Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
(1891)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekend
[pagina 105]
| |||||||||
Beginsels van di Afrikaanse Taal’ het di bewys gelewer hoe maklik onse taal onder reels te bring is. - Taalreels van 'n ander taal te ontleen en an 'n landstaal op te dring is 'n verswarende en knellende juk. Mar so is vele vorme van di Romaanse tale opgeneem in di Taalkunde van di Germaanse tale, byv. in Hollans. Di juk goi Afrikaners nou eenvoudig weg en groei ongehinderd op in di vrye natuur. Dat di Germaanse tale, deur ni di gesonde reels neergeleg in Stellinge 5 en 51 te volge ni, mar 'n taalkunde te maak van di Latynse en daaruit afstammende Romaanse tale, 'n menigte vorme wat ni an di tale eie is ni, en werkelik oek ni in di spreektaal bestaat ni, oergeneem het, is o.a. duidelik angetoon deur Roorda, in Schrijftaal en Spreektaal, bl. 6, 7, 64, 65. So oek met 'n boel klankonderskeidings wat in di spreektaal ni meer bestaan ni, soos angetoon deur P. in Z.A. Tijdschrift, No. 46. Dr. Mielck seg tereg, wat Hollans angaat, in Syn meer angehaalde Redevoering (Volkstaal I, bl. 15): -
‘Ook heeft de schrijftaal zich nog van vele invoegsels en aanwassen, ontstaan door Latijnsche en andere vreemde beschaving, te ontdoen, tot den bouw van haar proza op den eenvoudigen vorm eener Nederduitsche vertaling gelijkt.’
Watter nadeel dit op di verstand uitgeoefen het gé Julius de Geyter an in syn Voorrede tot syn Reinaert-de-Vos, o.a. bl. X: -
‘In de laatste tijden heeft menigeen het gevoeld en zich op het metrum toegelegd. Terecht is men bij de Grieken te leeren gegaan; maar ten onrechte heeft men ze nagebootst; stellig kunnen wij in 't Nederlandsch b.v. zeer goede hexameters bouwen; maar stellig ook mag een vreemde taal ons hare dichtwetten niet opdringen: ons schoonheidsgevoel moeten wij zoeken en ontwikkelen in ons zelven; onze vormleer moet voortvloeien uit den aard eener eigene taal... En waarlijk, wij zijn wel verwaand, als wij denken, dat onze stam met zijne taal niet doet wat andere stammen met de hunne verrichten: het nieuwe scheppen, het oude verlevendigen, alles beeldrijk en zangerig overleveren van geslacht tot geslacht!’ | |||||||||
[pagina 106]
| |||||||||
Vergelyk verder wat geseg is onder Stelling 15. Dis veral in di o'erneming van di verbuigings van di naamwoorde en in di vervoegings van di werkwoorde, wat haas alle Germaanse tale 'n vorm o'ergeneem het uit di Latynse taalkunde wat werkelik in di tale ni bestaan ni. Di ‘Di Eerste Beginsels van di Afrikaanse Taal’ het di grondslag geleg ver 'n suiwere Afr kaanse Taalkunde na di aard van di spreektaal. Ons neem hiir o'er di anmerkings juis op di 2 punte (Twede Druk, bl. 4, 10, 12): -
‘By di Naamwoorde praat hulle oek nog van Naamvalle in di taalkunde van ander tale, wat moet lat siin in watter betrekking 'n naamwoord gebruik word. En in di oue tale het hulle oek werkelik sulke Naamvalle gehad, sodat di woord in elke Naamval wesenlik anders verbuig word. Soos in Latyn het hulle ses Naamvalle en in elke Naamval is di lasste letters van di woord anders. Mar in di nuwe tale is di veranderde uitgange al meer en meer weggeval. Dan word di betrekking waarin so 'n woord staat, angewys met voorsetsels. Mar dis gen verbuigings ni, want 'n verbuiging moet 'n buiging of verandering an di woord selwers wees. Last ons nou 'n voorbeeld neem: -
Hiiruit siit ons nou duidelik dat di Latynse woord equus in elke Naamval 'n ander uitgang het, mar ons woord pêrd blyf mar altyd pêrd; en so is dit in di meeste nuwe tale, en daarom is dit niks as pure gekheid om van Naamvalle te praat. Di Hollanse taal het nog iits daarvan o'ergehou, soos: -
Mar Afrikaans, Engels, Frans, ens. het glad gen verbuiging van di Naamvalle an di woord self oergehou ni. Nou gebruik di ander tale wel nog konsuins di Naamvalle en noem dit verbuigina omdat hulle taalkunde na di Latynse gemaak is. Mar dis niks anders as 'n lege en onnodige vorm. Want hulle verbuig tog ni di Naamwoorde self ni, mar hulle sit mar net di voorsetsels voor di woorde. En op di maniir kan hulle wel honderd Naamvalle maak, deur mar idere maal 'n ander voor- | |||||||||
[pagina 107]
| |||||||||
setsel voor di naamwoord te sit. Daarom laat ons di gekheid, om verder te praat van Naamvalle, mar glad en al staan. In di taalkunde van ander tale praat hulle oek van wederkerende en onpersoonlike werkwoorde. Mar in Afrikaans, Engels, en di meeste nuwe tale bestaat dit in di vervoeging van di werkwoord self ni. Soos of ek sê: Di vrou was haar kind (bedrywend o'ergaande) of: Di vrou was ver haar self (wederkerig); di werkwoord was is mar net eenders. In di taalkunde van ander tale gé hulle by di werkwoorde gewoonlik viir maniire van vervoeging op: onbepaalde, antonende, anvoegende, en gebidende. Mar in di vervoeging self bestaat mar eientlik twé manire: onbepaalde en bepaalde. Di persone maak by ons gen verskil an di vervoeging van di werkwoord self ni; sodat di persone hiir eintlik ni te pas kom ni. Mar ons gé dit daarom mar an, omdat di mense daaran gewend is in ander spraakkunste. Mar by di voorbeelde gé ons mar net di eerste persoon an.’
Ons plan is: so gou as ons tyd kry di Eerste Beginsels tot 'n Taalkunde te bewerk vollens di beginsels in di Stellings ontwikkel. Dan sal dit blyk hoeveul eenvoudiger en doelmatiger onse Taalkunde op di maniir (in o'ereenstemming met di spreektaal) is. |
|