Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 66] [p. 66] Aan die vierkleur Opgedra aan die Nasionale Partij van Transvaal. Rooi, wit, blouw en groen, Wat het die Boere met jou gedoen? Het hul jou diep in die graf laat daal Saam met die keur van ou Transvaal? Het hulle dit met jou gedoen, Rooi, wit, blouw en groen? Kijk hoe 'n nasie van èèn miljoen, Wakker geskud deur 'n groot klaroen, Rondom jouw vaandel samestroom, Roep om sij vrijheid, en nie meer droom! Wapper maar fier en vrij en koen, Rooi, wit, blouw en groen! Rooi, wit, blouw en groen, Kijk hoe ons mense jouw kleure soen! Nimmer sal jij uit ons land verdwijn, Steeds sal die sonlig op jou skijn. Wapper maar fier en vrij en koen, Rooi, wit, blouw en groen! Vorige Volgende