Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 69] [p. 69] Bij die vrouwe monument 'n Fragment Sij kijk nog naar die Weste, 'n Traan rol oor haar wang. Sij sien hoe hul die beste Nou jaag, en skiet, en vang. Terwijl die kinderkrete Nog hardop roep om wraak, En oor die land se breedte Die wagwoord was: ontwaak! Terwijl die dorre bene Kon opstaan uit die graf Van Vrijburg tot bij Weenen, Begin die perde draf. En orals gaan die mare: ‘Daar's oorlog in die land, Kom op in grote skare, Kom veg vir Engeland! Verdoof is al die pijne, En weg is al die leed, Die Tijd is medisijne Wat alles laat vergeet.’ [pagina 70] [p. 70] Maar goddank het ons leiers Nie almal so gepraat. Daar was de Wet en Beyers, Die toon dit met 'n daad Dat ons nie gouw vergeet nie Die vrouw wat sò moes lij. En wie dit nog nie weet nie Die hoor dit nou van mij: Die volk gaan nooit verlore Wat sulke vrouwe eer, Hij sal vandag of môre Sij land se lot beheer. Vorige Volgende