Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige
(2002)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 610]
| |
Hoofstuk XIX
| |
[pagina 611]
| |
sy familie, wat Bokkie mooi oorgetik en laat inbind het, deurblaai.Ga naar eind3. ‘Hy was reeds baie verswak’, skryf Hennie in Wys my waar is Timboektoe, ‘maar toe Charles Fryer vra of hy 'n boodskap vir ons het, het hy hom opgebeur uit sy bed en nadruklik gesê: “Daar sal nooit vrede in ons land wees voordat almal nie gelyke kanse het nie.”’Ga naar eind4. Aan die skrywer Etienne van Heerden, wat ook in dié tyd by hom op besoek was en hom gevra het hoe sy gesondheid is, was die antwoord: ‘Lê maar so. Vir wat wil ek rondloop?’Ga naar eind5. Het hy, rustelose swerwer, dan nie genoeg in sy lewe rondgegaan nie? Toe die joernalis Johan Vosloo en sy kameraman, wat van die laaste foto's van Uys geneem het, van hom afskeid neem, vat hy hulle hande vas en stap saam tot by die deur. By die motor hoor hulle 'n klop aan die kamervenster. Daar staan Uys in sy pajamas. Hy trek die raam af. Op hulle vraag ‘Ja, Uys?’ antwoord hy: ‘Ek waai vir julle.’Ga naar eind6. Drie weke voor sy dood het die huisdokter Uys ingelig dat hy gaan sterf. Op 24 Julie 1987 het Gerry de Melker die eerste eksemplare van Môrester oor die Abruzzi gebring, wat Uys reeds baie jare tevore vertaal het en waarvan die hersiening in groot mate in Jan Rabie se hande was. Dit was, met Eulalia, Louie Lemmer, Claude en Erik Laubscher en Jan en Marjorie 'n hele feestelikheid om die bed. Marjorie het die pragtige veelkleurige omslag, met Uys klouterend oor die Abruzzi-berge, ontwerp. Voorin Gerry se eksemplaar skryf Uys: ‘Vir Gerry de Melker met al my dank.’ By die foto van hom in sy militêre uniform wat uit 1944 dateer en wat Gerry voorin die boek laat afdruk het, voeg Uys, sy geestigheid nog steeds nie gedemp nie, by: ‘(maar kyk hoe lyk hy nou - amper soos 'n lyk’). En hy vra: Moet die titel nie Môrester bo die Abruzzi gewees het nie?Ga naar eind7. Op Vrydag, 7 Augustus 1987, het daar 'n duidelike verandering oor Uys gekom. Hy het heeltemal kalm en stil geword en dit het feitlik gelyk asof daar 'n lig oor hom was.Ga naar eind8. Omdat Margaret, Louie en Suzanne gesien het die einde is nie ver nie, het hulle die familie wat naby was, in kennis gestel. Sondag, 9 Augustus, was Arnold, Suzanne en haar man, Revel, en François en Sylvia almal daar. Vroeg Maandagoggend, ongeveer vieruur, het Margaret die waak oorgeneem en vir hom 'n kasset met panfluitmusiek gespeel. Hennie Aucamp skryf: ‘Hy het saamgesing, en tyd gehou met sy hand. En toe die musiek ophou, staan sy op, en draai die kasset om, en weer luister Uys, en sing saam; en toe word hy stil, en draai hom op sy sy, en blaas sy asem uit.’Ga naar eind9. Dit was twintig oor sewe, Maandag, 10 Augustus. | |
[pagina 612]
| |
By sy dood het talle bevriende skrywers hulde gebring aan Uys. André P. Brink wys daarop dat Uys 'n digter was wat poësie gelewe het en die lewens van mense rondom hom daarmee aangeraak het. Daarby het hy vensters vir Afrikaans oopgemaak om die wind en lug van die Franse, die Spaanse en die Italiaanse literatuur te laat instroom.Ga naar eind10. Hennie Aucamp wys daarop dat Uys die Suid-Afrikaanse letterkunde nie in kompartemente verdeel het nie, maar as 'n eenheid gesien het en dat hy daardeur as vrye en eerbare mens alle kultuur- en taalgroepe wou versoen. Tydens sy laaste besoek aan Uys was dit Hennie se indruk dat die goue seun van die Afrikaanse letterkunde sterwe as iets natuurliks aanvaar het: Golden lads and girls all must,
As chimney-sweepers, come to dust.Ga naar eind11.
Adam Small sê in sy huldeblyk: ‘Uys, as poet, had tried so hard, so magnificently (and joyously) hard, to have people related to each other by way of ... Afrikaans.’Ga naar eind12. Guy Butler loof sy ‘wonderful capacity for enthusiasm and enjoyment which was not eroded by irony’.Ga naar eind13. In sy huideblykGa naar eind14. wys J.C. Kannemeyer naas die bydrae tot die literatuur op die talle sterk standpunte wat Uys deur die jare in ons openbare lewe ingeneem het. Hy haal die slotreëls van Uys se manjifieke vertaling van Lorca se groot ‘Klaaglied vir Ignacio Sanchéz Mejías’ aan: Ons sal lank moet wag vir die geboorte, as hy ooit gebore word,
van 'n Andalusiër so helder, so ryk aan avonture.
Ek besing jou swier en jou kordaatheid met woorde wat kreun
en ek herinner my 'n droewe wind deur die olywe.
In 'n hoofartikel op 11 Augustus 1987 sê Die Burger die ‘miskenning van Uys Krige se literêre waarde in die vroeër jare lê die Afrikaner swaar ten laste’. En in 'n hoofartikel op dieselfde dag sê Die Vaderland: ‘Dit kan as 'n genade vir hom gereken word dat die onreg hom aangedoen, die letterkundige diskriminasie vanweë politieke redes, in sy eie leeftyd reggestel is. By sy dood word daaraan teruggedink as 'n ongelukkige episode. Ons hoop dit het bygedra dat Afrikaners in die breë besef hoe bekrompe, kwetsend en onregverdig dit kan wees om politiek die oppermaatstaf te maak.’ | |
[pagina 613]
| |
Op Donderdagmiddag, 13 Augustus, is Uys in Onrust se klein kerkhoffie ter ruste gelê. Daar was geen roudiens nie en die kis is van die ondernemers direk na die graf gebring. Die draers was Arnold, François, Revel Fox, Willem Theunissen (Eulalia se seun), Nicolas Baumann (Mizzi se seun) en Jan Rabie. Dit was, soos Jan dit later sou beskrywe, ‘'n eenvoudige, hartroerende teraardebestelling, bygewoon deur 'n skare van om en by 250 mense’.Ga naar eind15. Jan, Gregoire se seun, Revel Fox en Koos Human het by die graf gepraat en 'n paar gedigte is voorgelees, onder andere deur Eulalia. Jan het gesê: ‘Die troebadoer en swerwer het huis toe gekom, na hierdie plekkie aan die voet van Afrika, voor die ontsaglike Suidersee; 'n plekkie met die naam Onrus. Uys het kom rus in Onrus.’Ga naar eind16. Pieter Oettle, 'n vriend van Eulalia se dogter, het die ‘soete weemoed’Ga naar eind17. van die Andante-gedeelte van Mozart se Klavierkonsert nommer 21 op 'n fluit gespeel, gevolg deur die wysie van Psalm 23, waarby Eulalia met die diskant ingeval het. Later het Jan die graf van die digter van ‘Ken jy die see ...’ met wit skulpe bedek en drie sonneblomme - Uys se geliefkoosde blom - daarop geplant.Ga naar eind18. Op die grafsteen verskyn sy kort gedig ‘Sonneblom’ uit Vooraand: |
|