het ons byv. predikante van di preekstoel hoor bidde, in di Onse Vader: ‘Vergeef ons onze schulden, gelijk ook wij vergeven onze schuldenaren,’ in plaas van ‘onzen schuldenaren,’ sodat hulle eientlik vertel, dat hulle ni an hulle skuldenare vergeef wat di an hulle skuldig is ni, mar hulle vergewe met gif! As hulle eenkeer Afrikaans sou anneem, dan sou hulle sulke flaters ni maak ni. Mar nou hulle dit wil laat deurgaan ver Hollans, is dit ver di wat enigsins Hollans ken, meer as anstotelik.
Of om 'n ander voorbeeld te neem. Dikwils hoor ons di predikante afkondig: ‘ik ben verzocht bekend te maken,’ ens. waar dit moes wees: ‘mij is verzocht bekend te maken,’ ens. Mar hoe selde hoor ons di laaste! En hoeveul verstaan selfs di verskil tussen di twe uitdrukkings!
Mar waartoe sal ons voorbeelde vermenigvuldig? Elkeen verstaat dit, as idereen by di godsdiins di Hollanse taal sal vereenvoudig soos hy wil, dan sal ons preekstoel, op laas in plaas van 'n leerstoel 'n toren van Babel wees om spraakverwarring te veroorsaak.
Dis buiten twyfel, dat di predikante wat di doelmatigste preek juis di is, wat di meeste in di gees van ons spreektaal ingaan, en sig daarna skik. Mar waarom sal ons dan nou oek ni liwers eenkeer di spreektaal tot eenvormigheid breng en dan erken as Kerktaal ni?
Waarlik, hiir is di saak te ernstig, om sig deur vooroordeel van di regte pad te laat terug hou; Dit geld hiir di ewige belange van onsterfelike sile! Laat elke professor, predikant, sendeling en evangelist tog biddend 1 Cor. 14:2-39 lees, en veral let op vs. 18 en 19: -
‘Ik dank mijnen God, dat ik meer vreemde talen spreek, dan gij allen; maar ik wil liever in de gemeente vijf woorden spreken met mijn verstand, opdat ik ook anderen moge onderwijzen, dan tien duizend woorden in eene vreemde taal.’