Lokaliteit van die handeling
Al vier bedrywe speel in die kombuis - ook as eetkamer ingerig - van die plaas Diepkloof wat vóór die oorlog 'n veepos van die gesin Van Eeden was. Hier het die drie dames, Constantia, Marie en Sophie, 'n toevlug gevind nadat die Engelse in besit van die spoor en aanliggende dorpe gekom het. Die enigste manspersoon by hulle is 'n ou bywoner van die gesin, Gert Visser, wat op Diepkloof vir die klein klompie vee sorg wat hulle meegevoer het. Diepkloof is geleë in die eensaamste en onbereikbaarste deel van die woeste Kransberge, en is gevolglik nog nie deur die vernielende Engelse kolonnes ontdek nie.