Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 38] [p. 38] Rook Vir Frans Karel te Water Naudé. ‘Waar rook is, moet daar vuur wees.’ Rook! Wàt is rook? Is dit die beeld Van iedere verwagting, en van hoop Wat heel die mensdom stééds met moed vervul? Of is dit maar die spook, die vlugtige siel Van een of ander ding, wat puur verniet, Probeer om aan die aarde vas te klem? .... Kijk, ik blaas 'n ronde ring wat rol En pragtig krul reg deur mij kamer heen; Jij sê dit is so mooi - ou maat, dan het Jij seker nooit bespeur hoe wonderskoon Die bloedrooi vuur van ieder sigaret Kan skitter in die skemerlig. Kijk hier .... Het rook nou nie 'n skoner metgesel Wat oorsaak is van al sij skoonheid nie? Kom, steek maar nog een aan, misskien het jij Ook nog 'n hart waarin die vuur van hoop Jouw siel verlig sodra die skemer daal. Vorige Volgende