Gedigte(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 31] [p. 31] Digter is hij Digter is hij, wat digters taal Diep uit die grond van sijn hart kan haal En hij voel in sijn hart 'n heerlike drang Om 'n vlugtige stemming in woorde te vang. Digter is hij, wat verse maak - Verse wat duisende harte kan raak. Maar hij weet nie waar hij die mag van haal, Dis 'n gawe, wat bo uit die hemel daal. Digter is hij, wat oog en oor Tref met 'n pragtige woordekoor. En hij hef sijn stem op 'n lieflike maat Van die môre vroeg tot die awend laat. Digter is hij, wat deur en deur Voel wat rondom en in hom gebeur: Wat sijn siel se gevoelens uit kan giet In 'n lewende, sprekende, roerende lied. Vorige Volgende