Ne'en-en-dertigste stelling.
Di voorstanders van Hollans in Suid Afrika is dus di manne van agteruitgang en di voorstanders van Afrikaans di ware manne van vooruitgang.
Di skryftaal van Holland is vèr agter ver di spreektaal, soos o.a. Roorda angetoon het in syn werk o'er ‘Schryftaal en Spreektaal,’ deur nog vas te hou an oue taalkundige vorme, wat di spreektaal al lank ontgroei is. En di voorstanders van Hollans hiir in Suid Afrika wil onse taal weer agteruit breng na di Hollanse skryftaal, terwyl onse spreektaal hiir al glad di oue vorme uitgegroei is.
Di voorstanders van Afrikaans seg: Né, ons taal het hiir al twe ewe van eie ontwikkeling gehad. In di tyd het dit gegroei, en dit groei nog al dag. Di spruit is al vèr van di tak af waaruit dit afgestam het; ons kan dit ni weer terug bring ni. Né, laat ons onse eie taal ontwikkel. Laat ons onse skryftaal ontleen an onse spreektaal, en altyd meer daarna vernuwe. Laat ons onse eie letterkunde ankweek, na onse landsaard en volksbehoefte. Laat ons in onse skryftaal en letterkunde vooruit gaan, en ons verhef uit di modderpoele van Holland, en vry adem op onse hoge berge en in onse suiwere lug, nes onse spreektaal doet. Laat ons di jeugdige spruit ni ombreng en knelter ni; laat ons dit opkweek en bearbei!
Wi is nou di manne van vooruitgang? en wi is di manne van agteruitgang? Leser, oordeel self! Oordeel onpartydig! (Vergelyk Stelling 51.)