Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 81] [p. 81] Kom, Afrikaners! Kom, Afrikaners, sing 'n lied, Laat hoor jul stem in sang: 'n Nasie in sijn lentetijd Gevoel die digkuns-drang. Hef aan 'n lied van heldedaad, Van mag teen owermag: 'n Nasie, wat sijn helde eer, Sal niemand ooit verag. Sing saggies van jul vrouwe-leed - Maar wees op almaal trots: 'n Nasie, wat sijn vrouwe eer, Staan vaster dan 'n rots. Sing oor die vrede van die veld, Van koppie en van rand: 'n Nasie wat sijn woonplaas eer, Bouw nooit op losse sand. Kom, Afrikaners, sing nou luid, En laat jul stemme hoor, Hef aan 'n lied wat oweral Ons nasie sal bekoor! Vorige Volgende