goudskatte te berowe. Segwana word egter ontmasker deur die koning se beeswagter, Hlopek, wat in die laaste hoofstuk ook Dingaan doodsteek en in triomf terugkeer. Die intriges van die slim toordokter gee natuurlik aanleiding tot 'n reeks dramatiese toneeltjies, onder andere 'n groot volksvergadering waarop Segwana 'n demonstrasie gee van sy kundigheid deur 'n teenstander uit 'n met kruit gelaaide pyp te laat rook. So goed het die skrywer hom ingeleef in die mentaliteit van die kaffers dat hy ook hul eienaardige denkwyse kan weergee in hul eie styl en beeldspraak. Daardeur word sy figure lewende wesens wat nie slegs pionne in 'n skaakspel bly nie. Ek kan nie beoordeel of hierdie kaffers in elke opsig volkekundig korrek geteken is nie, maar weet dat die skrywer uit die intriges in hierdie stat 'n aangrypende verhaal saamgestel het waarin die liefde en wraak van verstote minnaresse 'n groot rol speel. Sommige gebeurtenisse lyk wel onwaarskynlik, maar by 'n avontuurverhaal word daar nie so nou op gelet nie.
Die taal en styl van hierdie verhaal is nagesien deur dr. A.J. Coetzee en vergelyk baie gunstig met Friedenthal se vorige werk. By 'n tweede druk, wat ek hierdie verhaal van harte toewens, kan o.a. die volgende verbeter word: Hy hunker nou op twee gedagtes (p. 115); hy het op haar aangesien as 'n moeder (p. 141).
In Die Avonture van Ras Sjoema (1938) ontmoet ons 'n jong kaptein, wat verliefd raak op die opperhoof se dogter, en haar na die uitvoering van 'n besonder moeilike opdrag as bruid verower. Jong lesers sal hierdie spannende verhaal verwelkom.