Jan Rabie. Prosapionier en politieke padwyser
(2004)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 17]
| |
I
| |
[pagina 19]
| |
Hoofstuk I
| |
[pagina 20]
| |
die Rabie aanwesig, want hy verhuis na die Kamdeboo, waar hy op 24 Augustus 1835 op Graaff-Reinet sou sterf. Dat dit egter eers in sy middeljare moes plaasgevind het, blyk uit die feit dat sy seun, óók met die naam Jan Bastian, op 4 November 1790 nog op Tulbagh gebore is. Was hierdie verhuising in sy middeljare te wyte aan 'n sekere opstandigheid, 'n ongeduld en rusies met sy familie of 'n indiwidualisme wat hom na die verre wydtes en ooptes van die Karoo laat uitwyk het? Dit is eienskappe wat van vroeg af by die Rabies van die Leipzig-tak voorkom. As jongman vestig Jan Bastian die tweede hom in die distrik Swellendam. Daar tree hy in April 1811 in die huwelik met Susanna Maria Steyn uit een van die roemrykste Swellendamse families waaruit, in 1795 in die laaste stormagtige jaar van die VOC se bewind aan die KaapGa naar eind3. en weer in die laaste jare van die Vrystaatse Republiek, presidente sou voortkom. Hulle boer op die plaas Kort Fontein waar Rabie op 2 Mei 1836 oorlede is. Uit die Rabie-Steyn-huwelik word 'n verdere Jan Bastian Rabie op 16 Januarie 1848 gebore. Omdat hy waarskynlik grond van sy grootvader in die Land van Waveren geërf het, keer hy daarheen terug en vestig hy hom op die plaas Perdekloof in die Agter-Witsenberg. Deur sy huwelik met Elizabeth Margaretha Louw van Ceres op 20 Mei 1873 moes hy nog 'n plaas of twee bygekry het, want in 'n radio-onderhoudGa naar eind4. verwys die skrywer na hierdie grootouers van hom as afkomstig uit die Koue Bokkeveld en Worcester se wêreld. Jan Rabie het dié grootvader van hom geken, want in sy outobiografiese roman Geen somer vertel hy hoe die ou man, wat by tye by hulle kom inwoon het, die Rabie-kinders soms hardhandig en pynlik met 'n los stuk riem kon afransel.Ga naar eind5. Waarskynlik word hy met sy seninghande en sy strak, gevoellose gesig, wat lyk ‘of 'n koue wind oor sy wange en mond gewaai en die voeë en rimpels verstreng’Ga naar eind6. het, in die roman taamlik na die lewe geteken. Hy is eers op 22 Februarie 1945 oorlede toe Jan Rabie reeds vyf en twintig was en 'n helder beeld van sy ongenaakbaarheid kon oorhou. Dat die grootmoeder, wat reeds in 1922 dood is, 'n moeilike lewe onder hom gehad het, blyk uit die skrywer se tekening van haar - waarskynlik uit inligting van sy moeder, want hy was maar pas twee toe sy gesterf het - as ‘die tere, bleke vroutjie,...wat saggies weggegaan het, asof sy lankal moeg was vir die lewe’.Ga naar eind7. Miskien was dit haar vroeë dood wat hom verbitter het, want Jan Rabie stel hom in sy roman voor as iemand wat ná haar dood stiller en strenger geword het, asof hy vrolikheid verafsku en nie eens bly was oor sy kleinkinders se geboortes nie. ‘Altyd | |
[pagina 21]
| |
het Oupa stil gebly, eenkant,’ skryf hy, ‘en nie eens eenmaal een van die kleintjies op sy knie getel om met hulle te gesels of te speel nie. Al kere wanneer hy belang gestel het in hulle, was wanneer hy hul gestraf het vir 'n vergryp.’Ga naar eind8. Jan Bastian die derde se seun, Johannes Wilhelm, vader van die skrywer, is op 21 Desember 1887 op Ceres gebore en is die eerste lid van die familie wat tot die onderwysberoep toetree, al het hy tydens sy jare in die skool altyd 'n klein boerdery bedryf en ná sy uittrede naby Alexandria en later op Boomplaas in die Lydenburgse distrik voltyds gaan boer.Ga naar eind9. Hy is op 25 Junie 1918, kort voor die Groot Griep, getroud met Susanna Maria le Roux, wat ook in die onderwysberoep gestaan het. Sy is op 13 Augustus 1893 gebore en haar grootouers was van die Koo naby Montagu.Ga naar eind10. Sy was 'n direkte nasaat van die broers Jean en Gabriel le Roux uit Lille, Normandië. Ná die herroeping van die Edik van Nantes in 1685 vlug hulle na Nederland, word lidmate van die Waalse gemeente in Delft en vertrek in Desember 1687 met die Voorschoten uit Rotterdam na die Kaap. Met hulle aankoms in April 1688 word hulle deur kommandeur Simon van der Stel in Drakenstein gevestig: Jean op die plaas Parys, Gabriel op La Concorde. Gabriel verhuis egter later na Salomonsvlei, buurplaas van Parys, om nader aan sy broer te wees. Albei trou met Franse vrouens. Die ongeluk tref hulle as albei saam op dieselfde dag in 1711 in die Wildeperdejagrivier verdrink.Ga naar eind11. Deur sy moeder kry Jan Rabie dus 'n goeie skoot Franse Hugenotebloed by al die Duitse en Nederlandse afstamming by. Met hierdie Franse herkoms, wat so sterk by hom sou wees dat hy vroeg reeds na 'n verblyf in Parys sou hunker, is daar trouens 'n familieverband met sy latere vriend en medeskrywer Uys Krige, want die Uys-stamvader se seun, Dirk Cornelis, was getroud met Dina Maria le Roux, dogter van die Hugenoot Jean le Roux.Ga naar eind12. As volwasse skrywer het Rabie dikwels 'n groot droom gehad: dat uit die rasse wat kort ná die vestiging van die Hollanders aan die Kaap met mekaar begin saamleef en 'n nuwe taal begin praat het, ook 'n nuwe volk gebore sou word, 'n smeltkroes waarin Hollander en Hugenoot saam met die nog wilde Koisan, die Oosters gekruide Maleiers en ‘donker skeute uit Moeder Afrika’ in 'n nuwe volk sou opgaan.Ga naar eind13. Uit so 'n utopies verwoorde droom ontstaan die vraag onwillekeurig of Jan Rabie, wat graag van sy ‘blasser mede-Afrikaners’Ga naar eind14. gepraat en hul herkoms uit die Koi in sy Bolandia-reeks verken het, bloedlyne na hierdie mense het. Inligting | |
[pagina 22]
| |
by die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA) op Stellenbosch dui daarop dat Rabie gekleurde bloed in die geval van sy Pyl- en Steyn-voorouers kon gehad het, maar dat dit op Oosterse afkoms dui, nie Koi nie.Ga naar eind15. Vroeë opgetekende huwelike van blankes met slavinne van die Kaap is byvoorbeeld dié tussen Abraham Pyl en Cornelia Cornelisse wat vóór 1690 plaasgevind het en dié tussen Douw Gerbrand Steyn met Maria Lozee in 1685.Ga naar eind16. Of Rabie 'n regstreekse bloedlyn met hierdie mense het, is onseker, want dikwels in die verlede, toe sulke verwantskappe vir blankes 'n skande was, is dergelike besonderhede weggemoffel of gewoon uit geslagsregisters weggelaat. Indien daar sulke bloedlyne was, sou Jan Rabie egter beslis nie skaam gewees het daaroor of dit probeer wegsteek het nie. Die Rabies waaruit die skrywer stam, was dus in die agtiende en negentiende eeu veral boere, terwyl sy eie vader van die eerstes was om tersiêre onderwys te geniet en as onderwyser werksaam te wees. Geld was skaars en vader Rabie moes eers gaan verdien voordat hy hom as onderwyser kon bekwaam. Die opleidingskool vir onderwysers op Robertson, waar hy gaan studeer het, was in hierdie jare baie bekend en het kwekelinge van orals in die Wes-Kaap getrek.Ga naar eind17. Dáár het hy sy aanstaande vrou, Susanna le Roux, ses jaar jonger as hy, ontmoet. Haar vader, Louwrens Petrus le Roux, het op Vinkrivier naby Robertson op 'n wynplaas geboer, maar dit ná baie sieleworsteling verkoop, omdat hy die maak van wyn en die verskaffing van drank aan bruin mense as sonde beskou het. Met die geld het hy vir hom 'n beesplaas in die verafgeleë Vryburg gaan opbou, maar in 1900, soos die skrywer dit later sou stel, stoot die Kakies die huis klip vir klip plat, kap elke vrugteboom af en skiet honderde skape en beeste in die doringtakkraal dood.Ga naar eind18. Jan se moeder moes van haar sesde tot haar agtste jaar saam met haar mense as touleier tot oor die Molopo in die Kalahari rondvlug. Eers moes sy voor 'n wa loop wat deur rooi Afrikanerosse getrek is, later, toe die Kakies dié osse gekonfiskeer het, voor 'n wa met 'n donkie en 'n koei vooraan.Ga naar eind19. Sy en vader Rabie was dus, in die toestande wat onmiddellik ná die Anglo-Boereoorlog geheers het, arm en selfs noodlydende jongmense, kinders uit groot families in moeilike tye, maar vasberade om geleerdheid te bekom. Só sterk was sy oortuiging dat studie die inbors versterk, dat hy bereid was om vir sy aanstaande vrou se studiekoste te betaal, iets wat in later jare waardering van sy kinders ontlok het. As vergoeding hiervoor het hy later darem 'n gedeelte van sy skoonvader se plaas op Vryburg besit. | |
[pagina 23]
| |
By die Rabies wat in die onderwysberoep gestaan het, sou daar in die twintigste eeu 'n paar predikante, politici en skrywers bykom. Ds. Willem Rabie bedien die gemeente Fochville in Transvaal, terwyl ds. Johannes Rabie op Harrismith werksaam is en in 1913 as hoofdosent aan die sendinginstituut op Wellington bevestig word. Hy is die skrywer van Die koms van Christus en sy koninkryk (1949).Ga naar eind20. Ds. Danie Rabie val in 1963 tydens 'n hengelongeluk naby Mosselbaai van die rotse af en doen permanente breinskade op. Carel Theodorus Rabie van Aberdeen, wat in die Anglo-Boereoorlog veg, vestig hom later in Lydenburg en word in 1906 tot die Transvaalse parlement verkies. Tannie van die Brandwag, skryfster van talle gediggies, verhaaltjies en van die firma J.L. van Schaik se eerste Afrikaanse kinderboek, Die kaskenades van Klein Duimpie (1917), is die pseudoniem van mev. H.D.M. van Heerden, 'n Fauresmith-Rabie.Ga naar eind21. Een van die vroeë voorvegters vir Afrikaans is J.S.M. Rabie, redakteur van die Pietermaritzburgse De Afrikaner en later van De Vriend des Volks in Bloemfontein. Hoewel hy aanvanklik die beweging ten gunste van 'n vereenvoudigde Nederlands steun, sien hy dit net as 'n oorgangstadium in die rigting van Afrikaans as kultuurtaal. In De Afrikaner lewer hy in 1905 by die aanvang van die Tweede Afrikaanse Beweging 'n pleidooi vir die gebruik van die volkstaal. Op 20 Januarie 1905 skryf hy: ‘Onze toekomst is Afrikaans of niets’,Ga naar eind22. 'n uitspraak wat, met sy kursivering en bondigheid, 'n voorspel is tot die beslistheid en oortuigingskrag waarmee Jan Rabie later die saak van Afrikaans sou verdedig. Dat hierdie Rabie oor al die vurigheid van sy familie beskik het, blyk uit die onverskrokke plasing van verhale en hoofartikels in Afrikaans. Daar kom egter spoedig teenkanting teen sy optrede en in 1906 word hy gedwing om van sy redakteurskap van De Afrikaner afstand te doen. Dieselfde jaar word hy redakteur van De Vriend des Volks, maar ook by dié koerant kom sy werk, nou uit eie beweging, tot 'n einde as hy nie met dié blad se steun vir die Botha-Smutsregering tydens die Eerste Wêreldoorlog en die teenkanting teen die Rebellie akkoord kan gaan nie.Ga naar eind23. Hoewel geestigheid en gemoedelikheid nie by die meeste van die Rabies ontbreek het nie, word die familie, in die besonder die Leipzig-afstammelinge, gekenmerk deur 'n sekere erns en somberheid. Die naam Rabe of Rabie hou dan ook etimologies verband met raaf, die glansende swart voël wat in Europa en die noordelike dele van Asië hou, in Bybelse tye vir die profeet Elia soggens en saans van brood en vleis voorsien hetGa naar eind24. en wat | |
[pagina 24]
| |
figureer in Edgar Allan Poe se beroemde ‘The raven’, die gedig oor die raaf wat, ná die dood van die digter se geliefde, uit die donker nag geen ander boodskap as die telkens herhaalde refrein ‘Nevermore’ vir hom kan bring nie.Ga naar eind25. In die volksmond was die Europese raaf dikwels die bynaam vir 'n swartgeklede, somber man.Ga naar eind26. In die Suid-Afrikaanse weergawe van die familiewapen word die Europese rawe vervang deur twee doodgewone Kaapse kraaie wat trots voor hulle sit en uitkyk, 'n sinspeling, volgens die verklaring van die simboliek by die wapen, ‘op 'n persoon wat niks van sy ouers geërwe het nie, maar wat deur volharding en onder leiding van die voorsienigheid sy ideale verwesenlik het’.Ga naar eind27. Die kraaie is dan ook simbole van 'n edel inbors en standvastige karakter, terwyl die ankers op die wapen 'n aanduiding is van hulpvaardigheid teenoor ander in tye van nood. Dit is karaktereienskappe wat later by die skrywer sterk aanwesig sal wees. Die kleure van die wapen is ook 'n aanduiding van die karaktersamestelling: blou - getrouheid en opregtheid; wit - vrede, geduld en 'n suiwer gewete; geel - goedhartigheid en verhewe gedagtes. Met 'n verwysing na die Europese herkoms van die familie, die transponering van noordelike rawe na suidelike kraaie en 'n toespeling op die volksrympie oor die ‘witborskraai’ wat tot by Mosselbaai (naby die Rabie-gesin se destydse ‘local habitation’) vlieg, stel die skrywer later vir die familie 'n ‘Rabie-lied’ saam, 'n teks wat, al is dit dan nie poësie van die boonste rakke nie, sy verbondenheid met sy mense laat blyk: Die heilige rawe van Elia die profeet
het Europa in verre Afrika kom vergeet
as raaf, rawe, rabie, fraaie kraai
met donker glanse wat die reënboog saai,
wat Afrikaans sing: Ai, ai, die Rabie-kraai
vlieg van Worcester tot in Mosselbaai.
Al is ons voorkoms bietjie stoer en stug
versier ons oweral ons Afrikaanse lug,
vanuit die Boland tot onder in Transvaal,
oral waar ons Afrikaners lof behaal.
Daarom sing ons: Ai, ai, die Rabie-kraai
los voor, los voor oor die verste Baai!Ga naar eind28.
| |
[pagina 25]
| |
IIIn onderhoude het Jan Rabie graag van homself gepraat as 'n Bolander wie se wortels in die Wes-Kaap lê, maar bygevoeg dat hy sy babajare in die Boland maar ‘sleggerig’Ga naar eind29. onthou. Hoewel hy vir 'n gedeelte van sy eerste jare wel in die Boland was, is hy nie daar gebore nie en moet 'n mens die Boland, waarvan die omtrekke nogal vaag is, baie ver rek om al die ‘snaakse plekke’Ga naar eind30. waar hy 'n draai gemaak het, in te sluit. Soms is die inligting in biografiese sketse, soos dat hy as kind op George, in die Paarl en op Riversdal gewoon het, slegs gedeeltelik waar of gewoon verkeerd. Dit is egter so dat die skrywer nomadiese kleuterjare gehad het, toe te skryf aan vader Rabie wat vir sy beroep en verdere opleiding telkens moes verhuis. Ná hul huwelik op 25 Junie 1918 vestig die egpaar hulle op Rondevlei tussen die Wildernis en Sedgefield. Daar word hul eerste kind, Martha Johanna, op 9 April 1919 gebore. Omdat dit 'n moeilike bevalling was, is sy aangeraai dat sy vir die geboorte van hul tweede kind na die hospitaal op die nabygeleë George moes gaan. So het dit gekom dat Jan Sebastian Rabie op 14 November 1920 op George gebore is, die enigste regstreekse verbintenis wat hy ooit gehad het met dié dorp wat oorspronklik gestig is as administratiewe sentrum vir die oostelike rand van die Kaapkolonie en om die houtbedryf te bedien. Met sy voorname, wat hy in sy vroeë skrywersjare graag voluit geskryf of met die voorletters aangedui het, is hy die sesde geslag van die Leipzig-Rabies in Suid-Afrika en die vierde geslag wat dié voorname dra. Vader Rabie het egter besluit om die Bastian na die korrekter Sebastian te verander. Rondevlei, waar Jan die eerste paar maande van sy lewe deurgebring het, vorm saam met Langvlei, Swartvlei, Ruigtevlei en Groenvlei deel van die meergebied tussen George en Knysna. Dit het ontstaan uit 'n kom wat deur die wind geskep en later met water gevul is. Soos die ander kusmere in dié geweste is die water van Rondevlei gewoonlik sout - vanweë die verdamping selfs souter as die seewater. In die vlak water tussen die vleie is daar uitgestrekte beddings biesiesgras en riete en vind otters, grysbokke en 'n groot verskeidenheid voëls 'n tuiste.Ga naar eind31. Elk van hierdie vleie het die reputasie dat dit daar spook: karre en perde wat oor die water galop of watergeeste wat gehoor word wanneer hulle in die maanlig op die oppervlak dryf en sing. In die spelonke van die nabygeleë berge is Boesmantekeninge van vroue met vissterte.Ga naar eind32. Die omgewing met sy skitterwit strande, | |
[pagina 26]
| |
die Outeniekwaberge en die woude wat tot by Knysna en verder strek, is van die skilderagtigste dele van die Tuinroete. Van hierdie natuurskoon en van moontlike spoke was die klein Jan as baba salig onbewus, maar dit is nogal belangrik om te weet dat hy in die eerste maande van sy lewe langs water gewoon het wat deur die nabyheid van die see sout was. 'n Paar jaar later sou die gesin verhuis na 'n wêreld waardeur 'n rivier met gedeeltelike soutwater kronkel. Later in sy lewe, wanneer hy as rondswerwende onderwyser by verskillende skole sou aflos, sou hy weer 'n paar maande lank naby Rondevlei woon. | |
IIIBaie lank was vader Rabie nie aan die skool op Rondevlei verbonde nie, want hy was reeds voor Jan se geboorte van plan om hom deur verdere studie beter as onderwyser te bekwaam. Die aangewese plek daarvoor was Stellenbosch. Aan die begin van die akademiese jaar 1921, toe Jan maar twee of drie maande oud was, verhuis die gesin dan na Stellenbosch. Daar is hy in sy eerste jaar byna aan kinkhoes oorlede, maar met die nodige mediese sorg is hy deurgehaal. Op Stellenbosch word op 20 Junie 1922 'n tweede seun vir die Rabie-egpaar gebore: Louwrens Petrus, wat na sy grootvader aan moederskant heet. Ná voltooiing van sy studie was vader Rabie weer beskikbaar vir die onderwysberoep. Toevallig was juis in dié stadium die pos as hoof by die Klein-Drakenstein-skool in Dal Josafat tussen die Paarl en Wellington vakant. Dié skool was, saam met die Onderdalskool en die Gedenkschool der Hugenoten elders in die Dal, en die twee Wellingtonse skole, dié van mnr. M.J. Stucki in Blouvlei en mnr. C.P. Hoogenhout se Groenbergskool, een van die klein skooltjies wat met die jare groot roem verwerf het. By die Klein-Drakenstein-skool was die medium van onderrig Engels, teenoor die Afrikaans van die Gedenkschool en die Nederlands van die Onderdalskool. Langsaan die skoolgebou was daar 'n dubbelverdiepingkoshuis waarin die skoolhoof op die onderste verdieping ook gewoon het. In die negentiende en vroeë twintigste eeu was die hoof ook sommer die distrik se posmeester en het die skool 'n belangrike samebindende funksie in die gemeenskap vervul. Van al die hoofde was meester Adolf Schumann, wat van 1898 tot 1923 aan die skool verbonde was en uit die tradisie van | |
[pagina 27]
| |
die Duitse sending spruit, die begaafdste. Hy was pligsgetrou, vervul met 'n werkywer, kon sy leerlinge besiel en uitstekende resultate behaal. In een jaar het van die elf skoliere wat vir die Elementary-eksamen ingeskryf was, vyf die merietelys vir die provinsie gehaal. Hy was die vader van drie seuns wat elk op sy besondere gebied roem sou verwerf: C.G.W. as ekonoom en vader van Federale Volksbeleggings, T.E.W. as weerkundige en P.W.S. as dramaturg, onder meer as skrywer van Hantie kom huis toe.Ga naar eind33. In 1923 sterf meester Schumann egter onverwags en moes die skool inderhaas 'n opvolger benoem. Vader Rabie word aangestel, verhuis met sy gesin na Dal Josafat en word inwonende hoof van die koshuis van die Klein-Drakenstein-skool. Nou was daar genoeg geld vir die hoof om 'n eerste motor aan te skaf: 'n regop Ford Lizzie met die registrasienommer CJ 77.Ga naar eind34. In Dal Josafat word vir die egpaar nog 'n dogter, Elizabeth Margaretha (Bettie), op 2 Januarie 1924 gebore. Sy sterf egter op tienjarige ouderdom in die Stellenbosse hospitaal op 25 Januarie 1934 aan diabetes verwante oorsake. Met die verhuising na Dal Josafat vestig die Rabie-gesin hulle in 'n vallei van indrukwekkende natuurskoon en van groot historiese belang. Dit is ou Hugenote-grond waar die voorvaders van die Du Toits, die Malherbes en die Du Plessis's ter ruste gelê is en een van die mees inhoudryke stukkies aarde in die hele geskiedenis van die Afrikaner. In Dal Josafat lê die spore van ou taalmanne soos Arnoldus Pannevis, S.J. du Toit, C.P. Hoogenhout en D.F. du Toit (Oom Lokomotief), die aktiewe kern van die Genootskap van Regte Afrikaners wat op 14 Augustus 1875 die eerste georganiseerde poging van stapel stuur om Afrikaans tot skryftaal te verhef. Die oorsprong van die Afrikanerbond, wat in 1879 deur ds. S.J. du Toit gestig en later deur Onze Jan Hendrik Hofmeyr tot die belangrikste negentiende-eeuse politieke party onder die Afrikaners ontwikkel is, kan teruggevoer word tot die Dal, terwyl die Gedenkschool der Hugenoten met Afrikaans as medium langs die opstal van Kleinbosch - geboorteplaas van S.J. du Toit - opgerig is, 'n merkwaardige inrigting wat dit tot sy krediet het dat drie van die vroegste Afrikaanse skrywers - Totius, D.F. Malherbe en A.G. Visser - daar skoolgegaan het. Dit is verder die geboortewêreld van Abraham Izak Perold, grondlegger van die wetenskaplike wynbou in Suid-Afrika. Op die plaas Naauwbepaald (vandag Valencia), buurplaas van Kleinbosch, het die eerste Afrikaanse uit- | |
[pagina 28]
| |
gewer, D.F. du Toit en Kie., tussen 1875 en die begin van die twintigste eeu ongeveer negentig boeke geproduseer.Ga naar eind35. Hoewel Jan Rabie as kleuter van hierdie belangrike geskiedenis onbewus was, het die wêreld op dié skool se werf vir hom begin en kan sy eerste herinneringe na hierdie stukkie aarde teruggevoer word. As 'n mens die inset van sy tweede roman, Geen somer (1944), as 'n stuk werklike gegewe kan aanvaar, en die sterk outobiografiese inslag van die roman maak dit baie aanneemlik, kan sy eerste waarneming en emosie, wat in sy geheue bly hang het, na die werf van die Drakenstein-skool teruggevoer word: Die eerste wat hy kon onthou, was die oë van die geel kat. Wat 'n mens in hierdie passasie opval, is hoe sterk die jong kind, in die herinnering van die volwasse skrywer, die geel kat met sy beweginglose groen oë as 'n bedreiging aanvoel, in so 'n mate dat hy aan die huil raak, en in watter mate die aanwesigheid van die rustige en liefdevolle moeder vir hom 'n gerusstelling was. Daarom dat hy in sy vroegste herinnering die moeder assosieer met die verspotte kinderrympie wat sy in die aande met wastyd vir hom sing. En reeds op dié vroeë ouderdom onthou hy sy rusteloosheid wat hom tot voortdurende bewegings aangespoor het. Dit is 'n eienskap wat Jan sy lewe lank sou behou, want ook as volwassene kon hy nooit lank stilsit nie. | |
[pagina 29]
| |
Wanneer die Klein-Drakenstein-skool in 1984 sy eenhonderd en dertigste jaar van bestaan vier, woon Jan Rabie en sy vrou, Marjorie Wallace, die geleentheid by. In 'n kort aantekeningGa naar eind37. wat hy ná die besoek skryf, sê hy dat hy getref is deur die hartlikheid van die mense. Hy het, gaan hy voort, lank laas sy moedertaal ‘so jonk en hartvervullend’ gehoor en hy kon hom verluister aan die ‘aardse, warm-spontane taal’ van die ‘geselsendes en sprekers’. Dit is daarom ook vir hom geen wonder dat Afrikaans juis in dié geweste die eerste keer in sy volle krag tot taal ontplooi is nie. Toe sy vader in 1924 en 1925 by dié skool prinsipaal was, sê hy verder, het ek as tjokkertjie wat toe van hondjiekruip tot eerste woelwatery gevorder het, my eerste helder beelde en herinneringe hier opgedoen. Veral hierdie laaste herinnering getuig van hoe fyn en sensitief, maar ook met watter sensuele genot, Jan as kleuter kon waarneem. So 'n sensitiwiteit, kon 'n mens voorspel, sou later in die een of ander vorm van die kuns uiting soek. | |
IVWaarskynlik was vader Rabie se aanstelling net tydelik of het hy as gevolg van die kwynende getalle verkies om sy skoolonderrig liewers deur medium Afrikaans by 'n enigsins groter skool aan te bied, want by die Klein- | |
[pagina 30]
| |
Drakenstein-skool, waar hy sy klasse in Engels moes doseer, bly hy net twee jaar. Hy aanvaar 'n betrekking as hoof by die driemanskool op Riethuiskraal naby Stilbaai, geleë aan die oewer van die Kafferkuilsrivier. Dáár sou vader Rabie as hoof bly werk tot hy in Desember 1947 met pensioen uit die onderwys tree. En daar, met die rivier minder as vyftig tree van hulle huis, sou Jan saam met sy broers en susters sy seunsjare deurbring. Soos in sy eerste babamaande by Rondevlei was Jan dus nou terug by water, hierdie keer 'n getyrivier wat deur die see sout gemaak word. Om Riethuiskraal vandag te bereik, draai 'n mens ongeveer elf kilometer ná Riversdal na regs op die Stilbaai-pad. Kort ná die motorhawe en die Kardoesie-padstal op Droëvlakte gaan die pad die hoogte by Skerpkoppies uit. Wanneer dit begin daal, wys 'n bord die uitdraai na Riethuiskraal regs aan. Die grondpad vurk later na regs, gaan verby Bushbuck Ridge, wat vroeër aan die skrywer Wilbur Smith behoort het, en daal dan af in 'n kloof, voordat dit weer begin styg en die woonhuis en gewese skool van Riethuiskraal links sigbaar word. Die Rabie-gesin vertrek in Januarie 1926 met die regop Ford Lizzie uit Dal Josafat op die lang tog na Riethuiskraal. Op elke hoogte kook die motor. ‘Maar’, skryf Jan in 'n pragtige herinneringstuk oor sy ‘hartsplek’, Dit was 'n wonderlike ontdekkingstog. Die wonderlikste nog toe ons oor die kalkrante afsak na die diep vallei...Dit was 'n uitsig oor 'n beloofde land. Begrens deur twee rye van jou waarlik blouige bergies, tweehonderd, driehonderd meter hoog, elke hier en daar oopgekerf in diep syklowe. Groen vakkies landerye en groen pluisies lemoenen okkerneutbome. Op gereelde afstande pophuisies. Met onder in die middel die rivier wat donker kronkelend tussen sy some riet blink en wink. En toe gaan die pad ook nog deur 'n steil klofie met fonteinwater wat kristalwit rondom die Fordjie se wiele opspat.Ga naar eind38. Jan was nou op 'n plek van waar hy die natuur in sy volheid en die wêreld daarbuite deur middel van boeke kon ontdek, 'n plek wat hy later in sy drome steeds kon besit. |
|