hom, na 'n lang soektog, persoonlik kennis te maak. Daar het hierna 'n groot belangstelling vir sy werk en persoon gekom; Die Vaderland (25 Okt. 1939), Die Brandwag (27 Okt. 1939) en die Afrikaanse Skrywerskring het hom na behore gehuldig. Twee van sy manuskripte het hy aan een van die skrywers hiervan bemaak.
Interessant ook was die pogings om lewensbesonderhede en ander inligting oor die skrywers van hulle nakomelinge en vriende in te win. Letterlik honderde briewe is in dié verband geskryf. Ook van verskillende magistrate is waardevolle hulp ontvang, onder wie in die besonder genoem moet word die magistrate van Potchefstroom en Philipstown.
Dog ons het soms nie daarin geslaag om al die verlangde informasie te bemagtig nie. Om net één geval te noem: die skrywers wou baie graag met familielede of vriende van J.F. Kastein in verbinding kom, en hou hulle nog aanbevole vir inligting oor hom.
'n Tweede groot moeilikheid was die ontoeganklikheid van baie skaarsgeworde boekies. Dit het meegebring dat ons gedurende ons vakansies verskeie biblioteke moes gaan besoek. Ons taak is grootliks vergemaklik deur die vriendelikheid van die volgende persone wat ons behulpsaam was om verskeie boeke, wat ons nodig gehad het, in hande te kry: mej. E. Hartmann van die Witwatersrandse Universiteitsbiblioteek, dr F.C.L. Bosman van Kaapstad, mnr G.P. du Toit van die Paarl, en prof. M.S.B. Kritzinger van Pretoria. Met die loop van tyd het ons 'n waardevolle privaat-biblioteek opgebou. So besit ons o.m. nege volledige jaargange van die Patriot. Vyf daarvan is, sover ons weet, in geen enkel biblioteek of argief volledig te kry nie. Die moeilikheid om sommige van die skaars, maar waardevolle boeke te raadpleeg, het een van ons op die gedagte gebring om 'n vereniging in die lewe te roep met die doel om dié werke uit te gee. Dit het tot die stigting van die Pariot-Vereniging gelei. Met voldoening kan die skrywers getuig dat hulle in staat was om al die werke te raadpleeg.
Aan al die persone wat ons op een of ander manier behulpsaam was, wil ons ons hartlike dank betuig. In hierdie verband wil ons nog die volgende noem: dr J. du P. Scholtz