Tanta Koba die was so bly
Toe sy weer 'n skoonseun kry;
Haar tafel staat so opgedres,
Vier skottels rys en 'n halwe fles.
Die dooie kalkoen en die rooi hoenderhaan
Was so taai, ons moes laat staan.Ga naar voetnoot1)
Die eerste helfte van die refrein by die Petrusburgse redaksie hierbo vorm die bindstof, wat die brokke aan mekaar heg, waaruit die versie van ‘Ou Tante Koos’ in die bundel van Dr. Mansvelt saamgestel is. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ou' tante Koos.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 190]

Lang is di seun en kort is sij pa,
Mooi is di dogter en lelik is haar ma.
D'is te ver om te loop en te na om te rij,
Hoe sal ik maak om di blom te krij?
D'is ni mijne ni, enz.
3.
Bo' op di berg daar staan 'n blom,
Ik weet ni hoe te maak om bij te kom.
Mijn perd is dood en mijn os is lam,
D'is 'n anderman se goed, waar jij om kam(p).
D'is ni mijne ni, enz.Ga naar voetnoot1)
Dat ons hier te doen het met famielie van ‘Oorkant die spruit’ is uit die gekursiveerde reëls sonder meer al duidlik. 'n Juiste begrip van hoe die hele konglomoraat saamgestel is eis egter dat ons eers 'n oomblik stilstaan by die refrein of groepie refreins, waarvan enkele lede hierbo optree. Besonder leersaam is hier 'n versie van die bekende Engelse ringdans, There's a rose in the garden, meegedeel by BP. I bl. 36: - There's a rose in the garden for you young man,
There's a rose in the garden for you young man,
So choose the lady with the white dress on.
Some like coffee, some like tea,
Some like a pretty girl just like me.Ga naar voetnoot2)
Ref.: Ander man se koffie, ander man se tee;
Ander man se dogter, die draai julle mee.Ga naar voetnoot3)
Dis nie myne nie, dis nie jouwe nie,
Dis ander man se goed, waar julle om stry.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 191]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Hoog is die solder, laag is die vloer,
Mooi is die dogter en lelik is die moer.Ga naar voetnoot1)
Hoender, kop-en-pootjies en tamatie-slaai,
Dis die noointjie, wat ek mee wil draai.Ga naar voetnoot2)
As 'n soort vertaling van die Engelse liedjie se laaste twee reëls, wat tweemaal moes gesing word, of as pittige teenhanger daarvan, is seker die eerste van die Afrikaanse refreinegroep ontstaanGa naar voetnoot1). Was dit miskien die laaste reël van refrein No. 2 wat die vertalende dansers die idee aan die hand gegee het om ‘anderman’ ook in No. 1 aan te wend? Soveel is seker, ‘Dis nie myne nie, dis nie joue nie’, ens. kom soms as dansliedjie selfstandig voor: ‘Dansliedjie’.
1. Dis nie myne nie, dis nie joue nie,
Dis anderman se goed wat julle om soek!
2.
Dis nie myne nie, dis nie joue nie,
Dis anderman se ding, waar julle om dwing!
3.
Dis nie myne nie, dis nie joue nie,
Dis anderman se reg waar julle na veg!
4.
Dis nie myne nie, dis nie joue nie,
Dis anderman se vrou, wat julle wil trou.
(Zastron.)
Die heterogene karakter van ons groepie tree nog beter aan die dag wanneer ons Nr. 3, ‘Hoog is die solder, laag is die vloer’, eens goed beskou. Want hierdie skynbaar so op-en-top Afrikaanse rympie is - incredibile dictu - nie oorspronklik Afrikaans nie, maar uit Nederland afkomstig, waar dit o.a. deel uitmaak van die volgende spotrym: - | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 192]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kaatje moe' gaan koolen stoven!
Hèt (hout) lag op den zolder,
Hoog is de zolder,
Leeg is de vloer,
Schoon is de dochter, leelijk is de moer!
't Is van Kaatjes koolen,
Kameraadjes,
't Is van Kaatjes koolen!
(Hamme - Volk en Taal I, 61; aangehaal by CT. VIII, 43)Ga naar voetnoot1)
'n Ras-Afrikaner daarenteen is ‘Hoender, kop-en-pootjies’Ga naar voetnoot2). Aan die vier lede, wat ons sover leer ken het, 'n baster Engelsman, twee Afrikaners en 'n Hollander, het ons refreinegroep egter blykbaar nog nie genoeg gehad nie. Ons kan hulle bes vergelyk met 'n troep rondtrekkende werksvolk of musikante; oral het hulle in diens getree; maar tog liefs by die famielie van Oorkant-die-spruit. In hulle omswerwinge deur die wêreld het die troepie vagabonderende refreine, of enige daarvan, aangeland by Sy 't vaalhare en blou o(g)e. Sy 't vaal hare en blou o(g)e
Sy is die pollie wat ek wil hê!
Ref. 1. Dis nie myne nie, ens.
2. Anderman se koffie, ens.
(Zastron)
Met hulle trek na elders toe sleep hulle nou ook hulle gasheer mee: -
En waarom nie gesê nie.
En waarom nie gesê nie,
Dat jy my nie wil hê nie?
En nou is dit te laat
Om die sakies reg te praat.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 193]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ref. I Sy het vaal hare, ens.
II Dis nie myne nie, ens.
III Anderman se koffie, ens.
(Zastron.)Ga naar voetnoot1)
So skyn hierdie professionele refreine steeds in getal toegeneem te hê; die laaste drie doen in Zastron ook nog diens by twee ander liedere, die bekende ‘My ma 't gesê jy kan my kry’ en een van die versies van Wilhelmien (sien bl. 201, v.). Ook by ‘Ou Tante Kota’ het 'n klompie aangeland. Dit blyk uit die Petrusburgse versie (bl. 188). Eén daarvan is in die redaksie by Dr. Mansvelt (bl. 189) refrein gebly; 'n ander, 'n variant van ‘Hoog is die solder, laag is die vloer’ het tot sig getrek die laaste twee reëls uit die eerste koeplet van ‘Oorkant die spruit’, of liewers, ook weer van 'n variant daarvan, wat in hoofsaak gelyk was aan die een uit Ficksburg hieronder. Die verloop was ongeveer die volgende: I. Ou Tante Koos (d.w.s. nog as alleenstaande lied) het 'n dubbel refrein gekry: - 1.
Dis nie myne nie, Dis nie joune nie,
Dis anderman se goed waar jy om stry.
2.
Lang is de seun en kort is sy pa,
Mooi is die dogter en lelik is die ma.
II. Hierby het hulle nou 'n versie van ‘Oorkant die spruit’ gesing wat ongeveer so daaruit gesien het: | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 194]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Koepl. 1.
Bo op die berg daar staan 'n blom;Ga naar voetnoot1)
Ek weet nie hoe te maak om by te kom;
Dis te ver om te loop en te na om te ry;
Hoe sal ek maak om die blom te kry?
Wat nou gebeur het is dit: refrein 2 van ‘Ou Tante Koos’, n.l. ‘Lang is die seun, ens.’, het by koeplet 1. van die ander liedjie, nl. ‘Bo op die berg, ens.’ die eerste twee reëls verdring. Hierdie twee reëls het toe te lande gekom voor die volgende koeplet, wat as beginreël had: ‘My perd is dood, ens.’ Laasgenoemde werd toe behou as derde reël van die nuwe vers, terwyl as vierde moes dien die laaste reël van Ref. nr. 1. Die lied ‘Bo op die berg’ het dus die volgende vorm gekry: - | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Koepl. 1.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Koepl. 2.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 195]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Met ‘Ou tante Koba’ is daar dus sterk geknoei. Ook nog met ander liedjies van hierdie groep is dit nie altyd pluis nie. Welbekend is die vroeër reeds genoemde,
My ma (he)t gesê, jy kan my kry.
My ma 't gesê jy kan my kry
So lank as jy in die Vrystaat bly;Ga naar voetnoot1)
Maar as jy na Transvaal toe trek,
Dan laat jy my so op die plek.
Ref. 1. Sy 't vaal hare, ens.
2. Dis nie myne nie, ens.
3. Anderman se koffie, ens.
Hierdieselfde liedjie, of 'n variant daarvan altans, tree ook weer op in die eerste vers van Volstruis is dood. Die twede koeplet word vir ons nou so langsamerhand 'n ou bekende. Hoe die perd se pote van yster en staal kom? Ons eerste paar redaksies van ‘Oorkant die spruit’ sal dit wel verklaar.
Volstruis is dood.
Volstruis is dood en die een is duur;Ga naar voetnoot2.)
Die swarthaar nooie het my 'n brief gestuur.
As jy die blesperd ry,
Kan jy na my kom vry;
Maar as jy die blesperd wil verkoop,
Dan kan jy gerus na jou swernoot loop.
2.
Die riviere is vol en die trane die rol,
Die blesperd sal by die brug om hol,
Al is sy pote van yster en staal,
Maar dwars deur die Vrystaat sal hy dwaal.
(BP. II bl. 151.)
In nog 'n ander lied, uit die Distrik van Rouxville, vind ons meer as een van die verse trug wat ons so langsamerhand leer | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 196]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
ken het. Hulle behoort klaarblyklik nie almal, soos hulle hier staan, by mekaar nie; die feit egter dat hulle in dieselfde lied optree is weer 'n sterk bewys, dat hierdie danse één melodie had, wat hulle tot één groep verenig het. Variante van meer as een koeplet van die lied uit Rouxville is vroeër al deur Boshoff en du Plessis as selfstandige liedere uitgegee.
Wie kom daar in die vaal pad aan.
1. Wie kom daar in die vaal pad aan?
Dis gewis my soetlief dan.
Ronde, ronde kommetjies,
Bamboesberg se blommetjies.Ga naar voetnoot1)
2.
Die bruin perd met die kol voor die kop;
Die jonkman van plesier daarop.Ga naar voetnoot2)
Al woon sy daar ver in Transvaal,
Die kolperd sal haar daar gaan haal.
3.
So lang as jy met die wapen ry,
Dan kan jy na my kom vry;
Maar net so gou as jy hom laat staan,
Dan kan jy maar na jou moer toe gaan.Ga naar voetnoot3)
4.
Die kolperd sal die skraal nooi daar gaan haal
Al is sy agter yster en staal;Ga naar voetnoot4)
Al woon sy in die verre land,
Sy draag my ring aan haar linkerhand.
5.
Appel, wappel wit papier,
Die deurtrapper van GrootrivierGa naar voetnoot5)
Al is sy op die hoogste berg,
Ek sal haar daaruit gaan veg.
6.
Die boom sal bloei, die blaar sal val,
Die kolperd sal haar daar gaan ha(a)l.
Al is sy agter yster en klip,
Die kolperd sal haar daaruit gaan ruk.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 197]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Waar moet eintlik die grens getrek word tussen dans en minnelied? Vir die dansers self het so'n grens seker noueliks bestaan. Van die liedere, wat ek so net behandel het, kan die gros net so goed onder die minne- as onder die dans-liedere ingedeel word. Die dans is immers altyd die fees van die liefde gewees. ‘My bruin oge’, een van die liedjies, in September 1897 onder die ‘Afrikaanse Liidjiis’ in Ons Klyntji verskynGa naar voetnoot1), pas weer heeltemaal in die kring van ‘Oorkant die spruit’. Dieselfde ruiter met dieselfde bruin perd het ons hier ook weer: -
My bruin oge.
1. As ek mag siek word en ek mag sterf,
Die bruinoog kan dan die bruin perd erf;Ga naar voetnoot2)
Ja sy kan dan die bruin perd kry,
Lang het ek met hom na haar gevry.
2.
Die geel kolmas en die rybroek aan,
Die rooi perd loop op die reisiesbaan;Ga naar voetnoot3)
Die rooi perd loop aan die stang en kou,
Maar die bruine het sy heer behou.
3.
Die en die met die strik in die sy,Ga naar voetnoot3)
Die en die is die Pollie van my,
Die en die met die pêrels om die nek,
Die en die is ek baing na gek.
4.
Die en die met die strik voor die bors,
Die en die het my lewe gekos,
Die en die met die strik op die skoen,
Die en die het ek al te graag gesoen.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 198]

Die en die met die strik op die mou,
Die en die wil ek dol graag trou,
Die en die met die pluim op die hoed,
Die en die is my eie goed.
6.
Ek is my ma se enigste kind,
Ek waarom sal ek my nou al verbind?
Julle kan ry en julle kan sing,
Lang sal julle om my moet dwing
7.
Sit ek vanaand aan die Witwatersrand,
Dan sê ek die ring is my troupand.
Sit ek vanaand in die Basterland,
Dan druk ek die ring aan Pollie se hand.
8.
Ek is die man wat die bruin perd ry,
Ek is die man wat jou sal kry;
Ek is die man wat die bruin perd ry,
Ek is die man wat vir jou sal kry.
(Ingestuur deur R.V. van Steynsburg vir publikasie in ‘Ons Klyntji’ II bls. 151; die spelling deur my gewysig.)
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 199]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Dis nogmaals 'n jonkman met 'n perd wat die lied van ‘Jannie Witkop’ ons skilder. Die eerste vers - ons het hom al leer ken as beginstrofe by een van die redaksies van ‘Oorkan die spruit’Ga naar voetnoot1) - kom ons hier nog daaraan herinner dat Jannie van die famielie is, al is dit dan maar ver langs. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Jannie Witkop.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 200]

[pagina 201]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
So min of meer 'n Jannie-Witkop-figuur skyn ook die jonkman van ‘Wilhelmien’, weer 'n lied waarvan die aanvang sterk aan die van party redaksies van ‘Oorkant die spruit’ herinner. Enige refreins, wat ons al leer ken het as tieperend vir hierdie groep, ‘Sy het vaal hare, ens.’, ‘Hoog is die solder, ens.’, selfs ‘Ek is die man, wat die wit perd ry’, tree ook by versies van hierdie lied op. ‘Wilhelmien’ was vroeër stellig 'n dansbegeleiding: in 't versameling liedjies uit Heilbron word dit ook so genoem. I. Willemien.
(Heilbronse lesing.) Daar bo op die berg woon 'n ou man,
Sy naam gaan by ons rond as oom ryk Jakob Malan;
Hy woon daar op die berg met sy dogter Willemien,
'n Noointjie so mooi as jy ooit nog wil sien!
En as ek die kuiltjies in haar wangetjies siet,
Waar die God van die Liefde sy pyltjies in skiet,
Dan sê ek: ‘Willemientjie, as ek jou tog kan kry,
Dan word die ou wêreld as 'n hemel vir my!’Ga naar voetnoot1)
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 202]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
II. Wilhelmien.
'n Fragment het Boshoff en du Plessis indertyd in hulle redaksie van die liedjie vermoed; die Heilbron en Zastronse redaksies bewys dat hulle hierin gelyk had. En, tog, ook selfs met hierdie lesinge, is die laaste woord oor die lied nie gesê nie. Onder die seer talryke variante is daar heelparty wat nog ekstra feite meedeel. Een uit Dealesville voeg na die gebruikelike einde, ‘Dat ek Wilhelmientjie tot 'n vroutje mag kry,
Dan word die ou wêreld soos 'n hemel vir my’,
nog twee reëls toe: - ‘Ek was 'n gek om sy dogter te vra,
Dat hy my met sy honde van die plaas af ja.’
Ook 'n variant uit Natal (Nondweni) het hierdie slotreëls: ‘En toe ek die oubaas om sy dogter vra,
Toe word ek met brakke van die werf af geja.’
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 203]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Soms egter tree hierdie reëls ook vroeër as die slot op, en verneem ons tewens wat die vlug van die jonkman voorafgaat: ‘Toen ek opstaan om haar te gaan vra,
Toe vlieg daar met eens 'n klont in my keel;
Ek sluk en ek sluk en ek hou my kordaat,
Maar dis verniet, geen woord kon ek praat.’
So lui 'n Rouxvillese lesingGa naar voetnoot1) en so ongeveer ook 'n twede uit Natal.
Dit spyt 'n mens werklik hierdie brakke-geskiedenis aan die lied van ‘Willemientjie’, die mooiste onder al ons dansliedjies, te moet knoop. Dis te hope dat dit maar 'n later toevoegsel is. Is dit nie die geval nie, dan moet ons konkludeer dat ons in g'n een van die baie variante, waar die geskiedenis in voorkom, 'n ongeskonde versie van die lied oor het nie. Miskien het die twee reëls, waarmee die lied gewoonlik eindig, soms die karakter van 'n refrein gehad en was dit ook na die eerste koeplet gesing. 'n Lied uit Vryheid, ‘Ons Kommedantjie’ opgebou uit brokke van die liedjie ‘Willemien’, laat ons vermoed dat dit wel die geval was. Oorspronklik sal die refrein by hierdie Natalse lied vermoedelik dieselfde vorm gehad het as die slot van 'n ‘Wilhelmien’-redaksie uit Ficksburg: O, hartjie! O, hartjie! as ek jou maar kan kry,
Dan is die ou wêreld soos 'n blomtuin vir my!
Ons Kommedantjie.
1. Ons het 'n kommedantjie, sy naam is Joubert;
Hy trek met ons stadig, hy trek met ons ver.
Ref. O, darling! O, darling, as ek jou maar kan kry,
Dan lyk die ou wêreld soos 'n blomtuin vir my.
2.
Haar haartjies gekruld en haar voetjies is kaal;
Ek denk aan my darling so ver in Transvaal.
Ref. O, darling! ens.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 204]

Die oues drink shandy, die jonges sampein,
Die nooiens drink whisky en die jonkmans drink wyn.
Ref. O, darling! ens.
4.
Toe ek die ou oom om sy dogter vra,
Toe werd ek die werf af met brakkies geja.
Ref. O, darling! O, darling! As ek jou maar kan kry,
Dan lyk die ou wêreld soos 'n blomtuin vir my!Ga naar voetnoot1)
Elemente uit die reeks van ‘Oorkant die spruit’ is soms ook sterk aanwesig in 'n lied wat, al na dat die aanvang is, die tietel dra van Die rooi span osse en die bont bokwa of Veertien rooibontes voor die wa. Dit eindig gewoonlik met een of ander lesing van 'n vierregelige vers wat by Boshoff en du Plessis (II bls. 146-7) selfstandig onder die minneliedere voorkom: ‘Voor op die wa sit die vaal-baard pa,
Agter in die wa sit die swart-haar ma,
Binne in die wa sit die vaal-haar nooi,
Met die buikplank pens ....
Ag, hoe lief het ek die meisiemens.
Die langer lied is as volg: - Veertien rooi-bontes voor die wa,
Sewe van my en sewe van pa;
Die hotagter hiet Afrika,
Die haaragter sal die disselboom draGa naar voetnoot2),
Die hot-op-vier die hiet Napier,
Die haar-op-vier die drink sy bier,Ga naar voetnoot3)
Die hot-op-ses is die rooie met 'n bles,
Die haar-op-ses die doen sy bes,
Die hot-op-ag die toon sy mag,
Die haar-op-ag die breek sy krag;
Die hot-op-tien die laat hom sien,
Die haar-op-tien die trek miskien;
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 205]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die hot-op-twaalf is die rooi koei se kalf,
Die haar-op-twaalf het die strop om die hals;
Die hotvoor die hiet Majoor,
Die haar en die leier het die pad verloor.Ga naar voetnoot1)
Voor aan die tou is die swarte kriek,
Agter aan die wa is die ysterbriek;Ga naar voetnoot2)
Voor op die wa sit die swartoog pa,
Agter in die wa daar sit my ma.
Die son gaan onder agter die Asvoëlberg,
Daar waar die noointjies nog sal erf.
(Ficksburg.)
Hoe seer hierdie lied binne die kader van die Oorkant-die-spruit-serie pas, bewys die slot van sommige variante, met name die uit Fauresmith, waar die kolperd nog eens sy verskyning maak: - Die wind kan maar waai en die stof kan maar trek,
Die kolperd weet waar is die omdraaiplek;
Hiervandaan na die modderige vlei,
Daar het ek laas met haar opgebly;
Hiervandaan na die Aasvoëlberg,
Daar moet ek my soetlief erf;
Jou pa kan slaan en jou in die Kolonie bly;
Maar ek gaan met jou in die Kolonie bly;
Die bruine met die kol laat die trane rol,
Die bruine met die bles laat die tannie dres.
My ma het gesê jy kan my kry
Solang as jy die kolperd ry;
Net so gou as jy die kolperd verlaat,
Dan kan jy na jou moer toe gaat.
Dit is aan die piekniekliedjie dat ons dadelik denk, wanneer ons sulke korte versies van ons lied teëkom as die volgende twee uit Ficksburg - tiepies hier ook weer die bekende ringdans-refreins van ‘There's a rose in the garden for you young man’: | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 206]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Redaksie I.
Rooi span osse!
Rooi-wiel-wa!
Môre gaan ons ouers vra!
Anderman se osse,
Anderman se wa,
Anderman se dogter
Is swaar om te vra.
Redaksie II.
Sestien swartes voor die wa;
Hotagter trek Afrika.
Voor in die wa sit die vaalbaard pa,
Agter in die wa sit die lokhaar ma;
Die meisie met die rietskraal buikplank-pens,
Daar lê die liefde van 'n meisiemens!
Rooi span osse! Rooi-wiel wa!
Môre gaan ons ouers vra!
Hoender, kop-en-pootjies en tomatieslaai!
Daar is die noointjies wat so lekker draai!
Die laaste koeplet van ‘Veertien rooi-bontes voor die wa’ is eerste vers by weer 'n ander lied. Ook nog verder die lied in is daar gedeeltes wat soms buite hierdie verband optree: - | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Vrystaatse Lied.1.
Voor op die wa sit my vaalbaard pa,
Agter op die briek speel my seun musiek.
Waarnatoe? Rhodesie toe!
Koffiewater kook! Rhodesie!
2.
Die Vrystaatse meisies die roep nog om wraak,
Hulle skop 'n man se ribbes dat dit soos 'n nuwe saal kraak;
Vrystaatse meisies hulle stink na rook;
Maties, hulle moet met die miskoek stook!
3.
Hier het ek 'n nooie om 'n kans gevra;
Sy wou my dadelik die huis uit ja!
Die kêreltjie die praat dat sy lippies so kraak!
Want ek wis, verlief moes sy nog raak!
4.
Nou, maties, waarom moet ek my dan skaam,
Om julle te vertel wat is my naam?
Wag nou net 'n kleine strook!
Pieter Johannes is ek gedoop;
5.
Jacobus is my derde naam;
My pa en my ma het dit so beraam.
Swanepoel, ja, daar's my van!
Ek kom met my stukkie soos 'n man!
6.
Daar ver in die wêreld, daar bly my nooi,
Haar lippies soet en haar wangetjies rooi;
Haar het ek lief soos vyekonfyt,
Kan ek haar nie kry nie dan sterf ek van spyt.
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 207]

Die hoed in die hand en die bulte oor,
Dis laas wat julle van my sal hoor!
Ek, Piet Swanepoel, die arme luis,Ga naar voetnoot1)
Ek leef op aarde vir 'n ander vir 'n kruis!
8.
Ek is 'n kêreltjie soos melk en bloed!
Noointjies verneuk, dit kan ek goed!
Daar's paddas in die dam, daar's kriekies in die vlei:
Annie, pas op, jy is verneuk met my.
9.
Want as ek jou so reg beskou,
Dan lyk jy vir my soos 'n stompstert pou:
Daar's paddas in die dam, daar's kriekies in die vlei:
Annie, pas op, jy is verneuk met my.
10.
As my ogies skyn soos 'n diamant wat blink,
Kan jou hart in die aarde sink!
Dan vra ek haar ma, dan vra ek haar pa:
Die twee oues skreeu gelykop: ‘Ja!’
11.
Ek is 'n kêreltje so dapper en skraal,
En kom met my liedjie uit die ou Transvaal.
My hande is lank en my voete is plat,
Maar ek is gebore in die ou Vrystaat.Ga naar voetnoot2)
(Kroonstad.)
Twee reëls, wat twee keer in ons lied hierbo optree, kom ons telkens om die mees onverwagte hoekies weer op af, wanneer ons eenmaal gaan dwaal deur die tuin van ons volkspoësie. Boshoff en du Plessis het dit onder hulle ‘Minneliedjies’ (bls. 165) in die volgende vorm opgeneem: - ‘Die paddas in die dam, die krieke in die vlei,
Dit sê ek jou darem: Jy is geflous met my!’
As samesmelting van ons liedjie met 'n versie van ‘Akkedissie, waarom trou jy nie?’ is vermoedelik die volgende lesing ontstaan: - Padda in die dam, kriek in die vlei,
Doring in die hart, dit steek vir my.
Kokkewiet, hoekom trou jy nie?
Koggelmander (ek?) kan nie vrou kry nie.Ga naar voetnoot3)
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 208]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Saam met 'n ou bekende van ons vooraan vorm dit in die Distrik van Heilbron 'n dansliedjie: - Hoender, kop-en-pootjies en tomatie-slaai,
Sannie het die koekies in die as gebraai.
Daar waar die son en die maan ondergaan,
Daar het ek vir laas my soetlief laat staan.Ga naar voetnoot1)
Kriekie in die dam en parras in die vlei,
Waar is die noointjie wat so lekker vry?
Met ‘Hoender, kop-en-pootjies’ kom ons liedjie al meer en meer in die teken van ‘Oorkant-die-spruit’ te staan, en laat dit vermoed dat ons hier tog ook weer eerder met 'n dans as 'n minnelied sal te doen hê. Verder verkeer ‘Daar waar die son en die maan ondergaan’ ook nog op ander plekke in verdagte geselskap: - Daar waar die son en die maan ondergaan,
Daar het ek my vaal-haar laat staan.
Julle kan sê wat julle wil sê,
Die vaal-haar nooie wil ek hê.
Voor haar deur staan 'n sypresboom,
Daar hang ek my saal en toom;
Agter die deur sit 'n mooi rooi roos,
Daar gaan ek my soetlief troos.
Ons is trug op die punt van uitgang; met die laaste ses reëls staan ons weer middel tussen die suiwere versies van ‘Oorkant-die-spruit’. Die liedere, sover aangehaal, put die groep, waartoe hulle behoort, voorwaar nog nie uit nie. Nog meer as een buite bespreking gelate lied stem met die reeds behandelde nou ooreen en vertoon dieselfde struktuureiënskappe; almal is hulle in meerdere of mindere mate samegestel uit kortere liedjies, baie waarvan dikwels ook selfstandig optree. Opvallend hoe verskillende variante van so 'n konglomeraat-lied uit ver afgeleë streke soms kon ooreenstem! 'n Bewys, tog, dat ons te doen het, nie met willekeurige sameflansinge van vandag nie, maar met vorme waaragter daar 'n tradiesie skuil. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 209]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
'n Verklaring vir hierdie verskynsel hoef ons nie ver te soek nie. Onder die dans werd die liedjies gesing selfs ook dan, wanneer daar instrumentaal musiek was om as begeleiding te dien. Wie die meeste verse by 'n bepaalde melodie kon ophaal, had kans om sy vorm van die lied te propageer, veral ook, daar juis hy die man was, aan wie gevra werd om in die ‘liedjiesboeke’ sy lied neer te skryf. So 'n lied werd dan van die een boek in die ander oorgeneem, en op die wyse na alle kanten versprei. Die tradiesie wat agter ons konglomeraatliedjies lê, is dus dikwels selfs 'n literêre gewees. Van al ons volksliedere is miskien die serie Oorkant-die-spruit die mees nasionale, en in baie opsigte die belangrykste. Soms, soos in die versies waar die kolperd en sy baas geskilder word, nader die volksliedjie selfs die gebied van die poësie, soos ons moderne kunsdigters en kunskritisi die wil opgevat hê. Met al ons superieure middele is dit aan niemand van ons nog geluk die ideale Boere-jonkman so skitterend in sy jonge krag te teken as in die eenvoudige versie: - Die bruin perd met die kol voor die kop,
Die jonkman sit met plesier daarop;
Die wit sakdoek in die linker sy,
Dit lyk of hy vanaand gaan vry.
So 'n jonkman moes wel in ons ‘Afrikaanse middeleeue’ die ideaal gewees het waar al die seuns na gestreef, en al die noointjies oor gedroom het. As die tye nie te ryp was nie, en ons volkslied het sig tot kunslied kon ontwikkel, dan was die poësie van die toekoms stellig uit hierdie serie liedjies gegroei. |
|