| |
Mabalêl
Vinnig langs die paadjie trippel Mabalêl;
wat die klingelinge van haar enkelringe vergesel.
Op die voetpad sy alleen,
met die skadu's om haar heen;
op haar kop die kruik gelig
Golwend kleur die hemelboog,
stadig sterf die laaste lig,
en van verre deur die skermmure
winkend blink die eerste vure.
Wydgestrek in eensaam' vrede
lê Rakwen', die stille, brede;
glansend in die westerpraal,
met 'n seintuur in sy diepte van koraal.
sing 'n treurig' wiegelied,
en buigend vleg 'n silwersoom al om
die diepgespieëlde hemelkom.
Is daar niks wat jou vertel -
| |
| |
is daar niks wat deur die duister
bang en dringend in jou ore fluister
wat jou vrolik' lied beluister,
wat jou spoor hou, Mabalêl?
Voel jy nog nie, kil en snood,
om jou hart die handdruk van die dood?
Ver benee die palmietstele
in die bloue duister wag Lalele,
kwintessens van alles boos,
die Wreedheid self, meedoënloos;
met lydsaamheid wat alles kan ontbeer,
wat tyd en toeval kan trotseer;
wat seker as die Noodlot van sy dag
onslapend in die diepte op sy ure wag.
Deur winterkou en somergloed,
deur blakend' droogte en swelgend' vloed,
deur al die kerende taf'rele,
As die straaltjie in die sand
deur 'n vlam-geskroeide land
skaars die rotse van Rakwena haal,
en die hulsels van die riet
'n rouband bind van swart verdriet
waar die laaste water skuil
en die sugtend' wind versmag
deur 'n woedend' son verkrag -
roerloos by die skepplek hou Lalele wag!
En wanneer in donker nagte
rasend losbreek al die magte
van geweld en storm en vloed,
en Rakwen' omring van angsgeskreeu,
smagtend hom nog eens te wreek,
| |
| |
soos 'n swaar gekweste leeu
swart en brullend deur die bome breek; -
blindend uit die donker kolk
'n wêreld van verwoeste loof verlig -
ongeroer deur al die groot krakele
Droom sy op die kantjie, Mabalêl,
tot haar hart verlangend swel;
staar sy in die diepte neer,
staar sy in die blou gewelf
met die donker reeds omsoom -
deel word van 'n salig' droom;
lokkend lag haar beeldjie weer.
Stadig deur die rietpensele
opwaarts uit die diepte rys Lalele.
Skud jou wakker, Mabalêl!
Sien jy nie die skadu opwaarts wel?
Hou jou mymering vir later -
nooit had vyg of wilg in water
so 'n gespieëlde metgesel!
Nooit 'n skrikbeeld uit die holte van die nag,
wat die dromer sug doen na die dag;
nooit onheilige gedaante uit die diepte van die hel
half so dreigend, half so fel
as dié skadu wat benee jou
uit die diepte opwaarts wel.
deur die westergloor verhel,
waar jy onbedagsaam staar,
| |
| |
sonder ooit gedagte van gevaar,
dryf 'n halfverdrinkte blaar.
Had jy spiere van 'n tier,
of die vlerke van 'n gier,
meidjie, niks sou dit jou baat,
want te lank het jy gewag - te laat!
Uit die spieëlvlak omhoog
bars 'n skuimend' waterboog;
oor Rakwena, kalm en breed,
galm 'n enkel angsvol' kreet;
oor alles sak die stilte neer.
Winkend deur die skermmure
helder blink die voornagvure.
Uit die donker stilte, skel,
en die rotse antwoord weer;
maar terugkom sal sy ... nimmermeer.
Stadig deur die rietpensele
na die diepte sak Lalele.
|
|