Ignatius Muller genaamd, wierd door den Generaal tot Veld Cornet van dit district benoemd en kreeg zyne aanstellinge en Instructie.Ga naar voetnoot359
De Gouverneur had des avonds eene lang onderhoud by de heer Van der Kemp zoo over de huishoudelyke inrichtingen der Hottentotten als over de locale plaatsing van zyn Institut; by de missive van gisteren wierd de heer Van Rheenen verzogt des anderen dags eene bekwame plaats daartoe uittezoeken dat dog uithoofde van het Pinxter-feest geen plaats konde hebben. |
-
voetnoot357
- Teks by B.R. 93, nr. 14, en V.R.V. 18 (Van Reenen), pp. 122-126. Die brief het Van Reenen versoek om aan dr. Van der Kemp 'n geskikte terrein vir sy Instituut aan te wys, voorts om 'n opname te maak van burgers wat met die oog op beperkte lewensmiddele noodsaaklik was vir die verdere reis, en om rantsoene uit te deel; ten slotte, om sy mening uit te spreek oor die aanstelling van Ignatius Muller as veldkornet vir die omliggende gebied, met opdrag om Klaas Stuurman 'n plaas naby die Gamtoos aan te wys. (Vgl. Van Reenen se antwoord van dieselfde dag by V.R.V. 18, pp. 126-128).
-
voetnoot358
- Die burgers van kommandant-generaal P.R. Botha, en kommandante Linde, Human en Van Rooyen het gebrek aan lewensmiddele begin ondervind en Janssens het alleen swart Hollandse seemansbeskuit gehad om aan te bied. Daarom het hy Van Reenen gevra om vas te stel hoeveel van die burgers toegelaat kon word om huiswaarts te keer. Die inligting het hy dadelik ontvang en dus kon party burgers aangesê word om om te draai.
-
voetnoot359
- Vgl. supra voetn. 256. Sy aanstellingsbrief: B.R. 93, nr. 13, pp. 193-195.
Ignatius Johannes Muller, ged. 3.10.1772; getr. 4.11.1792 met Margaretha Louisa van Niekerk (weduwee van Ignatius Marthinus Ferreira, Stephanusseun). G.R. I, A-J, p. 232, meld dat Margaretha Louisa van Niekerk se eggenoot hertroud is in 1796. Hoge(b) het g'n verbetering nie. Muller was in elk geval 'n seun van Hillegert Muller se broer Cornelis Johannes (G.R. II, A-O, p. 416). Sy plaas was De Kleyne Rietfontein gel: aan deze zijde van de Zwartkoprivierswagendrift bij de grote Zoutpan, geleë oorkant Van Stadensrivier. (R.L.R. 78, p. 164). Hy was die tweede jongste op die Grosvenor-ekspedisie van 1790-1791 (V.R.V. 34 (Grosvenor), pp. 106-107 en p. 118 (voetn. 118). Hy was naamlik aanwesig by die dood van Lodewyk Prins wat deur 'n olifant vermorsel is, soos hy dit ook aan Lichtenstein vertel (V.R.V. 10, pp. 274-284). Oor hom ook, Kirby, pp. 34-38, 64 e.v. In die oorlog van 1799-1802 het hy hom verdienstelik gedra en hierna sou hy Alberti se reisgenoot wees onder die Kôsa-kapteins (B.R. 40, p. 45, B.H.D. III, Kladjoernaal van De Mist, p. 159). Hy word tans opvolger van die vermoorde veldkornet Cornelis van Rooyen, in die wyk ‘Van Onder Zondags Rivier tot na het Gamtouws Rivier en een gedeelte van de Winterhoek’. Muller word later heemraad van Uitenhage en veldkommandant. Sien o.a.B.R. 93, nr. 47, p. 369, met afskrif van Janssens/A.A. Faure, 10.4.1803, oor die behandeling van Hottentotte; ook G.M. IV, p. 153 en M.O.O.C. 7/86, fol. 103-105 (1822).
|