Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 47] [p. 47] Net maar gesien Net maar gesien het ik vir haar - Geen enkel woord gepraat; Ons loop so vlak verbij mekaar Een middag laat, op straat. Net maar gesien èèn enkel blik - Net maar gehoor mij hart; O God, hoe onuitsprekelik Is tere, diepe smart. Net maar gesien, al sò veel maal - Net maar gevoel hoe mooi En rein sij is, mij ideaal, Mij wonderskone nooi. Vorige Volgende