Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Peggy Mitchell Verwerking van die Ierse gedig deur Rafferty 'n Lelie skraal en blank so skoon en slank, in gloed van geur en bloei, onmatiglik, net so het sy gegroei, so statiglik. En sorgloos as die roos wat eers in sonlig bloos, en kleur op kleur in roes van geur alom versprei, met sterrekrans gekroon, so rein en skoon, so sorgloos sy. Ons vyand sy, met pyniging genadeloos; vertwyf'ling bring sy jou en my, ontsteltenisse radeloos, [pagina 1035] [p. 1035] onseker soos die see al ewiglik; dan vreugde weer en wee, oneindiglik. Vorige Volgende