Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 82] [p. 82] Voortrekkerslied Laat ons trek naar die Noorde, hoër op, Ver van die dwingelandij, Waar ons hart kan klop, op 'n stijwe galop, Vrolik en vurig en vrij. Want die las wat ons dra, is so swaar als 'n wa Wat kreun onder grote vrag. En die drijwer die swaai sij sweep met lawaai, Sonder oor vir die osse se klag. Laat ons trek oor die Grote Rivier daar bo Met kudde en huisgesin, Van die Kamdeboo, oor die dor Karroo, Die wilde wildernis in. Dit is beter ver, om 'n blinkende ster Uit die tent van 'n wa te sien, Dan om hoog te woon, op 'n koningstroon - Met die hoop om môre te dien. Vorige Volgende