The Van Riebeeck Society for the publication of South African historical documents
Laws of the Society
1. | The object of the Society shall be to print, or reprint, for distribution among the members and for sale to the public, rare and valuable books, pamphlets and documents relating to the history of South Africa. |
| |
2. | The annual subscription shall be three rands (R3) payable on 1st January. |
| |
3. | Each member of the Society, having paid his subscription, shall be entitled to a copy of every work produced by the Society within the period subscribed for, and to vote at the General Meetings. |
| |
4. | A General Meeting of the subscribers shall be held annually within the first three months of the year. |
| |
5. | The management of the affairs of the Society shall be vested in a Council consisting of nine members, viz. a Chairman, a Treasurer and six members, to be elected at such Annual General Meeting, and the Librarian of the South African Public Library as an ex officio member. Every qualified subscriber shall be eligible for election as a member of the Council, provided:
(i) | he has been duly nominated in writing by two other qualified subscribers (N.B. a qualified subscriber is a member who, at the date of the calling of the Annual General Meeting, is a life member, or who has paid his subscription either for the current or the previous year); and |
(ii) | his nomination has reached the office of the Secretary not later than 12 o'clock noon on the 21st day before the day of the Meeting. |
The Secretary shall immediately thereafter circulate all nominations to members.
Notice of such meeting shall be sent to members at least six weeks before the date of the Meeting. |
| |
6. | The Secretary or Secretaries shall be appointed by the Council. |
| |
7. | The Council shall meet when necessary for the dispatch of business, three forming a quorum, the Chairman having a casting vote. |
| |
8. | Anyone preparing and editing works for the Society shall, if desired, receive gratis twenty-five copies of such works. |
| |
Die Van Riebeeck-Vereniging vir die publikasie van Suid-Afrikaanse historiese dokumente
Grondwet van die vereniging
1. | Die doel van die Vereniging is om seldsame en waardevolle boeke, pamflette en dokumente betreffende die geskiedenis van Suid-Afrika te druk, of te herdruk, ter verspreiding onder die lede en vir verkoop aan die publiek. |
| |
2. | Die jaarlikse intekengeld is drie rand (R3) betaalbaar op 1 Januarie. |
| |
3. | Elke lid van die Vereniging is, na betaling van sy intekengeld, geregtig op 'n eksemplaar van elke werk deur die Vereniging uitgegee gedurende die tydperk waarvoor sy intekengeld betaal is, en om te stem op die Algemene Vergaderings. |
| |
4. | 'n Algemene Vergadering van intekenaars word jaarliks binne die eerste drie maande van die jaar gehou. |
| |
5. | Die beheer oor die werksaamhede van die Vereniging berus by 'n Raad van nege lede, 'n Voorsitter, 'n Tesourier en ses lede, wat by sodanige Jaarlikse Algemene Vergaderings gekies word, en die Bibliotekaris van die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek as ex officio-lid. Elke bevoegde intekenaar kan tot lid van die Raad gekies word, mits:
(i) | hy behoorlik deur twee ander bevoegde intekenaars skriftelik genomineer is (N.B., 'n bevoegde intekenaar is 'n lid wat op die datum van die aankondiging van die Jaarlikse Algemene Vergadering 'n lewenslangelid is, of war sy intekengeld vir die lopende jaar of die vorige jaar betaal het); en |
(ii) | sy nominasie die kantoor van die Sekretaris nie later as twaalfuur op die 21ste dag voor die dag van die Vergadering bereik het nie. |
Onmiddellik daarna word alle nominasies deur die Sekretaris aan die lede gestuur.
Kennisgewing van sodanige Vergadering word minstens ses weke voor die datum van die Vergadering aan lede gestuur. |
| |
6. | Die Sekretaris of Sekretarisse word deur die Raad aangestel. |
| |
7. | Die Raad vergader wanneer nodig vir die afhandeling van sake. 'n Kworum bestaan uit drie lede, en die Voorsitter het 'n beslissende stem. |
| |
8. | Iedereen wat werke vir die Vereniging persklaar maak en uitgee, kry desverkiesende vyf-en-twintig gratis eksemplare van sodanige werke. |
|
|