ling. Enkele wat di tyd en di [...] di vreemde tale (Hollans en Engels) baas raak en dan is hulle oek al op so 'n hoogte dat hulle maklik andere wetenskappe daarby kan neem. Mar di menigte leer net so veul van di vreemde tale, verbeusel hulle korte skooltyd daarmé, en dan ken hulle naderhand wesenlik niks.
'n Algemene ontwikkeling van di volksgees kan net in di Volkstaal plees vinde. Ag, kon ons tog almal, veral onse teenparty, dit inprent!
O'er Stelling 65 het ons eientlik al gehandel onder Stelling 46. Ons erken dat di voorstanders van Afrikaans oek nog agter is. Mar terwyl ons hulle oproep tot verdubbelde ywer vra ons di teenparty: Help ons; of so ni, moet onse sware taak ni nog swaarder maak deur teenstand ni. Ons sal net nou skoolboekiis uitgé en Afrikaans in onse skole begin te laat leer. Moet ons tog ni hinder ni!