Versamelde werke
(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 1261]
| |
Aantekeninge deur die RedakteurSoos ek in my voorwoord verduidelik, was dit my oogmerk om die Versamelde Werke van Eugène Marais so leesbaar as moontlik te maak. Gevolglik is die verskillende geskrifte van alle voetnote en kommentaar deur Marais en ander gestroop. Die aantekeninge, wat die inhoud in bladsyvolgorde behandel, sal eers vroeëre kommentaar bevat (voetnote deur Marais, opmerkings deur die verskillende uitgewers, e.d.m.) en daarna my eie. Die bladsynommers verwys na die boonste, die middelste en die onderste gedeelte van elke bladsy. Die letter a verwys na die eerste 14 reëls, b na die middelste 13 en c na die laaste 14 reëls. |
|