keurighede en foute, as ons dit so wil noem, mar oek vol van 'n gesonde en kragtige lewe, wat dit in staat stel om op laas di geleerde of heilige dialek, waarvan dit 'n spruit is, omver te goi en syn plek in te neem. Dit was di oorsprong en dit di lot van alle geleerde dialekte wat in verskillende dele van di wereld bewaar is as “doje tale,” as middele van gedagtewisseling tussen geleerde mense, nadat hulle hulle karakter verloor het as spreektaal van 'n samelewing: byvoorbeeld, di oue Egyptise taal, wat lank opgehou is ver godsdiinstige gebruik, en geskrywe is in teken-skrif, nadat di taal en di letters albei in di volksgebruik 'n ander vorm angeneem het; di Zend, wat in bewaring was van di priesters van Faroaster syn leer; di Sanskrit, wat nou nog geleer word in di Brahminse skole van Indië, onder di
Babel van nuwe tongvalle, wat daaruit afstam; di Latyn, di gewone taal van di geleerde deur heel Europa gedurende eeuwe waarin di latere vorme van di Romaanse tale, wat nou di voertuige is van 'n hogere beskawing as di van Griekenland en Rome, mar 'n barbaarse patois was. Elke dialek wat di voorwerp van letterkundige beskawing gemaak word staat bloot an di lot van Latyn; adelregering en uitsluiting (aristocracy and exclusiveness) het ten gevolg di eindelike omverwerping, in di taal sowel as in di staatkunde; di behoeftes en di belange van di menigte is belangriker as di van di weinige, en moet in di end dit win. Ware taalkundige Konservatisme bestaat in di vorming van 'n opgevoede en deugsame volksregering (democracy), in di opneming van di hele samelewing deur middel van 'n degelike en deurdringende opvoeding, in di behoorlike en gesonde bewaring van di angrenome spraak-gebruike van di suiwere spraak - en dan in toelating dat elke verandering wat moet en sal kom syn vrye loop te laat.’...
En wat Whitney hiirop laat volg is veral van belang, namelik dat di skeiding tussen spreektaal en skryftaal al kleiner word in onse tyd omdat di geleerdheid nou ni meer di uitsluitende eiendom is van seker geleerde klasse of priisterkaste ni, mar alweer ingaat onder di volk, en deur koerante en tydskrifte in di volkslewe ingaat. Ruimte belet ons alles oer te neem, mar ons verwys na bo vermelde werk, bl. 150 en 151.
En hoe is dit nou op di punt met Hollans gesteld? Hoor wat Professor van der Tuuk daarvan seg, in di Z.A. Tydschrift van Dec. 1883, bl. 279: -
‘O, hoeveel tijd is er niet nutteloos besteed met dat leeren van Grammatische regels aan kinderen! Hoe veel tijd wordt