peinsings. Af en toe laat Wolla ons effentjies glimlag, maar die humor is soms plat by die grond. ‘'n Kêrel het eenmaal gesê, hy dink hy kan gewoon word om te lewe op kasterolie, as hy net lank genoeg kan aanhou daarmee. Ek glo dit goed.’ (p. 64.)
Wolla vertoon 'n bedenklike ratsheid in letterlike vertaling uit Engels, soms van die slang-soort. ‘Om alles te kroon (p. 3 en 68); Wel, van al die pedante snuiters... vat die vent die koek (p. 127); Wel, ek was al net siek van die plek (p. 93); ens.