Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 46] [p. 46] Bekoorlik kind Bekoorlik kind! ik weet nie wat dit is Of hoe dit kom nie; 'k weet alléén maar dit: Dat ik nog altijd deur jouw beeld aanbid En steeds die tintel van jouw oge mis. Is dit die glans, waarvan ik nimmer wis Dat dit 'n man so aangrijp, altemit? Of is dit net bekoring? Nee, daar sit Oneindig veel meer agter dan jij gis. Dit is die krag, wat digters stil laat staan Voor al wat lief en skoon is op dees' aard; Dit is die Siel, wat so sij wege baan Van hart tot hart, tot twee aanéén-gepaard Hul hele lewe sáme verder gaan..... Lief kind, o maak mij lewe lewenswaard! Vorige Volgende